1 And the Spirit lifted me up, and brought me unto the east gate of Jehovah's house, which looketh eastward; and behold, at the door of the gate were five and twenty men; and I saw in the midst of them Jaazaniah the son of Azzur, and Pelatiah the son of Benaiah, princes of the people.2 And he said unto me, Son of man, these are the men that devise iniquity, and give wicked counsel in this city:3 who say, It is not the time to build houses: this is the cauldron, and we are the flesh.4 Therefore prophesy against them, prophesy, son of man.5 And the Spirit of Jehovah fell on me, and said unto me, Speak, Thus saith Jehovah: Thus have ye said, O house of Israel; and the things that come into your mind, I know them.6 Ye have multiplied your slain in this city, and ye have filled the streets thereof with the slain.7 Therefore thus saith the Lord Jehovah: Your slain whom ye have laid in the midst of it, they are the flesh, and it is the cauldron; but you will I bring forth out of the midst of it.8 Ye have feared the sword, and I will bring a sword upon you, saith the Lord Jehovah.9 And I will bring you out of the midst of it, and give you into the hands of strangers, and will execute judgments among you.10 Ye shall fall by the sword; I will judge you in the borders of Israel; and ye shall know that I {am} Jehovah.11 This shall not be your cauldron, neither shall ye be the flesh in the midst of it: I will judge you in the borders of Israel;12 and ye shall know that I {am} Jehovah, in whose statutes ye have not walked, neither have done mine ordinances, but have done after the ordinances of the nations that are round about you.13 And it came to pass, when I prophesied, that Pelatiah the son of Benaiah died. And I fell down on my face, and cried with a loud voice, and said, Ah, Lord Jehovah! wilt thou make a full end of the remnant of Israel?14 And the word of Jehovah came unto me, saying,15 Son of man, {it is} thy brethren, thy brethren, the men of thy kindred, and all the house of Israel, the whole of it, unto whom the inhabitants of Jerusalem say, Get you far from Jehovah: unto us is this land given for a possession.16 Therefore say, Thus saith the Lord Jehovah: Although I have removed them far off among the nations, and although I have scattered them among the countries, yet will I be to them as a little sanctuary in the countries whither they are come.17 Therefore say, Thus saith the Lord Jehovah: I will even gather you from the peoples, and assemble you out of the countries where ye are scattered, and I will give you the land of Israel.18 And they shall come thither, and they shall take away from thence all its detestable things and all its abominations.19 And I will give them one heart, and I will put a new spirit within you; and I will take away the stony heart out of their flesh, and will give them a heart of flesh;20 that they may walk in my statutes, and keep mine ordinances, and do them; and they shall be my people, and I will be their God.21 But as for them whose heart walketh well-pleased with their detestable things and their abominations, I will recompense their way upon their heads, saith the Lord Jehovah.22 And the cherubim lifted up their wings, and the wheels were beside them; and the glory of the God of Israel was over them above.23 And the glory of Jehovah went up from the midst of the city, and stood upon the mountain which is on the east side of the city.24 And the Spirit lifted me up, and brought me in the vision by the Spirit of God into Chaldea, to them of the captivity; and the vision that I had seen went up from me.25 And I spoke unto them of the captivity all the things that Jehovah had shewn me.
1 En die Gees het my opgehef en my gebring na die Oostelike Poort van die huis van die HERE wat na die ooste kyk; en kyk, by die ingang van die poort was daar vyf en twintig man, en onder hulle het ek gesien Ja„sanja, die seun van Assur, en Pelatja, die seun van Ben ja, vorste van die volk.2 Toe sê Hy vir my: Mensekind, dit is die manne wat ongeregtigheid bedink en slegte raad gee in hierdie stad,3 wat sê: Nie so gou kom die tyd om huise te bou nie: hierdie stad is die pot, en ons die vleis.4 Daarom, profeteer teen hulle, profeteer, mensekind!5 Toe val die Gees van die HERE op my, en Hy sê vir my: Spreek, so sê die HERE: So het julle gespreek, o huis van Israel; en wat in julle gees opkom, weet Âk.6 Julle het die wat deur julle verslaan is, in hierdie stad vermenigvuldig, en julle het sy strate vol gemaak met die wat verslaan is.7 Daarom, so sê die Here HERE: Die wat deur julle verslaan is, wat julle daarin neergelê het, hulle is die vleis, en hierdie stad is die pot, maar julle sal Ek daar uitbring.8 Julle is bevrees vir die swaard, maar die swaard sal Ek oor julle bring, spreek die Here HERE.9 En Ek sal julle daar uitbring en julle oorgee in die hand van vreemdes en strafgerigte onder julle oefen.10 Julle sal deur die swaard val; by die grens van Israel sal Ek julle oordeel. En julle sal weet dat Ek die HERE is.11 Hierdie stad sal vir julle nie die pot, en julle sal daarin nie die vleis wees nie; by die grens van Israel sal Ek julle oordeel.12 En julle sal weet dat Ek die HERE is, omdat julle nie in my insettinge gewandel en my verordeninge nie gehou het nie, maar gehandel het volgens verordeninge van die nasies wat rondom julle is.13 En terwyl ek profeteer, het Pelatja, die seun van Ben ja, gesterwe. Toe het ek op my aangesig geval en hardop uitgeroep en gesê: Ag, Here HERE, wil U 'n einde maak aan die oorblyfsel van Israel?14 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:15 Mensekind, jou broers, jou broers, die manne wat aan jou verwant is, en die hele huis van Israel, almal saam, van wie die inwoners van Jerusalem sê: Bly ver van die HERE af, aan ons is dit, die land, as besitting gegee --16 Daarom sê: So spreek die Here HERE: Omdat Ek hulle ver weggedryf het onder die nasies, en omdat Ek hulle verstrooi het in die lande en Ek vir hulle 'n kort rukkie 'n heiligdom geword het in die lande waar hulle gekom het --17 daarom sê: So spreek die Here HERE: Ek sal julle bymekaarmaak uit die volke en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, en Ek sal aan julle die land Israel gee.18 En hulle sal daarnatoe kom en al sy verfoeisels en al sy gruwels daaruit verwyder.19 En Ek sal hulle een hart gee, en 'n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle 'n hart van vlees gee,20 sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen; en hulle sal vir my 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees.21 Maar hulle wie se hart agter die hart van hulle verfoeisels en hulle gruwels aan loop -- hulle wandel laat Ek op hul hoof neerkom, spreek die Here HERE.22 Toe het die g,rubs hulle vlerke opgehef en die wiele gelyktydig met hulle saam, terwyl die heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was.23 En die heerlikheid van die HERE het opgestyg uit die stad uit weg en het gaan staan op die berg wat oos van die stad lê.24 Daarna het die Gees my opgeneem en my, in 'n gesig deur die Gees van God, gebring na Chald,a, na die ballinge; en die gesig wat ek gesien het, het van my af opgetrek.25 En ek het aan die ballinge verkondig al die woorde van die HERE wat Hy my laat sien het.