1 And he brought me to the temple; and he measured the posts, six cubits broad on the one side, and six cubits broad on the other side, the breadth of the tent.2 And the breadth of the entry was ten cubits, and the sides of the entry were five cubits on this side, and five cubits on that side; and he measured its length, forty cubits, and the breadth, twenty cubits.3 And he went inwards, and measured the post of the entry, two cubits; and the entry, six cubits; and the breadth of the entry, seven cubits.4 And he measured its length, twenty cubits; and the breadth, twenty cubits, before the temple: and he said unto me, This is the most holy {place}.5 And he measured the wall of the house, six cubits; and the breadth of the side-chambers, four cubits, round about the house on every side.6 And the side-chambers were three, chamber over chamber, and thirty in order; and they entered into the wall which the house had for the side-chambers round about, that they might have hold; but they had not hold in the wall of the house.7 And for the side-chambers there was an enlarging, and it went round about {the house} increasing upward; for the surrounding of the house increased upward round about the house; therefore the house had width upward, and so ascended {from} the lower {story} to the upper, by the middle one.8 And I saw that the house had an elevation round about: the foundations of the side-chambers, a full reed, six cubits to the joint.9 The thickness of the wall, which was for the side-chambers without, was five cubits, as also what was left free along the building of the side-chambers that pertained to the house.10 And between the cells {and the house} was a width of twenty cubits round about the house on every side.11 And the entry of the side-chambers was toward what was left free, one entry toward the north, and one entry toward the south; and the width of the space left free was five cubits round about.12 And the building that was before the separate place at the end toward the west was seventy cubits broad; and the wall of the building was five cubits thick round about; and its length ninety cubits.13 And he measured the house: the length a hundred cubits; and the separate place, and the building, and its walls, the length a hundred cubits;14 and the breadth of the front of the house, and of the separate places toward the east, a hundred cubits.15 And he measured the length of the building before the separate place, which was at the back of it, with its galleries on the one side and on the other side, a hundred cubits; and the inner temple, and the porches of the court.16 The thresholds, and the closed windows, and the galleries round about the three of them (opposite the thresholds it was wainscoted with wood round about, and from the ground up to the windows, and the windows were covered),17 {and} above, over the entry, even unto the inner house, and without, and by all the wall round about, within and without, {all was} by measure.18 And it was made with cherubim and palm-trees, and a palm-tree was between cherub and cherub; and the cherub had two faces:19 the face of a man was toward the palm-tree on the one side, and the face of a young lion toward the palm-tree on the other side: {so} was it made upon all the house round about.20 From the ground unto above the entry were the cherubim and the palm-trees made, and {on} the wall of the temple.21 As for the temple, the door-posts were squared; and the front of the sanctuary had the same appearance.22 The altar was of wood, three cubits high, and its length two cubits; and its corners, and its length, and its walls were of wood. And he said unto me, This is the table which is before Jehovah.23 And the temple and the sanctuary had two doors.24 And the doors had two leaves, two turning-leaves: two for the one door, and two leaves for the other.25 And there were made on them, on the doors of the temple, cherubim and palm-trees, as there were made upon the walls; and there was a wooden portal in front of the porch without,26 and closed windows and palm-trees on the one side and on the other side, on the sides of the porch and the side chambers of the house and the portals.
1 Verder het hy my in die hoofvertrek gebring; en hy het die deurposte gemeet: ses el die breedte aan die een en ses el die breedte aan die ander kant, die breedte van die tent.2 En die breedte van die ingang: tien el, en die symure van die ingang: vyf el aan weerskante; ook het hy die lengte daarvan gemeet: veertig el, en die breedte: twintig el.3 Daarop het hy ingegaan na die binneste, en hy het die deurpos van die ingang gemeet: twee el, en die ingang: ses el, en die breedte by die ingang: sewe el.4 Ook het hy die lengte daarvan gemeet: twintig el, en die breedte: twintig el na die kant van die hoofvertrek. En hy het vir my gesê: Dit is die Allerheiligste.5 En hy het die muur van die huis gemeet: ses el, en die breedte van die aanbousel: vier el, aan alle kante rondom die huis.6 En die sykamers het in drie verdiepinge bo mekaar gelê, in rye van dertig; en daar was in die muur van die huis rondom inspringinge vir die sykamers, om daarop te dra; maar hulle het nie gedra op die muur van die huis nie;7 en die omgewende sykamers het op elke verdieping breër geword; die ombou van die huis het steeds hoër opgerys rondom die huis; so het die huis 'n verbreding na boontoe gekry; en so is uit die onderste na die boonste opgegaan deur die middelste.8 En ek het gesien aan die huis rondom 'n verhoging as onderbou van die sykamers; dit was 'n volle roede hoog: ses el, tot aan die verbinding.9 Die breedte van die muur wat die sykamers buitentoe gehad het, was vyf el, en so ook wat oopgelaat is, die ruimte vir die sykamers wat by die huis behoort het.10 En tussen die kamers was 'n breedte van twintig el, aan alle kante rondom die huis.11 En die deuropening van die sykamers was na die plek toe wat oopgelaat is: een deur na die noorde en een deur na die suide; en die breedte van die plek wat oopgelaat is: vyf el al rondom.12 En die bouwerk wat teenoor die afgeslote ruimte na die westekant toe lê, was sewentig el breed, en die muur van die bouwerk vyf el breed al rondom, en die lengte daarvan negentig el.13 Verder het hy die huis gemeet: die lengte honderd el; ook die afgeslote ruimte en die gebou en die mure daarvan: die lengte honderd el.14 En die breedte van die voorkant van die huis en van die afgeslote ruimte na die ooste toe: honderd el.15 So het hy dan gemeet die lengte van die gebou teenoor die afgeslote ruimte, wat aan die agterkant daarvan lê, en die galerye daarvan aan weerskante: honderd el, en die binneste van die tempel en die voorportale van die voorhof;16 die drumpels en die vensters van latwerk en die galerye rondom al drie -- teenoor die drumpel was geskaafde hout al rondom -- en die grond tot by die vensters die vensters was bedek,17 die plek bokant die deur tot in die binneste huis sowel as buitekant, en op die hele muur al rondom, binnekant en buitekant -- oral was daar vaste mate.18 En aangebring is g,rubs en palmbome, en daar was 'n palmboom tussen g,rub en g,rub; en elke g,rub het twee aangesigte gehad:19 die aangesig van 'n mens na die palmboom toe aan die een, en die aangesig van 'n jong leeu na die palmboom toe aan die ander kant; in die hele huis al rondom is dit aangebring;20 van die grond af tot bokant die deur is die g,rubs en die palmbome aangebring, en wel aan die muur van die hoofvertrek.21 Die deurposte van die hoofvertrek was vierkantig; en die voorkant van die heiligdom het dieselfde voorkoms gehad.22 Die altaar was van hout, drie el hoog, en sy lengte twee el, en dit het sy hoekstukke gehad; en sy voetstuk en sy sykante was van hout. En hy het vir my gesê: Dit is die tafel wat voor die aangesig van die HERE is.23 En die hoofvertrek en die heiligdom het elkeen twee deure gehad.24 En die deure het twee vleuels gehad, twee vleuels wat kon draai; twee vir die een deur en twee vleuels vir die ander een.25 En daarop, op die deure van die hoofvertrek, is g,rubs en palmbome aangebring soos daar op die mure aangebring is; en daar was 'n afdak van hout vooraan die voorportaal buitekant.26 En daar was vensters van latwerk en palmbome aan weerskante aan die symure van die voorportaal; en aan die sykamers van die huis en die afdakke.