1 And it came to pass in the twelfth year, in the twelfth month, on the first of the month, that the word of Jehovah came unto me, saying,2 Son of man, take up a lamentation for Pharaoh king of Egypt, and say unto him, Thou wast like a young lion among the nations, and thou wast as a monster in the seas; and thou didst break forth in thy rivers, and troubledst the waters with thy feet, and fouledst their rivers.3 Thus saith the Lord Jehovah: I will also spread out my net over thee with an assemblage of many peoples; and they shall bring thee up in my net.4 And I will leave thee upon the land, I will cast thee forth upon the open field, and will cause all the fowl of the heavens to settle upon thee, and I will fill the beasts of the whole earth with thee.5 And I will lay thy flesh upon the mountains, and fill the valleys with the heap of thy {members};6 and I will water with thy blood the land wherein thou swimmest, even to the mountains; and the water-courses shall be full of thee.7 And when I shall put thee out, I will cover the heavens, and make the stars thereof black; I will cover the sun with a cloud, and the moon shall not give her light.8 All the bright lights of the heavens will I make black over thee, and bring darkness upon thy land, saith the Lord Jehovah.9 And I will vex the heart of many peoples, when I bring {the news of} thy destruction among the nations, into the countries that thou hast not known.10 And I will make many peoples amazed at thee, and their kings shall be horribly afraid at thee, when I brandish my sword before them; and they shall tremble at every moment, each one for his life, in the day of thy fall.11 For thus saith the Lord Jehovah: The sword of the king of Babylon shall come upon thee.12 By the swords of the mighty will I cause thy multitude to fall: the terrible of the nations are they all: and they shall spoil the pride of Egypt, and all the multitude thereof shall be destroyed.13 And I will destroy all the beasts thereof, from beside the great waters; and the foot of man shall not trouble them any more, nor shall the cloven hoofs of beasts trouble them.14 Then will I make their waters clear, and cause their rivers to run like oil, saith the Lord Jehovah.15 When I shall make the land of Egypt a desolation, and the country shall be left desolate of all that was in it, when I have smitten all them that dwell therein, then shall they know that I {am} Jehovah.16 It is a lamentation, and {thus} they shall lament her: the daughters of the nations shall say it in lamenting; they shall say it in lamenting over Egypt and over all her multitude, saith the Lord Jehovah.17 And it came to pass in the twelfth year, on the fifteenth of the month, the word of Jehovah came unto me, saying,18 Son of man, wail for the multitude of Egypt, and cast them down, her and the daughters of the famous nations, unto the lower parts of the earth, with them that go down into the pit.19 Whom dost thou surpass in beauty? Go down, and be thou laid with the uncircumcised.20 They shall fall in the midst of them that are slain by the sword. The sword hath been given: draw her out, and all her multitudes.21 The strong among the mighty, with them that helped him, shall speak to him out of the midst of Sheol: they are gone down, they lie still, the uncircumcised, slain by the sword.22 There is Asshur and all his assemblage, his graves round about him: all of them slain, fallen by the sword;23 their graves are set in the sides of the pit, and his assemblage is round about his grave; all of them slain, fallen by the sword, -who caused terror in the land of the living.24 There is Elam and all her multitude round about her grave, all of them slain, fallen by the sword, who are gone down uncircumcised unto the lower parts of the earth, who caused their terror in the land of the living; yet have they borne their confusion with them that go down to the pit.25 They have set him a bed in the midst of the slain, with all his multitude: their graves are round about him, all of them uncircumcised, slain by the sword, though their terror was caused in the land of the living; and they have borne their confusion with them that go down to the pit: he is put in the midst of them that are slain.26 There is Meshech, Tubal, and all their multitude, their graves round about them, all of them uncircumcised, slain by the sword, though they caused their terror in the land of the living.27 And they lie not with the mighty, {that are} fallen of the uncircumcised, who are gone down to Sheol with their weapons of war; and whose swords are laid under their heads, and whose iniquities are upon their bones, though they were the terror of the mighty in the land of the living.28 Thou also shalt be broken in the midst of the uncircumcised, and shalt lie with them that are slain with the sword.29 There is Edom, her kings, and all her princes, who in their might are laid with them that are slain by the sword: they lie with the uncircumcised, and with them that go down to the pit.30 There are the princes of the north, all of them, and all the Zidonians, that are gone down with the slain-ashamed of the terror which they caused through their might; and they lie uncircumcised with them that are slain by the sword, and bear their confusion with them that go down to the pit.31 Pharaoh shall see them, and shall be comforted over all his multitude, Pharaoh and all his army slain by the sword, saith the Lord Jehovah.32 For I have caused my terror in the land of the living; and he shall be laid in the midst of the uncircumcised, with them that are slain by the sword, Pharaoh and all his multitude, saith the Lord Jehovah.
1 En in die twaalfde jaar, in die twaalfde maand, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:2 Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor Farao, die koning van Egipte, en sê vir hom: Jong leeu onder die volke, verlore is jy! En jy was soos 'n draak in die groot water, en jy het uitgebreek in jou strome en die waters geroer met jou pote en die strome daarvan troebel gemaak.3 So sê die Here HERE: So sal Ek dan my net oor jou uitsprei deur 'n vergadering van baie volke, en hulle sal jou optrek in my vangnet.4 Dan sal Ek jou neerwerp op die land, jou wegslinger op die oop veld; en Ek sal al die voëls van die hemel op jou laat sit en die wilde diere van die hele aarde aan jou versadig.5 En Ek sal jou vlees weggee op die berge en die dale vol maak met jou hoogheid.6 En Ek sal jou stroomland natmaak met jou bloed tot by die berge; en die klowe sal vol word van jou.7 En as Ek jou uitblus, sal Ek die hemel oordek en sy sterre verdonker; Ek sal die son met wolke oordek, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie.8 Al die skynende ligte aan die hemel, die sal Ek om jou ontwil duister maak, en Ek sal duisternis gee oor jou land, spreek die Here HERE.9 En Ek sal die hart van baie volke bekommerd maak as Ek jou verbreking onder die nasies uitbring, na lande wat jy nie geken het nie.10 En Ek sal maak dat baie volke oor jou verstom staan en hulle konings sal oor jou gril van skrik as Ek my swaard voor hulle swaai; en hulle sal elke oomblik sidder, elkeen vir sy lewe, op die dag van jou val.11 Want so sê die Here HERE: Die swaard van die koning van Babel sal oor jou kom.12 Ek sal jou menigte laat val deur swaarde van helde -- die geweldigste nasies, hulle almal; en hulle sal die prag van Egipte verwoes, en sy hele menigte sal verdelg word.13 En Ek sal al sy vee laat omkom by die groot waters; en geen mensevoet sal dit weer laat roer nie en geen dier se kloue dit troebel maak nie.14 Dan sal Ek hulle waters laat besink en hulle riviere laat vloei soos olie, spreek die Here HERE.15 As Ek Egipteland 'n wildernis maak en die land woes lê, van sy volheid beroof, as Ek almal wat daarin woon, verslaan het, dan sal hulle weet dat Ek die HERE is.16 'n Klaaglied is dit, en hulle moet dit sing; die dogters van die nasies moet dit sing; hulle moet dit sing oor Egipte en oor sy hele menigte, spreek die Here HERE.17 En in die twaalfde jaar, op die vyftiende van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:18 Mensekind, weeklaag oor die menigte van Egipte, en laat hulle neerdaal hy met die dogters van geweldige nasies in die onderste plekke van die aarde, by die wat in die kuil neergedaal het.19 Bo wie is jy skoon? Daal af, en laat jou neerlê by die onbesnedenes.20 Onder die wat deur die swaard verslaan is, sal hulle val; die swaard is aangegee; trek hom weg saam met sy hele menigte.21 Die magtigste helde sal hom, met sy helpers, toespreek uit die doderyk uit: Hulle het neergedaal, hulle lê daar -- die onbesnedenes, verslaan deur die swaard.22 Daar is Assur en sy hele menigte; hulle grafte is rondom hom; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard;23 wie se grafte gemaak is in die uithoeke van die kuil, en sy menigte is rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat skrik versprei het in die land van die lewendes.24 Daar is Elam en sy hele menigte rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat onbesnede neergedaal het in die onderste plekke van die aarde, wat skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes en nou hulle skande dra by die wat in die kuil neergedaal het.25 Onder die wat verslaan is, het hulle vir hom 'n bed gemaak saam met sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat skrik voor hulle versprei is in die land van die lewendes; en nou dra hulle hul skande by die wat in die kuil neergedaal het. Onder die wat verslaan is, is hy neergelê.26 Daar is Meseg-Tubal en sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat hulle skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes.27 Maar hulle lê nie by die helde wat geval het uit die onbesnedenes, wat na die doderyk neergedaal het saam met hulle oorlogswapens en wie se swaarde onder hulle hoofde gesit is nie; wie se ongeregtighede nogtans op hulle gebeente is, omdat die skrik vir die helde in die land van die lewendes was.28 Jy sal ook verbreek word onder die onbesnedenes, en jy sal lê by die wat deur die swaard verslaan is.29 Daar is Edom, sy konings en al sy vorste, wat ondanks hulle dapperheid neergelê is by die wat verslaan is deur die swaard; hulle lê by die onbesnedenes en by die wat in die kuil neergedaal het.30 Daar is die vorste van die Noorde, hulle almal, en al die Sidoniërs wat neergedaal het saam met die wat verslaan is, en beskaamd staan ondanks die skrik deur hulle verwek vanweë hulle dapperheid; en nou lê hulle onbesnede by die wat verslaan is deur die swaard, en dra hulle skande by die wat in die kuil neergedaal het.31 Farao sal hulle sien en hom troos oor sy hele menigte; deur die swaard verslaan is Farao en sy hele leër, spreek die Here HERE.32 Want Ek het skrik vir hom versprei in die land van die lewendes; daarom sal hy neergelê word onder die onbesnedenes, by die wat verslaan is deur die swaard -- Farao en sy hele menigte, spreek die Here HERE.