Publicidade

Cânticos 2

1 I am a narcissus of Sharon, A lily of the valleys.2 As the lily among thorns, So is my love among the daughters.3 As the apple-tree among the trees of the wood, So is my beloved among the sons: In his shadow have I rapture and sit down; And his fruit is sweet to my taste.4 He hath brought me to the house of wine, And his banner over me is love.5 Sustain ye me with raisin-cakes, Refresh me with apples; For I am sick of love.6 His left hand is under my head, And his right hand doth embrace me.7 I charge you, daughters of Jerusalem, By the gazelles, or by the hinds of the field, That ye stir not up, nor awake {my} love, till he please.8 The voice of my beloved! Behold, he cometh Leaping upon the mountains, Skipping upon the hills.9 My beloved is like a gazelle or a young hart. Behold, he standeth behind our wall, He looketh in through the windows, Glancing through the lattice.10 My beloved spake and said unto me, Rise up, my love, my fair one, and come away.11 For behold, the winter is past, The rain is over, it is gone:12 The flowers appear on the earth; The time of singing is come, And the voice of the turtle-dove is heard in our land;13 The fig-tree melloweth her winter figs, And the vines in bloom give forth {their} fragrance. Arise, my love, my fair one, and come away!14 My dove, in the clefts of the rock, In the covert of the precipice, Let me see thy countenance, let me hear thy voice; For sweet is thy voice, and thy countenance is comely.15 Take us the foxes, The little foxes, that spoil the vineyards; For our vineyards are in bloom.16 My beloved is mine, and I am his; He feedeth {his flock} among the lilies,17 Until the day dawn, and the shadows flee away. Turn, my beloved: be thou like a gazelle or a young hart, Upon the mountains of Bether.

1 Ek is 'n narsing van Saron, 'n lelie van die dale.2 Soos 'n lelie tussen die dorings, so is my vriendin onder die dogters.3 Soos 'n appelboom onder die bome van die bos, so is my beminde onder die seuns. Ek het verlang om in sy skaduwee te sit, en sy vrugte is soet vir my verhemelte.4 Hy het my in die wynhuis ingebring, en sy vaandel oor my was die liefde.5 Versterk my met rosynekoeke, verkwik my met appels, want ek is krank van liefde.6 Laat sy linkerarm onder my hoof wees en sy regterarm my omhels.7 Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, by die gemsbokke of by die takbokke van die veld, om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat dit die liefde behaag nie.8 Hoor, my beminde, kyk, daar kom hy! Hy spring oor die berge, hy huppel oor die heuwels.9 My beminde lyk soos 'n gemsbok of soos 'n jong takbok. Daar staan hy agter ons muur! Hy kyk deur die vensters in, hy speur deur die tralies heen.10 My beminde begin toe en sê vir my: Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!11 Want kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor, dit het verbygegaan.12 Die bloeisels word gesien in die land, die sangtyd het aangebreek, en die tortelduif laat sy stem hoor in ons land.13 Die vyeboom laat sy voorvye uitswel, en die wingerdstokke wat bloei, versprei geur. Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!14 My duif in die rotsklowe, in die skuilplek by die krans, laat my u gedaante sien, laat my u stem hoor; want u stem is soet, en u gedaante is lieflik.15 Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei.16 My beminde is myne, en ek is syne wat herder is onder die lelies.17 Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, kom aan, my beminde, maak soos die gemsbok of soos die jong takbok op die berge van skeiding.

Veja também

Publicidade
Cânticos
Ver todos os capítulos de Cânticos
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-