1 Behold, thou art fair, my love; behold, thou art fair; Thine eyes are doves behind thy veil; Thy hair is as a flock of goats, On the slopes of mount Gilead.2 Thy teeth are like a flock of shorn sheep, Which go up from the washing; Which have all borne twins, And none is barren among them.3 Thy lips are like a thread of scarlet, And thy speech is comely; As a piece of a pomegranate are thy temples Behind thy veil.4 Thy neck is like the tower of David, Built for an armoury: A thousand bucklers hang thereon, All shields of mighty men.5 Thy two breasts are like two fawns, twins of a gazelle, Which feed among the lilies.6 Until the day dawn, and the shadows flee away, I will get me to the mountain of myrrh, And to the hill of frankincense.7 Thou art all fair, my love; And there is no spot in thee.8 {Come} with me, from Lebanon, {my} spouse, With me from Lebanon, -Come, look from the top of Amanah, From the top of Senir and Hermon, From the lions' dens, From the mountains of the leopards.9 Thou hast ravished my heart, my sister, {my} spouse; Thou hast ravished my heart with one of thine eyes, With one chain of thy neck.10 How fair is thy love, my sister, {my} spouse! How much better is thy love than wine! And the fragrance of thine ointments than all spices!11 Thy lips, {my} spouse, drop {as} the honeycomb; Honey and milk are under thy tongue; And the smell of thy garments is like the smell of Lebanon.12 A garden enclosed is my sister, {my} spouse; A spring shut up, a fountain sealed.13 Thy shoots are a paradise of pomegranates, with precious fruits; Henna with spikenard plants;14 Spikenard and saffron; Calamus and cinnamon, with all trees of frankincense; Myrrh and aloes, with all the chief spices:15 A fountain in the gardens, A well of living waters, Which stream from Lebanon.16 Awake, north wind, and come, {thou} south; Blow upon my garden, {that} the spices thereof may flow forth. Let my beloved come into his garden, And eat its precious fruits.
1 Hoe mooi is u tog, my vriendin, hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe deur u sluier heen; u hare is soos 'n kudde bokke wat van die gebergte van G¡lead afgolf.2 U tande is soos 'n kudde pas geskeerde skape wat van die drinkplek opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie.3 U lippe is soos 'n skarlaken band, en u mond is lieflik. U slape is soos 'n granaatskyf deur u sluier heen.4 U hals is soos die Dawidstoring, gebou met muurkranse waar die duisend skilde in hang, almal skilde van helde.5 U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van 'n gemsbok, wat onder die lelies wei.6 Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, sal ek gaan na die mirreberg en na die wierookheuwel.7 Alles is mooi aan u, my vriendin, en daar is geen gebrek aan u nie.8 Saam met my van die L¡banon af, bruid, saam met my van die L¡banon af, o kom! Trek af van die top van Am na, van die top van Senir en van Hermon, van die lêplekke van die leeus, van die berge van die luiperds.9 U het my hart gesteel, my susterbruid, u het my hart gesteel met een straal van u oë, met een kettinkie van u halssieraad.10 Hoe skoon is u liefde, my susterbruid, hoeveel beter is u liefde as wyn en die geur van u salf as al die speserye!11 Heuningstroop drup van u lippe af, bruid, heuning en melk is onder u tong, en die geur van u klere is soos die geur van die L¡banon.12 My susterbruid is 'n geslote tuin, 'n geslote bron, 'n verseëlde fontein.13 U spruite is 'n park van granate met kostelike vrugte, henna-blomme met nardus,14 nardus en saffraan, kalmoes en kaneel, met allerhande wierookstruike, mirre en alewee, met allerhande kostelike speserye.15 U is 'n fontein van die tuine, 'n put met lewende water wat van die L¡banon afvloei.16 Word wakker, noordewind, en kom, suidewind, deurwaai my tuin, laat sy balsemgeure uitvloei! Laat my beminde in sy tuin kom en van sy kostelike vrugte eet.