1 On that day they read in the book of Moses in the audience of the people; and there was found written in it that the Ammonite and the Moabite should not come into the congregation of God for ever;2 because they had not met the children of Israel with bread and with water, and had hired Balaam against them, to curse them; but our God turned the curse into blessing.3 And it came to pass, when they heard the law, that they separated from Israel all the mixed multitude.4 And before this, Eliashib the priest, who had the oversight of the chambers of the house of our God, a kinsman of Tobijah,5 had prepared for him a great chamber, where formerly they laid the oblations, the frankincense, and the vessels, and the tithes of the corn, the new wine and the oil, which was commanded for the Levites and the singers and the doorkeepers, and the heave-offerings of the priests.6 And during all that {time} I was not at Jerusalem; for in the two-and-thirtieth year of Artaxerxes king of Babylon I came to the king; and after some time I obtained leave of the king.7 And I came to Jerusalem, and observed the evil that Eliashib had done for Tobijah, in preparing him a chamber in the courts of the house of God.8 And it grieved me much, and I cast forth all the household stuff of Tobijah out of the chamber.9 And I commanded, and they purified the chambers; and thither brought I again the vessels of the house of God, the oblation and the frankincense.10 And I perceived that the portions of the Levites had not been given, and that the Levites and the singers that did the work had fled every one to his field.11 Then I contended with the rulers, and said, Why is the house of God forsaken? And I gathered them together and set them in their place.12 And all Judah brought the tithe of the corn and the new wine and the oil into the storehouses.13 And I made storekeepers over the storehouses: Shelemiah the priest, and Zadok the scribe, and of the Levites, Pedaiah; and subordinate to them, Hanan the son of Zaccur, the son of Mattaniah; for they were esteemed faithful, and their office was to distribute to their brethren.14 Remember me, O my God, concerning this, and wipe not out my good deeds which I have done for the house of my God, and for the charges thereof!15 In those days I saw in Judah some treading winepresses on the sabbath, and bringing in sheaves, and lading them on asses; as also wine, grapes and figs, and all manner of burdens; and they brought them into Jerusalem on the sabbath day; and I protested in the day on which they sold the victuals.16 Men of Tyre also dwelt therein, who brought fish and all manner of ware, and sold it on the sabbath to the children of Judah, and in Jerusalem.17 And I contended with the nobles of Judah, and said to them, What evil thing is this which ye do, profaning the sabbath day?18 Did not your fathers thus, and did not our God bring all this evil upon us and upon this city? And ye will bring more wrath against Israel by profaning the sabbath.19 And it came to pass, that when it began to be dark in the gates of Jerusalem before the sabbath, I commanded that the gates should be shut; and I commanded that they should not be opened till after the sabbath. And I set {some} of my servants at the gates, so that no burden should be brought in on the sabbath day.20 And the dealers and sellers of all kind of ware passed the night without Jerusalem once or twice.21 And I testified against them, and said to them, Why do ye pass the night before the wall? if ye do so again, I will lay hands on you. From that time forth they came not on the sabbath.22 And I commanded the Levites that they should purify themselves, and that they should come and keep the gates, to hallow the sabbath day. Remember this also for me, my God, and spare me according to thy great loving-kindness!23 In those days also I saw Jews that had married wives of Ashdod, of Ammon, {and} of Moab.24 And their children spoke half in the language of Ashdod, and could not speak in the Jews' language, but according to the language of each people.25 And I contended with them, and cursed them, and smote certain of them and plucked off their hair, and adjured them by God {saying}, Ye shall not give your daughters to their sons, nor take their daughters for your sons or for yourselves.26 Did not Solomon king of Israel sin by these things? Yet among the many nations was there no king like him, who was beloved of his God, and God made him king over all Israel; but even him did foreign wives cause to sin.27 And should we hearken to you to do all this great evil, to act unfaithfully to our God by marrying foreign wives?28 And {one} of the sons of Joiada, the son of Eliashib the high priest, was son-in-law to Sanballat the Horonite; and I chased him from me.29 Remember them, my God, for they are polluters of the priesthood, and of the covenant of the priesthood and of the Levites!30 And I purified them from all foreigners, and appointed the charges of the priests and the Levites, every one in his service;31 and for the wood-offering, at times appointed, and for the first-fruits. Remember me, O my God, for good!
1 Op die dag is daar voor die ore van die volk voorgelees uit die boek van Moses, en daarin het geskrywe gestaan dat geen Ammoniet of Moabiet tot in ewigheid in die vergadering van God mag kom nie,2 omdat hulle die kinders van Israel nie teëgekom het met brood en water nie, en B¡leam teen hulle gehuur het om hulle te vervloek; maar onse God het die vloek in 'n seën verander.3 En toe hulle die wet hoor, het hulle al die mense van gemengde bloed uit Israel afgesonder.4 Maar tevore het Âljasib, die priester wat oor die kamers van die huis van onse God aangestel was, 'n verwant van Tob¡a,5 vir hom 'n groot kamer ingerig waar hulle vroeër die spysoffer, die wierook en die gereedskappe en die tiendes van koring, mos en olie, die wettige aandeel van die Leviete en die sangers en die poortwagters, en die offergawe aan die priesters neergesit het.6 Maar gedurende dit alles was ek nie in Jerusalem nie; want in die twee en dertigste jaar van Artas sta, die koning van Babel, het ek by die koning gekom; en n verloop van tyd het ek verlof gevra van die koning7 en na Jerusalem gekom. Toe het ek die kwaad opgemerk wat Âljasib gedoen het deur vir Tob¡a 'n kamer in die voorhowe van die huis van God in te rig.8 En ek was erg ontstemd, sodat ek al die huisraad van Tob¡a uit die kamer buitentoe gegooi het,9 met die bevel dat hulle die kamers moes reinig; en ek het die gereedskappe van die huis van God, die spysoffer en die wierook daarin teruggebring.10 Ook het ek verneem dat die aandele van die Leviete nie gegee is nie, sodat die Leviete en die sangers wat die dienswerk moes verrig, elkeen na sy grond gevlug het.11 En ek het met die leiers getwis en gesê: Waarom is die huis van God in verwaarlosing? En ek het hulle bymekaar laat kom en hulle weer op hulle pos aangestel.12 En die hele Juda het die tiendes van koring en mos en olie na die voorraadkamers gebring.13 En oor die voorraadkamers het ek Sel,mja, die priester, en Sadok, die skrywer, en Ped ja, uit die Leviete, as skatmeesters aangestel; en as hulp vir hulle: Hanan, die seun van Sakkur, die seun van Matt nja, omdat hulle vertroubaar geag is; en hulle moes aan hulle broers uitdeel.14 Dink hierom aan my, my God, en delg tog my liefdediens nie uit wat ek aan die huis van my God en aan die instellinge daarvan bewys het nie.15 In die dae het ek in Juda mense gesien wat op die sabbat die parskuipe trap en vragte koring, op esels gelaai, inbring, en ook wyn, druiwe en vye en allerhande vragte met goed, en dit op die sabbatdag in Jerusalem inbring; en ek het hulle gewaarsku op die dag toe hulle lewensmiddele verkoop het.16 Ook die Tiriërs wat daar gewoon het, het vis en allerhande koopware ingebring en op die sabbat aan die kinders van Juda selfs in Jerusalem verkoop.17 En ek het met die edeles van Juda getwis en vir hulle gesê: Watter verkeerde ding is dit wat julle doen, dat julle die sabbatdag ontheilig?18 Het julle vaders nie so gehandel, sodat onse God oor ons en oor hierdie stad al hierdie onheil gebring het nie? Ja, julle vermeerder die toorngloed oor Israel deur die sabbat te ontheilig!19 En sodra dit in die poorte van Jerusalem voor die sabbat donker was, het ek gesê dat die deure gesluit moes word; en ek het gesê dat hulle dit nie mag oopmaak tot n die sabbat nie, en van my mense het ek by die poorte aangestel: geen vrag het op die sabbatdag mag inkom nie.20 Toe het die koopmans en handelaars in allerhande koopware 'n paar keer buitekant Jerusalem vernag.21 Maar ek het hulle gewaarsku en vir hulle gesê: Waarom vernag julle voor die muur? As julle dit weer doen, sal ek die hand aan julle slaan. Van die tyd af het hulle nie meer op die sabbat gekom nie.22 Verder het ek aan die Leviete gesê dat hulle hul moes reinig en kom as poortwagters om die sabbatdag te heilig. Dink ook hierom aan my, my God, en ontferm U oor my na die grootheid van u goedertierenheid.23 In die dae het ek ook Jode gesien wat Asdodiese, Ammonitiese, Moabitiese vroue getrou het.24 En van hulle kinders het die helfte Asdodies gepraat, of die taal van watter volk ook al; maar hulle kon geen Joods praat nie.25 Daarom het ek met hulle getwis en hulle gevloek, en sommige van hulle geslaan en die hare uitgepluk en hulle by God besweer: Julle mag julle dogters nie aan hulle seuns gee, en julle mag nie van hulle dogters vir julle seuns of vir julleself neem nie!26 Het Salomo, die koning van Israel, nie deur hulle gesondig nie? Alhoewel daar onder baie nasies nie 'n koning gewees het soos hy nie en hy 'n liefling van sy God was, sodat God hom as koning aangestel het oor die hele Israel, het die vreemde vroue hom tog sonde laat doen.27 Moet ons nou van julle hoor dat julle al hierdie groot kwaad doen, om ontrou te handel teen God deur vreemde vroue te trou?28 En een van die seuns van Jojada, die seun van die hoëpriester Âljasib, was 'n skoonseun van Sanb llat, die Horoniet; daarom het ek hom van my af weggeja.29 Dink aan hulle, my God, oor die bevlekking van die priesterskap en van die verbond met die priesterskap en met die Leviete.30 So het ek hulle dan gereinig van al wat vreemd was, en die diensordeninge vir die priesters en die Leviete vasgestel, vir elkeen in sy werk,31 ook vir die lewering van hout op vasgestelde tye en vir die eerstelinge. Dink aan my, my God, ten goede!