Publicidade

Números 32

1 And the children of Reuben and the children of Gad had much cattle, a very great multitude; and they saw the land of Jaazer, and the land of Gilead, and behold, the place was a place for cattle.2 And the children of Gad and the children of Reuben came and spoke to Moses, and to Eleazar the priest, and to the princes of the assembly, saying,3 Ataroth, and Dibon, and Jaazer, and Nimrah, and Heshbon, and Elaleh, and Sebam, and Nebo, and Beon,4 the country that Jehovah smote before the assembly of Israel, is a land for cattle, and thy servants have cattle;5 and they said, If we have found favour in thine eyes, let this land be given to thy servants for a possession: bring us not over the Jordan.6 And Moses said to the children of Gad, and to the children of Reuben, Shall your brethren go to war, and shall *ye* abide here?7 And why do ye discourage the children of Israel from going over into the land that Jehovah has given them?8 Thus did your fathers, when I sent them from Kadesh-barnea to see the land:9 they went up to the valley of Eshcol, and saw the land, and discouraged the children of Israel, that they should not go into the land that Jehovah had given them.10 And Jehovah's anger was kindled the same time, and he swore, saying,11 If the men that came up out of Egypt, from twenty years old and upward, shall see the land that I swore to Abraham, to Isaac, and to Jacob! for they have not wholly followed me;12 save Caleb the son of Jephunneh the Kenizzite, and Joshua the son of Nun; for they have wholly followed Jehovah.13 And Jehovah's anger was kindled against Israel, and he made them wander in the wilderness forty years, until the whole generation was consumed that had done evil in the eyes of Jehovah.14 And behold, ye are risen up in your fathers' stead, a progeny of sinful men, to augment yet the fierce anger of Jehovah toward Israel.15 If ye turn away from after him, he will yet again leave them in the wilderness; and ye shall destroy all this people.16 And they drew near to him, and said, We will build sheepfolds here for our cattle, and cities for our little ones;17 but we ourselves will go with diligence armed before the children of Israel, until we have brought them to their place; and our little ones shall dwell in the strong cities because of the inhabitants of the land.18 We will not return to our houses, until the children of Israel have inherited each one his inheritance.19 For we will not inherit with them on yonder side the Jordan, and further, because our inheritance is fallen to us on this side the Jordan eastward.20 And Moses said to them, If ye do this thing, if ye arm yourselves before Jehovah for war,21 and all of you that are armed go over the Jordan before Jehovah, until he have dispossessed his enemies from before him,22 and the land is subdued before Jehovah, and afterwards ye return, ye shall be guiltless toward Jehovah and toward Israel, and this land shall be your possession before Jehovah.23 But if ye do not do so, behold, ye have sinned against Jehovah, and be sure your sin will find you out.24 Build yourselves cities for your little ones, and folds for your flocks, and do that which has gone out of your mouth.25 And the children of Gad and the children of Reuben spoke to Moses, saying, Thy servants will do as my lord commands.26 Our little ones, our wives, our cattle, and all our beasts shall be there in the cities of Gilead;27 but thy servants will pass over, every one armed for war, before Jehovah to battle, as my lord says.28 So concerning them Moses commanded Eleazar the priest, and Joshua the son of Nun, and the chief fathers of the tribes of the children of Israel.29 And Moses said unto them, If the children of Gad and the children of Reuben pass with you over the Jordan, every one armed for battle, before Jehovah, and the land be subdued before you, then ye shall give them the land of Gilead for a possession;30 but if they do not pass over with you armed, they shall have possessions among you in the land of Canaan.31 And the children of Gad and the children of Reuben answered, saying, As Jehovah has said to thy servants, so will we do.32 We will pass over armed before Jehovah into the land of Canaan, and the possession of our inheritance on this side the Jordan shall be ours.33 And Moses gave to them, to the children of Gad, and to the children of Reuben, and to half the tribe of Manasseh the son of Joseph, the kingdom of Sihon king of the Amorites, and the kingdom of Og the king of Bashan, the land, according to its cities and territories, the cities of the land round about.34 And the children of Gad built Dibon, and Ataroth, and Aroer,35 and Atroth-Shophan, and Jaazer, and Jogbebah,36 and Beth-Nimrah, and Beth-haran, strong cities, and sheepfolds.37 -And the children of Reuben built Heshbon, and Elaleh, and Kirjathaim,38 and Nebo, and Baal-meon (of which the names were changed), and Sibmah; and they gave other names to the cities that they built.39 -And the children of Machir the son of Manasseh went to Gilead, and took it, and they dispossessed the Amorites that were therein.40 And Moses gave Gilead to Machir the son of Manasseh; and he dwelt therein.41 And Jair the son of Manasseh went and took their hamlets, and called them Havoth-Jair.42 And Nobah went and took Kenath, and its dependent villages, and called it Nobah, after his name.

1 En die kinders van Ruben en die kinders van Gad het baie vee gehad, 'n groot menigte. En toe hulle die land van Ja,ser en die land G¡lead bekyk het, vind hulle uit dat die plek 'n plek vir vee was.2 Daarop het die kinders van Gad en die kinders van Ruben gekom en met Moses en die priester Ele sar en met die owerstes van die vergadering gespreek en gesê:3 Atarot en Dibon en Ja,ser en Nimra en Hesbon en Ele le en Sebam en Nebo en Behon --4 die land wat die HERE voor die vergadering van Israel uit verower het -- is 'n land vir vee, en u dienaars het vee.5 Verder het hulle gesê: As ons genade in u oë gevind het, laat hierdie land aan u dienaars as 'n besitting gegee word; bring ons nie oor die Jordaan nie.6 Maar Moses het die kinders van Gad en die kinders van Ruben geantwoord: Sal julle broers oorlog toe trek, en wil julle hier bly?7 Waarom tog wil julle die hart van die kinders van Israel daarvan afkerig maak om deur te trek in die land wat die HERE aan hulle gegee het?8 So het julle vaders gedoen toe ek hulle van Kades-Barn,a af gestuur het om die land te bekyk.9 Toe hulle tot by die dal Eskol opgetrek en die land bekyk het, het hulle die hart van die kinders van Israel afkerig gemaak om in die land in te trek wat die HERE aan hulle gegee het.10 Daarom het die toorn van die HERE dieselfde dag ontvlam, en Hy het gesweer en gesê:11 Waarlik, geeneen van die manne wat uit Egipte opgetrek het, van twintig jaar oud en daarbo, sal die land sien wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het nie; want hulle het nie volhard om My te volg nie --12 behalwe Kaleb, die seun van Jefunne, die Kenissiet, en Josua, die seun van Nun; want hulle het volhard om die HERE te volg.13 En die toorn van die HERE het teen Israel ontvlam, en Hy het hulle veertig jaar lank in die woestyn laat rondswerwe, totdat die hele geslag verteer was wat kwaad gedoen het in die oë van die HERE.14 En kyk, julle het opgestaan in die plek van julle vaders, 'n egte kroos van sondige mense, om die toorngloed van die HERE teen Israel nog te vermeerder.15 As julle van Hom afvallig word, sal Hy hulle nog langer in die woestyn laat bly, en julle sal hierdie hele volk te gronde laat gaan.16 Toe kom hulle na hom toe aan en sê: Ons sal hier skaapkrale bou vir ons vee en stede vir ons kinders.17 Maar ons self sal ons haastig wapen voor die oë van die kinders van Israel, totdat ons hulle op hul woonplek bring; en ons kinders sal in die versterkte stede bly vanweë die bewoners van die land.18 Ons sal nie na ons huise teruggaan voordat die kinders van Israel elkeen in besit van sy erfdeel gekom het nie.19 Want ons sal nie saam met hulle wes van die Jordaan en verder weg erwe nie, omdat ons erfdeel duskant die Jordaan, teen sonop, ons s'n geword het.20 Toe sê Moses vir hulle: As julle dit doen, as julle jul voor die aangesig van die HERE vir die oorlog wapen21 en elke gewapende man van julle voor die aangesig van die HERE deur die Jordaan trek, totdat Hy sy vyande voor sy aangesig uit verdrywe het22 en die land voor die aangesig van die HERE onderwerp is, en julle daarna teruggaan, dan sal julle vrygestel wees voor die HERE en voor Israel, en hierdie land sal vir julle 'n besitting word voor die aangesig van die HERE.23 Maar as julle nie so doen nie, kyk, dan sondig julle teen die HERE, en weet dan dat julle sonde julle sal uitvind.24 Bou vir julle stede vir jul kinders en krale vir jul kleinvee, en doen wat uit julle mond uitgegaan het.25 Toe het die kinders van Gad en die kinders van Ruben met Moses gespreek en gesê: U dienaars sal doen soos my heer beveel het.26 Ons kinders, ons vroue, ons vee en al ons lasdiere sal daar in die stede van G¡lead bly;27 maar u dienaars, almal wat vir die oorlog gewapen is, sal voor die aangesig van die HERE na die oorlog oortrek soos my heer gespreek het.28 Toe het Moses aangaande hulle aan die priester Ele sar en aan Josua, die seun van Nun, en aan die familiehoofde uit die stamme van die kinders van Israel bevel gegee,29 en Moses het aan hulle gesê: As die kinders van Gad en die kinders van Ruben saam met julle deur die Jordaan trek, almal wat vir die oorlog gewapen is, voor die aangesig van die HERE, en die land voor julle uit onderwerp is, gee dan aan hulle die land G¡lead as 'n besitting.30 Maar as hulle nie gewapend saam met julle oortrek nie, moet hulle onder julle in die land Kana„n besittings verkry.31 En die kinders van Gad en die kinders van Ruben het geantwoord en gesê: Wat die HERE aan u dienaars gesê het, so sal ons doen.32 Ons sal gewapend oortrek voor die aangesig van die HERE na die land Kana„n, en ons erflike besitting oos van die Jordaan sal ons s'n wees.33 So het Moses dan aan hulle gegee, aan die kinders van Gad en die kinders van Ruben en die halwe stam van Manasse, die seun van Josef, die koninkryk van Sihon, koning van die Amoriete, en die koninkryk van Og, koning van Basan, die land volgens sy stede met die grondgebied wat daarby behoort, die stede van die land rondom.34 En die kinders van Gad het Dibon gebou en Atarot en Aroër35 en Aterot-Sofan en Ja,ser en Jogbeha36 en Bet-Nimra en Bet-Haran, versterkte stede en skaapkrale.37 En die kinders van Ruben het Hesbon gebou en Ele le en Kirjataim38 en Nebo en Ba„l-Meon -- met verandering van die name -- en Sibma; en hulle het die stede wat hulle gebou het, name gegee.39 En die seuns van Magir, die seun van Manasse, het na G¡lead gegaan en dit verower en die Amoriete verdrywe wat daarin was.40 En Moses het G¡lead aan Magir, die seun van Manasse, gegee; en hy het daarin gewoon.41 En Ja‹r, die seun van Manasse, het gegaan en hulle tentdorpe ingeneem en dit tentdorpe van Ja‹r genoem.42 En Nobag het gegaan en Kenat en die onderhorige plekke ingeneem en dit sy naam Nobag gegee.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-