1 And Miriam and Aaron spoke against Moses because of the Ethiopian woman whom he had taken; for he had taken a Cushite as wife.2 And they said, Has Jehovah indeed spoken only to Moses? has he not spoken also to us? And Jehovah heard it.3 But the man Moses was very meek, above all men that were upon the face of the earth.4 Then Jehovah spoke suddenly to Moses, and to Aaron, and to Miriam, Come out ye three unto the tent of meeting. And they went out, they three.5 And Jehovah came down in the pillar of the cloud, and stood at the entrance of the tent, and called Aaron and Miriam; and they both came forth.6 And he said, Hear now my words: If there be a prophet among you, I Jehovah will make myself known to him in a vision, I will speak to him in a dream.7 Not so my servant Moses: he is faithful in all my house.8 Mouth to mouth do I speak to him openly, and not in riddles; and the form of Jehovah doth he behold. Why then were ye not afraid to speak against my servant, against Moses?9 And the anger of Jehovah was kindled against them, and he went away;10 and the cloud departed from off the tent. And behold, Miriam was leprous as snow; and Aaron turned toward Miriam, and behold, she was leprous.11 Then Aaron said to Moses, Alas, my lord, I beseech thee, lay not this sin upon us, wherein we have been foolish, and have sinned!12 Let her not be as one stillborn, half of whose flesh is consumed when he comes out of his mother's womb.13 And Moses cried to Jehovah, saying, O *God, heal her, I beseech thee!14 And Jehovah said to Moses, But had her father anyways spat in her face, should she not be shamed seven days? She shall be shut outside the camp seven days, and afterwards she shall be received in {again}.15 And Miriam was shut outside the camp seven days; and the people did not journey till Miriam was received in {again}.16 And afterwards the people journeyed from Hazeroth, and encamped in the wilderness of Paran.
1 En Mirjam en A„ron het teen Moses gespreek vanweë die Kusitiese vrou wat hy geneem het; want hy het 'n Kusitiese vrou geneem.2 En hulle het gesê: Het die HERE dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En die HERE het dit gehoor.3 Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem.4 Toe het die HERE dadelik met Moses en A„ron en Mirjam gespreek: Julle drie, kom uit na die tent van samekoms! En hulle drie het uitgekom.5 En die HERE het in 'n wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tent gaan staan. Daarna het Hy A„ron en Mirjam geroep, en hulle twee het uitgekom.6 Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die HERE is, sal Ek deur 'n gesig My aan hom bekend maak, deur 'n droom sal Ek met hom spreek.7 So is dit nie met my kneg Moses nie: in my hele huis is hy getrou.8 Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die HERE. Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie?9 En die toorn van die HERE het teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan.10 En toe die wolk van die tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjam melaats, soos sneeu. En A„ron het Mirjam aangekyk en -- sy was melaats!11 Daarop sê A„ron vir Moses: Ag, my heer, lê tog nie op ons die sonde wat ons in ons dwaasheid begaan het nie.12 Laat sy tog nie wees soos 'n dooie van wie se vleis, as hy uit sy moeder se skoot uitgaan, die helfte verteer is nie.13 En Moses het die HERE aangeroep en gesê: o God, maak haar tog gesond!14 Toe sê die HERE vir Moses: As haar vader net maar in haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? Laat sy sewe dae lank buitekant die laer opgesluit wees, en daarna mag sy opgeneem word.15 En hulle het Mirjam sewe dae lank buitekant die laer opgesluit; en die volk het nie weggetrek voordat Mirjam opgeneem was nie.16 Maar daarna het die volk van H serot af weggetrek en in die woestyn Paran laer opgeslaan.