1 And Jehovah spoke to Moses and to Aaron, saying,2 This is the statute of the law which Jehovah hath commanded, saying, Speak unto the children of Israel, that they bring thee a red heifer without blemish, wherein is no defect, and upon which never came yoke;3 and ye shall give it to Eleazar the priest, and he shall bring it outside the camp, and one shall slaughter it before him.4 And Eleazar the priest shall take of its blood with his finger, and shall sprinkle of its blood directly before the tent of meeting seven times.5 And one shall burn the heifer before his eyes; its skin and its flesh, and its blood, with its dung, shall he burn.6 And the priest shall take cedar-wood, and hyssop, and scarlet, and cast them into the midst of the burning of the heifer.7 And the priest shall wash his garments, and he shall bathe his flesh in water, and afterwards he shall come into the camp; and the priest shall be unclean until the even;8 and he that hath burned it shall wash his garments in water, and bathe his flesh in water, and shall be unclean until the even.9 And a clean man shall gather the ashes of the heifer, and deposit them outside the camp in a clean place, and it shall be kept for the assembly of the children of Israel for a water of separation: it is a purification for sin.10 And he that hath gathered the ashes of the heifer shall wash his clothes, and be unclean until the even. And it shall be unto the children of Israel, and unto the stranger that sojourneth among them, an everlasting statute.11 He that toucheth a dead person, any dead body of a man, shall be unclean seven days.12 He shall purify himself with it on the third day, and on the seventh day he shall be clean; but if he purify not himself the third day, then the seventh day he shall not be clean.13 Whoever toucheth a dead person, the dead body of a man that is dead, and purifieth not himself, defileth the tabernacle of Jehovah; and that soul shall be cut off from Israel; for the water of separation was not sprinkled upon him: he shall be unclean; his uncleanness is yet upon him.14 This is the law, when a man dieth in a tent: every one that cometh into the tent, and all that is in the tent, shall be unclean seven days.15 And every open vessel, which hath no covering bound upon it, shall be unclean.16 And every one that toucheth one that is slain with a sword in the open fields, or a dead person, or the bone of a man, or a grave, shall be unclean seven days.17 And they shall take for the unclean of the ashes of the purification-offering that hath been burned, and shall put running water thereon in a vessel;18 and a clean man shall take hyssop, and dip it in the water, and sprinkle it on the tent, and upon all the utensils, and upon the persons that were there, and upon him that hath touched the bone, or the one slain, or the dead person, or the grave;19 and the clean shall sprinkle it on the unclean on the third day, and on the seventh day; and he shall purify him on the seventh day; and he shall wash his garments, and bathe himself in water, and shall be clean at even.20 And the man that is unclean, and doth not purify himself, that soul shall be cut off from the midst of the congregation, for he hath defiled the sanctuary of Jehovah: the water of separation hath not been sprinkled on him: he is unclean.21 And it shall be an everlasting statute unto them. And he that sprinkleth the water of separation shall wash his garments, and he that toucheth the water of separation shall be unclean until even.22 And whatever the unclean person toucheth shall be unclean; and the soul that toucheth it shall be unclean until even.
1 Verder het die HERE met Moses en A„ron gespreek en gesê:2 Dit is die wetsinsetting wat die HERE beveel het deur te sê: Spreek met die kinders van Israel dat hulle vir jou 'n rooi koei sonder gebrek bring waar geen liggaamsgebrek aan is, waarop geen juk gekom het nie.3 En julle moet haar aan die priester Ele sar gee, en hulle moet haar buitekant die laer uitbring en voor hom slag.4 En die priester Ele sar moet van haar bloed met sy vinger neem en van haar bloed sewe maal in die rigting van die voorkant van die tent van samekoms sprinkel.5 Daarna moet hulle die koei voor sy oë verbrand; haar vel en haar vleis en haar bloed, saam met haar mis, moet hulle verbrand.6 En die priester moet sederhout en hisop en skarlakendraad neem en dit binne-in die brand van die koei gooi.7 Dan moet die priester sy klere was en sy liggaam in die water bad, en daarna mag hy in die laer kom; en die priester sal tot die aand toe onrein wees.8 Ook die een wat haar verbrand het, moet sy klere in die water was en sy liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.9 En 'n rein man moet die as van die koei bymekaarmaak en buitekant die laer op 'n rein plek neersit, en dit moet vir die vergadering van die kinders van Israel bewaar word vir die reinigingswater: dit is 'n sondoffer.10 En die een wat die as van die koei bymekaargemaak het, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees. En dit moet vir die kinders van Israel en vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef, 'n ewige insetting wees.11 Die een wat aan 'n dooie, enige lyk van 'n mens, raak, hy sal sewe dae lank onrein wees.12 Op die derde dag en op die sewende dag moet hy hom daarmee ontsondig -- dan sal hy rein wees; maar as hy hom op die derde dag en op die sewende dag nie ontsondig nie, sal hy nie rein wees nie.13 Elkeen wat aan 'n dooie raak, aan die lyk van 'n mens wat gesterf het, en hom nie ontsondig nie, verontreinig die tabernakel van die HERE, en die siel moet uit Israel uitgeroei word. Omdat geen reinigingswater op hom uitgegooi is nie, sal hy onrein wees ; sy onreinheid is nog aan hom.14 Dit is die wet: As iemand in 'n tent sterwe, sal elkeen wat in die tent kom en al wat in die tent is, sewe dae lank onrein wees.15 Ook al die oop goed wat nie met 'n deksel toegebind word nie, is onrein.16 En elkeen wat in die oop veld aan iemand raak wat deur die swaard verslaan is, of aan 'n dooie of aan 'n mens se doodsbeen of aan 'n graf, sal sewe dae lank onrein wees.17 Vir die onreine moet hulle dan van die as neem van die sondoffer wat verbrand is, en daar vars water in 'n pot op gooi;18 en 'n rein man moet hisop neem en dit in die water insteek en op die tent sprinkel en op al die goed en op die persone wat daar gewees het; ook op hom wat aan 'n doodsbeen of aan een wat verslaan is, of aan 'n dooie of aan 'n graf geraak het.19 En die reine moet die onreine op die derde en op die sewende dag besprinkel en hom op die sewende dag ontsondig. Dan moet hy sy klere was en hom in die water bad, en in die aand sal hy rein wees.20 Maar as iemand onrein word en hom nie ontsondig nie, dan moet die siel uitgeroei word uit die vergadering, want hy het die heiligdom van die HERE verontreinig: reinigingswater is op hom nie uitgegooi nie, hy is onrein.21 En dit moet vir hulle 'n ewige insetting wees. En die een wat die reinigingswater sprinkel, moet sy klere was; en die een wat aan die reinigingswater raak, sal tot die aand toe onrein wees.22 Ja, alles waar die onreine aan raak, sal onrein wees; en die persoon wat aan hom raak, sal tot die aand toe onrein wees.