1 And it came to pass that when the people murmured, it was evil in the ears of Jehovah; and Jehovah heard it, and his anger was kindled, and the fire of Jehovah burned among them, and consumed {some} in the extremity of the camp.2 And the people cried to Moses; and Moses prayed to Jehovah-and the fire abated.3 And they called the name of that place Taberah; because a fire of Jehovah burned among them.4 And the mixed multitude that was among them lusted; and the children of Israel also wept again and said, Who will give us flesh to eat?5 We remember the fish that we ate in Egypt for nothing; the cucumbers, and the melons, and the leeks, and the onions, and the garlic;6 and now our soul is dried up: there is nothing at all but the manna before our eyes.7 And the manna was as coriander seed, and its appearance as the appearance of bdellium.8 The people went about, and gathered it, and ground it with hand-mills, or beat it in mortars, and boiled it in pots, and made cakes of it; and the taste of it was as the taste of oil-cakes.9 And when the dew fell upon the camp by night, the manna fell upon it.10 And Moses heard the people weep throughout their families, every one at the entrance of his tent; and the anger of Jehovah was kindled greatly; it was also evil in the eyes of Moses.11 And Moses said to Jehovah, Why hast thou done evil to thy servant, and why have I not found favour in thine eyes, that thou layest the burden of all this people upon me?12 Have I conceived all this people, have I brought them forth, that thou sayest to me, Carry them in thy bosom, as the nursing-father beareth the suckling, unto the land which thou didst swear unto their fathers?13 Whence should I have flesh to give unto all this people? for they weep unto me, saying, Give us flesh that we may eat!14 I am not able to bear all this people alone, for it is too heavy for me.15 And if thou deal thus with me, slay me, I pray thee, if I have found favour in thine eyes, that I may not behold my wretchedness.16 And Jehovah said to Moses, Gather unto me seventy men of the elders of Israel, whom thou knowest to be the elders of the people, and their officers; and take them to the tent of meeting, and they shall stand there with thee.17 And I will come down and talk with thee there; and I will take of the Spirit which is upon thee, and will put it upon them; and they shall bear the burden of the people with thee, and thou shalt not bear it alone.18 And unto the people shalt thou say, Hallow yourselves for to-morrow, and ye shall eat flesh; for ye have wept in the ears of Jehovah, saying, Who will give us flesh to eat? for it was well with us in Egypt; and Jehovah will give you flesh, and ye shall eat.19 Not one day shall ye eat, nor two days, nor five days, neither ten days, nor twenty days;20 {but} for a whole month, until it come out at your nostrils, and it become loathsome unto you; because that ye have despised Jehovah who is among you, and have wept before him, saying, Why came we forth out of Egypt?21 And Moses said, The people in whose midst I am are six hundred thousand footmen; and thou sayest, I will give them flesh that they may eat a whole month.22 Shall flocks and herds be slaughtered for them, to suffice them? or shall all the fish of the sea be gathered for them, to suffice them?23 And Jehovah said to Moses, Hath Jehovah's hand become short? Now shalt thou see whether my word will come to pass unto thee or not.24 And Moses went out and told the people the words of Jehovah; and he gathered the seventy men of the elders of the people, and set them round about the tent.25 And Jehovah came down in a cloud, and spoke to him, and took of the Spirit that was upon him, and put it upon the seventy men, the elders; and it came to pass, that when the Spirit rested on them, they prophesied, but they did not repeat {it}.26 And two men remained in the camp, the name of the one, Eldad, and the name of the other, Medad; and the Spirit rested upon them (and they were among them that were written, but they had not gone out to the tent); and they prophesied in the camp.27 And there ran a youth, and told Moses, and said, Eldad and Medad are prophesying in the camp.28 And Joshua the son of Nun, the attendant of Moses, one of his young men, answered and said, My lord Moses, forbid them!29 But Moses said to him, Enviest thou for my sake? would that all Jehovah's people were prophets, {and} that Jehovah would put his Spirit upon them!30 And Moses withdrew into the camp, he and the elders of Israel.31 And there went forth a wind from Jehovah, and drove quails from the sea, and cast them about the camp, about a day's journey on this side, and about a day's journey on the other side, round about the camp, and about two cubits above the earth.32 And the people rose up all that day, and the whole night, and all the next day, and they gathered the quails: he that gathered little gathered ten homers; and they spread them abroad for themselves round about the camp.33 The flesh was yet between their teeth, before it was chewed, when the wrath of Jehovah was kindled against the people, and Jehovah smote the people with a very great plague.34 And they called the name of that place Kibroth-hattaavah; because there they buried the people who lusted.35 From Kibroth-hattaavah the people journeyed to Hazeroth; and they were at Hazeroth.
1 En die volk het hulle voor die ore van die HERE beklaag dat dit sleg gaan. En toe die HERE dit hoor, het sy toorn ontvlam, en die vuur van die HERE het onder hulle gebrand en het gewoed aan die kant van die laer.2 Toe het die volk na Moses geroep, en Moses het tot die HERE gebid; en die vuur het doodgegaan.3 Daarom het hulle die plek Tab,ra genoem, omdat die vuur van die HERE onder hulle gebrand het.4 En die gemengde bevolking wat onder hulle was, is met lus bevang. Toe het die kinders van Israel ook weer geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet?5 Ons dink aan die visse wat ons in Egipte verniet kon eet, aan die komkommers en die waterlemoene en die prei en die uie en die knoffel.6 Maar nou is ons siel dor; daar's glad niks nie: net die manna is voor ons oë.7 Die manna was soos koljandersaad, en dit het gelyk na balsemgom.8 Die volk het rondgeloop en dit versamel en in handmeule gemaal of in vysels gestamp, en hulle het dit in potte gekook en daarvan roosterkoeke gemaak. En die smaak daarvan was soos die smaak van oliekoeke.9 En as die dou snags op die laer val, het die manna ook daarop geval.10 Toe het Moses die volk, volgens hulle geslagte, elkeen by die deur van sy tent hoor ween; en die toorn van die HERE het grootliks ontvlam; ook was dit verkeerd in die oë van Moses.11 En Moses sê aan die HERE: Waarom het U u kneg kwaad aangedoen en waarom het ek geen genade in u oë gevind nie, dat U die las van hierdie hele volk op my lê?12 Het ,k hierdie hele volk dan ontvang? Of het ,k hulle gebaar, dat U vir my sê: Dra hulle aan jou bors soos 'n oppasser die suigling dra, na die land wat U aan hulle vaders met 'n eed beloof het?13 Waarvandaan moet ek vleis kry om aan al hierdie volk te gee? Want hulle ween by my en sê: Gee vir ons vleis, dat ons kan eet.14 Ek alleen kan hierdie hele volk nie dra nie, want dit is vir my te swaar.15 En as U so met my wil handel, slaan my dan maar liewer dood as ek genade in u oë gevind het, en laat ek my ongeluk nie aansien nie.16 Toe sê die HERE aan Moses: Bring vir My sewentig manne uit die oudstes van Israel bymekaar, van wie jy weet dat hulle oudstes van die volk en sy opsigters is, en bring hulle by die tent van samekoms, dat hulle daar by jou kan staan.17 Dan sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en van die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie.18 En aan die volk moet jy sê: Heilig julle teen môre ; dan sal julle vleis eet. Want julle het voor die ore van die HERE geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? want dit was vir ons goed in Egipte. Daarom sal die HERE vir julle vleis gee, en julle sal eet.19 Julle sal nie een dag of twee dae eet nie, of vyf dae of tien dae of twintig dae nie --20 'n hele maand lank, totdat dit uit julle neus uitkom en julle daarvan walg; omdat julle die HERE wat in julle midde is, verwerp en voor sy aangesig gehuil en gesê het: Waarom het ons tog uit Egipte uitgetrek?21 Toe sê Moses: Ses honderd duisend te voet is die volk onder wie ek verkeer; en U het gesê: Ek sal aan hulle vleis gee, en hulle sal 'n hele maand lank eet!22 Sal daar vir hulle kleinvee en beeste geslag word, sodat daar vir hulle genoeg sal wees? Of sal al die visse van die see vir hulle versamel word, sodat daar vir hulle genoeg is?23 Maar die HERE sê vir Moses: Sou die hand van die HERE te kort wees? Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie.24 Toe het Moses uitgegaan en die woorde van die HERE aan die volk te kenne gegee; en hy het sewentig manne uit die oudstes van die volk bymekaar laat kom en hulle rondom die tent laat staan.25 Daarop het die HERE neergedaal in die wolk en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie.26 Maar twee manne het in die laer agtergebly: die naam van die een was Eldad en die naam van die ander Medad; en die Gees het op hulle gerus -- hulle het behoort by die wat opgeskrywe was, hoewel hulle nie na die tent uitgegaan het nie -- en hulle het in die laer geprofeteer.27 Toe hardloop 'n seun en vertel dit aan Moses en sê: Eldad en Medad profeteer in die laer.28 En Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses van sy jeug af, antwoord en sê: My heer Moses, belet hulle dit!29 Maar Moses sê vir hom: Ywer jy vir my? Ag, as die hele volk van die HERE maar profete was, dat die HERE sy Gees oor hulle mag gee!30 Daarop het Moses hom in die laer teruggetrek, hy en die oudstes van Israel.31 Toe het 'n wind wat van die HERE kom, uitgevaar en kwartels van die see af oorgedrywe en op die laer gestrooi omtrent 'n dagreis hier en omtrent 'n dagreis daar, rondom die laer; en hulle was omtrent twee el bokant die grond.32 Toe het die volk opgestaan daardie hele dag en die hele nag en die hele volgende dag en die kwartels versamel. Hy wat die minste gehad het, het tien homer versamel. En hulle het dit oral vir hulle uitgesprei rondom die laer.33 Die vleis was nog tussen hulle tande, voordat dit gekou was, toe die toorn van die HERE alreeds teen die volk ontvlam het, en die HERE het onder die volk 'n baie groot slagting teweeggebring.34 Daarom het hulle die plek genoem Kibrot-Hatt äwa; want daar het hulle die volk begrawe wat so begerig was.35 Van Kibrot-Hatt äwa af het die volk weggetrek na H serot toe, en hulle het in H serot gebly.