Publicidade

Números 18

1 And Jehovah said to Aaron, Thou and thy sons and thy father's house with thee shall bear the iniquity of the sanctuary; and thou and thy sons with thee shall bear the iniquity of your priesthood.2 And thy brethren also, the tribe of Levi, the tribe of thy father, bring near with thee, that they may unite with thee, and minister unto thee; but thou and thy sons with thee {shall serve} before the tent of the testimony.3 And they shall keep thy charge, and the charge of the whole tent: only they shall not come near to the vessels of the sanctuary and to the altar, that they may not die, and you as well as they.4 And they shall unite with thee, and keep the charge of the tent of meeting, for all the service of the tent; and no stranger shall come near to you.5 And ye shall keep the charge of the sanctuary, and the charge of the altar; that there come no wrath any more upon the children of Israel.6 And I, behold, I have taken your brethren, the Levites, from among the children of Israel; to you are they given as a gift for Jehovah to perform the service of the tent of meeting.7 But thou and thy sons with thee shall attend to your priesthood for all that concerneth the altar, and for that which is inside the veil; and ye shall perform the service: I give you your priesthood as a service of gift, and the stranger that cometh near shall be put to death.8 And Jehovah spoke to Aaron, And I, behold, I have given thee the charge of my heave-offerings, of all the hallowed things of the children of Israel; to thee have I given them, because of the anointing, and to thy sons by an everlasting statute.9 This shall be thine of the most holy things, {reserved} from the fire: every offering of theirs, of all their oblations, and of all their sin-offerings, and of all their trespass-offerings, which they render unto me, it is most holy for thee and for thy sons.10 As most holy shalt thou eat it: every male shall eat it; it shall be holy unto thee.11 And this shall be thine: the heave-offering of their gift, with all the wave-offerings of the children of Israel; I have given them unto thee, and to thy sons and to thy daughters with thee, by an everlasting statute; every one that is clean in thy house shall eat of it.12 All the best of the oil, and all the best of the new wine, and of the wheat, the firstfruits of them which they give to Jehovah, have I given thee.13 The first ripe of everything that is in their land, which they shall bring to Jehovah, shall be thine; every one that is clean in thy house shall eat of it.14 Every devoted thing in Israel shall be thine.15 Everything that breaketh open the womb of all flesh, which they present to Jehovah, of men or of beasts, shall be thine; nevertheless the firstborn of man shalt thou in any case ransom, and the firstborn of unclean beasts shalt thou ransom.16 And those that are to be ransomed from a month old shalt thou ransom, according to thy valuation, for the money of five shekels, after the shekel of the sanctuary, which is twenty gerahs.17 But the firstborn of a cow, or the firstborn of a sheep, or the firstborn of a goat, thou shalt not ransom: they are holy. Thou shalt sprinkle their blood on the altar, and their fat shalt thou burn as an offering by fire for a sweet odour to Jehovah.18 And their flesh shall be thine; as the wave-breast and as the right shoulder shall it be thine.19 All the heave-offerings of the holy things, which the children of Israel offer to Jehovah, have I given thee, and to thy sons and to thy daughters with thee, by an everlasting statute: it shall be an everlasting covenant of salt before Jehovah unto thee and thy seed with thee.20 And Jehovah said to Aaron, In their land thou shalt have no inheritance, neither shalt thou have any portion among them: I am thy portion and thine inheritance among the children of Israel.21 And to the children of Levi, behold, I have given all the tithes in Israel for an inheritance, for their service which they perform, the service of the tent of meeting.22 Neither shall the children of Israel henceforth come near the tent of meeting, to bear sin and die.23 But the Levite, he shall perform the service of the tent of meeting, and they shall bear their iniquity: it is an everlasting statute throughout your generations. And among the children of Israel shall they possess no inheritance;24 for I have given for an inheritance to the Levites the tithes of the children of Israel, which they offer as a heave-offering to Jehovah; therefore I have said of them, They shall possess no inheritance among the children of Israel.25 And Jehovah spoke to Moses, saying,26 And to the Levites shalt thou speak, and say unto them, When ye take of the children of Israel the tithes which I have given you from them for your inheritance, then ye shall offer a heave-offering from it for Jehovah, the tenth of the tithe.27 And your heave-offering shall be reckoned unto you, as the corn from the threshing-floor, and as the fulness of the winepress.28 Thus ye also shall offer Jehovah's heave-offering of all your tithes, which ye take of the children of Israel; and ye shall give thereof Jehovah's heave-offering to Aaron the priest.29 Out of all that is given you ye shall offer the whole heave-offering of Jehovah, -of all the best thereof the hallowed part thereof.30 And thou shalt say unto them, When ye heave the best thereof from it, then it shall be counted unto the Levites as produce of the threshing-floor, and as produce of the winepress.31 And ye shall eat it in every place, ye and your households; for it is your reward for your service in the tent of meeting.32 And ye shall bear no sin by reason of it, if ye heave from it the best of it; and ye shall not profane the holy things of the children of Israel, lest ye die.

1 En die HERE het vir A„ron gesê: Jy en jou seuns en die huis van jou vader saam met jou moet die ongeregtigheid met betrekking tot die heiligdom dra; en jy en jou seuns saam met jou moet die ongeregtigheid met betrekking tot julle priesteramp dra.2 En laat ook jou broers, die stam van Levi, die stam van jou vader, saam met jou nader kom, dat hulle by jou kan aansluit en jou dien, terwyl jy en jou seuns saam met jou voor die tent van die Getuienis is.3 En hulle moet jou diens waarneem en die diens van die hele tent; maar naby die voorwerpe van die heiligdom en naby die altaar mag hulle nie kom nie, dat hulle nie sterwe, hulle sowel as julle nie.4 Maar hulle moet by jou aansluit en die diens van die tent van samekoms waarneem: al die dienswerk van die tent; en 'n onbevoegde mag nie na julle toe aankom nie.5 En julle moet die diens van die heiligdom en die diens van die altaar waarneem, sodat daar verder geen toorn oor die kinders van Israel kom nie.6 Want Ek self het julle broers, die Leviete, onder die kinders van Israel uit geneem as 'n geskenk vir julle, mense wat aan die HERE gegee is om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig.7 Maar jy en jou seuns saam met jou moet julle priesteramp waarneem met betrekking tot al die sake van die altaar en van wat binnekant die voorhangsel is, en julle moet daar diens verrig. As 'n dienswerk wat geskenk word, gee Ek julle die priesteramp; en die onbevoegde wat naby kom, moet gedood word.8 Verder het die HERE met A„ron gespreek: Ek self het jou die diens van my offergawes gegee; wat betref al die heilige gawes van die kinders van Israel, aan jou gee Ek dit as aandeel en aan jou seuns as ewige insetting.9 Van die hoogheilige gawes, met uitsondering van wat verbrand word, moet d¡t joue wees: al hulle offers, naamlik elke spysoffer en elke sondoffer en elke skuldoffer van hulle, wat hulle My bring -- as iets hoogheiligs moet dit vir jou en jou seuns wees.10 In 'n hoogheilige plek moet jy dit eet; almal wat manlik is, mag dit eet; heilig moet dit vir jou wees.11 Dit moet ook joue wees: die offergawe van hulle geskenke, van al die beweegoffers van die kinders van Israel; Ek gee dit aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as 'n ewige insetting. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.12 Al die beste van die olie en al die beste van die mos en die koring, die eerste daarvan wat hulle aan die HERE gee, dit gee Ek aan jou.13 Die eerstelinge van alles wat in hulle land is, wat hulle aan die HERE bring, moet joue wees. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.14 Alles wat onder die ban is in Israel, moet joue wees.15 Alles wat die moederskoot open -- alle vlees wat hulle vir die HERE aanbring, mense en diere -- moet joue wees; maar die eersgeborenes van mense moet jy sekerlik loskoop; ook moet jy die eersgeborenes van onrein diere loskoop.16 En wat die loskoping daarvan aangaan: vanaf 'n maand oud moet jy loskoop, volgens jou skatting, vir 'n geldsom van vyf sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; dit is twintig gera.17 Maar die eersgeborene van 'n bees of die eersgeborene van 'n skaap of die eersgeborene van 'n bok moet jy nie loskoop nie; heilig is hulle; hulle bloed moet jy uitgooi teen die altaar en hulle vet aan die brand steek as 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.18 En hulle vleis moet joue wees; soos die bors van die beweegoffer en die regterboud moet dit joue wees.19 Al die offergawes van die heilige dinge wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as 'n ewige insetting. Dit is 'n ewige soutverbond voor die aangesig van die HERE, vir jou en jou nageslag saam met jou.20 Ook het die HERE vir A„ron gesê: Jy sal in hulle land nie erwe nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en jou erfenis onder die kinders van Israel.21 En kyk, Ek gee aan die kinders van Levi al die tiendes in Israel as erfdeel vir hulle dienswerk wat hulle verrig, die dienswerk van die tent van samekoms.22 En die kinders van Israel moet nie meer nader kom na die tent van samekoms om sonde op hulle te laai sodat hulle sterwe nie.23 Maar die Leviete, die moet die dienswerk by die tent van samekoms verrig, en hulle moet hul ongeregtigheid dra -- 'n ewige insetting in julle geslagte. En onder die kinders van Israel moet hulle geen erfdeel kry nie.24 Want die tiendes van die kinders van Israel wat hulle aan die HERE as offergawe afgee, gee Ek aan die Leviete as erfdeel. Daarom het Ek aangaande hulle gesê: Hulle moet onder die kinders van Israel geen erfdeel kry nie.25 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:26 Jy moet ook met die Leviete spreek en aan hulle sê: As julle van die kinders van Israel die tiendes neem wat Ek aan julle van hulle as jul erfdeel gegee het, moet julle daarvan 'n offergawe aan die HERE afgee, 'n tiende van die tiende.27 En julle offergawe sal vir julle gereken word soos koring van die dorsvloer af en soos die volle opbrings uit die parskuip.28 So moet julle ook 'n offergawe aan die HERE afgee van al julle tiendes wat julle van die kinders van Israel neem, en julle moet daarvan die offergawe aan die HERE aan die priester A„ron gee.29 Van al jul gawes moet julle die hele offergawe aan die HERE afgee, van al die beste daarvan, as die heilige gawe wat daarvan moet afgaan.30 Jy moet dan vir hulle sê: As julle die beste daarvan afgee, sal dit vir die Leviete gereken word as opbrings van die dorsvloer en as opbrings van die parskuip.31 En julle mag dit op enige plek eet, julle en jul huisgesin; want dit is vir julle 'n loon vir jul dienswerk by die tent van samekoms.32 En julle sal daarby geen sonde op julle laai as julle die beste deel daarvan afgee nie; en julle mag die heilige gawes van die kinders van Israel nie ontheilig nie, sodat julle nie sterwe nie.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-