Publicidade

Josué 1

1 And it came to pass after the death of Moses the servant of Jehovah, that Jehovah spoke to Joshua the son of Nun, Moses' attendant, saying,2 Moses my servant is dead; and now, rise up, go over this Jordan, thou and all this people, into the land which I give unto them, to the children of Israel.3 Every place whereon the sole of your foot shall tread have I given to you, as I said unto Moses.4 From the wilderness and this Lebanon to the great river, the river Euphrates, the whole land of the Hittites, to the great sea, toward the going down of the sun, shall be your border.5 None shall be able to stand before thee all the days of thy life: as I was with Moses, so will I be with thee; I will not leave thee, neither will I forsake thee.6 Be strong and courageous, for thou shalt cause this people to inherit the land which I have sworn unto their fathers to give them.7 Only be strong and very courageous, that thou mayest take heed to do according to all the law that Moses my servant commanded thee. Turn not from it to the right or to the left, that thou mayest prosper whithersoever thou goest.8 This book of the law shall not depart from thy mouth; and thou shalt meditate upon it day and night, that thou mayest take heed to do according to all that is written therein; for then shalt thou have good success in thy ways, and then shalt thou prosper.9 Have I not commanded thee: Be strong and courageous? Be not afraid, neither be dismayed; for Jehovah thy God is with thee whithersoever thou goest.10 And Joshua commanded the officers of the people, saying,11 Go through the midst of the camp, and command the people, saying, Prepare yourselves victuals, for in three days ye shall pass over this Jordan, that ye may enter in to take possession of the land which Jehovah your God giveth you to possess it.12 And to the Reubenites and to the Gadites and to half the tribe of Manasseh spoke Joshua, saying,13 Remember the word that Moses the servant of Jehovah commanded you, saying, Jehovah your God has given you rest and has given you this land.14 Your wives, your little ones, and your cattle shall abide in the land that Moses gave you on this side of the Jordan, but ye, all the valiant men, shall go over in array before your brethren and help them,15 until Jehovah give your brethren rest as to you, and they also take possession of the land which Jehovah your God giveth them; then shall ye return into the land of your possession and possess it, which Moses the servant of Jehovah gave you on this side of the Jordan toward the sun-rising.16 And they answered Joshua, saying, All that thou hast commanded us will we do, and whither thou shalt send us will we go.17 According as we hearkened to Moses in all things, so will we hearken to thee; only may Jehovah thy God be with thee as he was with Moses.18 Every one that is rebellious against thy commandment and hearkeneth not to thy words in everything that thou commandest us, shall be put to death. Only be strong and courageous.

1 En n die dood van Moses, die kneg van die HERE, het die HERE met Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê:2 My kneg Moses is dood; maak jou dan nou klaar, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, die kinders van Israel, sal gee.3 Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het.4 Van die woestyn en hierdie L¡banon af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier, die hele land van die Hetiete, en tot by die Groot See in die weste sal julle grondgebied wees.5 Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.6 Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die land laat erwe wat Ek hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee.7 Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan.8 Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.9 Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.10 Toe het Josua aan die opsigters van die volk bevel gegee en gesê:11 Gaan die laer deur en gee die volk bevel en sê: Maak vir julle padkos klaar; want oor drie dae sal julle deur hierdie Jordaan trek om die land in besit te gaan neem wat die HERE julle God aan julle gee, om dit in besit te neem.12 En aan die Rubeniete en Gadiete en die halwe stam van Manasse het Josua dit gesê:13 Dink aan die saak wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het toe hy gesê het: Die HERE julle God verskaf 'n rusplek aan julle en sal hierdie land aan julle gee.14 Julle vroue, julle kinders en julle vee kan bly in die land wat Moses julle oos van die Jordaan gegee het; maar julle self, al die dapper helde, moet gewapend voor julle broers deurtrek en hulle help,15 totdat die HERE aan julle broers, soos aan julle, rus gee, en hulle ook die land in besit neem wat die HERE julle God aan hulle sal gee; dan kan julle teruggaan na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van die HERE, julle gegee het oos van die Jordaan, teen sonop, en dit in besit neem.16 Toe het hulle Josua geantwoord en gesê: Alles wat u ons beveel het, sal ons doen, en oral waarheen u ons stuur, sal ons gaan.17 Net soos ons na Moses geluister het, so sal ons na u luister; mag die HERE u God net met u wees soos Hy met Moses gewees het.18 Elke man wat teen u bevel wederstrewig is en na u woorde nie luister met betrekking tot alles wat u ons sal beveel nie, moet gedood word; wees net sterk en vol moed.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-