1 Then Joshua called the Reubenites, and the Gadites, and the half tribe of Manasseh,2 and said unto them, Ye have kept all that Moses the servant of Jehovah commanded you, and have hearkened to my voice in all that I commanded you.3 Ye have not left your brethren these many days unto this day, and ye have kept the charge of the commandment of Jehovah your God.4 And now Jehovah your God hath given rest to your brethren, as he said unto them; and now return, and get you unto your tents, unto the land of your possession, which Moses the servant of Jehovah gave you beyond the Jordan.5 Only, take great heed to do the commandment and the law, which Moses the servant of Jehovah commanded you, to love Jehovah your God, and to walk in all his ways, and to keep his commandments, and to cleave unto him, and to serve him with all your heart and with all your soul.6 And Joshua blessed them, and sent them away; and they went to their tents.7 And to half the tribe of Manasseh Moses had given {inheritance} in Bashan, and to the other half thereof had Joshua given among their brethren on this side the Jordan westward. And when Joshua sent them away to their tents, he blessed them also,8 and spoke to them, saying, Return unto your tents with much wealth and with very much cattle, with silver, and with gold, and with copper, and with iron, and with clothing, in very great quantity; divide the spoil of your enemies with your brethren.9 And the children of Reuben and the children of Gad and the half tribe of Manasseh returned, and departed from the children of Israel out of Shiloh, which is in the land of Canaan, to go to the country of Gilead, into the land of their possession, of which they had become possessed, according to the word of Jehovah through Moses.10 And they came to the districts of the Jordan that are in the land of Canaan; and the children of Reuben and the children of Gad and the half tribe of Manasseh built there an altar by the Jordan, an altar of grand appearance.11 And the children of Israel heard say, Behold, the children of Reuben and the children of Gad and the half tribe of Manasseh have built an altar over against the land of Canaan, in the districts of the Jordan, separately from the children of Israel.12 And when the children of Israel heard {of it}, the whole assembly of the children of Israel gathered together at Shiloh, to go up against them to war.13 And the children of Israel sent to the children of Reuben, and to the children of Gad, and to the half tribe of Manasseh, into the land of Gilead, Phinehas the son of Eleazar the priest,14 and with him ten princes, of each father's house a prince, out of all the tribes of Israel; and each of them was head of a father's house, of the thousands of Israel.15 And they came to the children of Reuben, and to the children of Gad, and to the half tribe of Manasseh, to the land of Gilead, and spoke with them, saying,16 Thus saith the whole assembly of Jehovah: What wickedness is this which ye have committed against the God of Israel, to turn away this day from following Jehovah, in that ye have built yourselves an altar, rebelling this day against Jehovah?17 Is the iniquity of Peor too little for us? from which we are not cleansed until this day, although there was a plague in the assembly of Jehovah.18 And ye turn away this day from following Jehovah; and it will be, that since ye rebel this day against Jehovah, to-morrow he will be wroth with the whole assembly of Israel.19 Notwithstanding, if the land of your possession is unclean, come over into the land of the possession of Jehovah, where Jehovah's tabernacle dwelleth, and take possession amongst us; but rebel not against Jehovah, and rebel not against us, in building for yourselves an altar besides the altar of Jehovah our God.20 Did not Achan the son of Zerah commit a trespass in the accursed thing? and wrath fell on all the assembly of Israel, and he perished not alone in his iniquity.21 And the children of Reuben and the children of Gad and the half tribe of Manasseh answered and said to the heads of the thousands of Israel,22 The *God of gods, Jehovah, the *God of gods, Jehovah, he knoweth, and Israel he shall know {it}; if it is in rebellion, or if in trespass against Jehovah, -save us not this day!23 -that we have built for ourselves an altar to turn from following Jehovah, and if it is to offer up burnt-offering and oblation on it, and if to offer peace-offerings thereon, let Jehovah himself require it {from us};24 and if we have not done it from fear of this thing, saying, In future your children will speak to our children, saying, What have ye to do with Jehovah the God of Israel?25 Jehovah hath made the Jordan a border between us and you, ye children of Reuben and children of Gad, ye have no portion in Jehovah! And so shall your children make our children cease from fearing Jehovah.26 And we said, Let us now set to work to build an altar, not for burnt-offering, nor for sacrifice,27 but to be a witness between us and you, and between our generations after us, that we might do service to Jehovah before him with our burnt-offerings, and with our sacrifices, and with our peace-offerings; that your children may not say to our children in future, Ye have no portion in Jehovah.28 And we said, If it shall be that in future they so say to us and to our generations, we will say, Behold the pattern of the altar of Jehovah which our fathers made, not for burnt-offering, nor for sacrifice, but as a witness between us and you.29 Far be it from us that we should rebel against Jehovah, and turn this day from following Jehovah, in building an altar for burnt-offering, for oblation, and for sacrifice, besides the altar of Jehovah our God that is before his tabernacle.30 And when Phinehas the priest and the princes of the assembly and the heads of the thousands of Israel that were with him heard the words that the children of Reuben and the children of Gad and the children of Manasseh spoke, it was good in their sight.31 And Phinehas the son of Eleazar the priest said unto the children of Reuben, and to the children of Gad, and to the children of Manasseh, This day we perceive that Jehovah is among us, because ye have not committed this trespass against Jehovah: now have ye delivered the children of Israel out of the hand of Jehovah.32 And Phinehas the son of Eleazar the priest, and the princes, returned from the children of Reuben, and from the children of Gad, out of the land of Gilead, to the land of Canaan, to the children of Israel, and brought them word again.33 And the thing was good in the sight of the children of Israel, and the children of Israel blessed God, and no more said that they would go up in warfare against them, to destroy the land in which the children of Reuben and the children of Gad dwelt.34 And the children of Reuben and the children of Gad gave a name to the altar; for it is a witness between us that Jehovah is God.
1 Toe het Josua die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse laat roep2 en aan hulle gesê: Julle het alles onderhou wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het, en julle het na my geluister in alles wat ek julle beveel het.3 Julle het jul broers nie in die steek gelaat nie -- dit is nou baie dae al tot vandag toe -- en het die ordening van die gebod van die HERE julle God onderhou.4 Maar nou het die HERE julle God jul broers rus gegee, soos Hy hulle beloof het; draai dan nou om en gaan na julle tente, na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van die HERE, julle oorkant die Jordaan gegee het.5 Neem net noukeurig in ag die onderhouding van die gebod en die wet wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het, om die HERE julle God lief te hê en in al sy weë te wandel en sy gebooie te onderhou en Hom aan te hang en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel.6 So het Josua hulle dan geseënen hulle laat gaan; en hulle het getrek na hul tente toe.7 Maar aan die een helfte van die stam van Manasse het Moses in Basan 'n erfdeel gegee, en aan die ander helfte daarvan het Josua 'n deel gegee saam met hulle broers, duskant die Jordaan in die weste. En toe Josua hulle laat gaan het na hul tente, het hy hulle ook geseën8 en met hulle gespreek en gesê: Gaan terug na julle tente met groot rykdomme en 'n menigte van vee, met silwer en goud en koper en yster en baie klere; deel die buit van julle vyande saam met julle broers.9 So het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse dan teruggegaan, en hulle het weggetrek van die kinders van Israel af, uit Silo wat in die land Kana„n lê, om te gaan na die land G¡lead, na die land van hulle besitting waarin hulle, op bevel van die HERE deur die diens van Moses, vaste besittings verkry het.10 Toe hulle kom by die klipkrale van die Jordaan, wat in die land Kana„n lê, het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse daar 'n altaar gebou by die Jordaan, 'n altaar groot van aansien.11 Maar toe die kinders van Israel hoor sê: Kyk, die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse het die altaar gebou teenoor die land Kana„n, by die klipkrale van die Jordaan, aan die kant van die kinders van Israel --12 toe die kinders van Israel dit hoor, het die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaargekom in Silo om op kommando teen hulle op te trek.13 En die kinders van Israel het Pinehas, die seun van Ele sar, die priester, na die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse, na die land G¡lead gestuur,14 en tien owerstes saam met hom, vir elke familie van al die stamme van Israel een owerste; en hulle was elkeen 'n familiehoof van die stamme van Israel.15 Toe hulle by die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse in die land G¡lead kom, het hulle met hulle gespreek en gesê:16 So sê die hele vergadering van die HERE: Wat is dit vir 'n troubreuk wat julle begaan teen die God van Israel, dat julle vandag van die HERE afvallig word deur vir julle 'n altaar te bou, deur vandag teen die HERE in opstand te kom?17 Is die ongeregtigheid in verband met Peor vir ons nog nie genoeg nie, waarvan ons tot vandag toe ons nie gereinig het nie -- toe die plaag oor die vergadering van die HERE gekom het?18 En julle wil vandag van die HERE afvallig word! As julle dan vandag in opstand kom teen die HERE, sal Hy môre toornig word op die hele vergadering van Israel.19 As die land van julle besitting egter onrein is, trek dan oor na die eie land van die HERE waar die tabernakel van die HERE gevestig is, en verkry onder ons vaste besittings; maar kom nie teen die HERE in opstand nie, en moenie teen ons opstandig wees deur vir julle 'n altaar te bou naas die altaar van die HERE onse God nie.20 Toe Agan, die seun van Serag, hom vergryp het aan die bangoed, het daar nie 'n toorn oor die hele vergadering van Israel gekom nie? En hy self het nie alleen weens sy ongeregtigheid omgekom nie.21 Daarop het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse geantwoord en aan die stamhoofde van Israel gesê:22 Die God van die gode, die HERE, die God van die gode, die HERE, Hy weet dit; en ook Israel mag dit weet: As dit deur opstandigheid of deur troubreuk teen die HERE is -- verlos ons nie vandag nie, HERE! --23 dat ons 'n altaar vir ons gebou het om van die HERE afvallig te word; en as dit is om daarop 'n brandoffer en spysoffer te bring of om daarop dankoffers te berei, dan mag die HERE self dit wreek.24 Maar waarlik, ons het dit uit 'n sekere besorgdheid gedoen en gesê: Later sou julle kinders met ons kinders kan spreek en sê: Wat het julle te doen met die HERE, die God van Israel?25 Die HERE het tog tussen ons en julle, kinders van Ruben en kinders van Gad, die Jordaan as grens gestel; julle het geen deel aan die HERE nie; so sal julle kinders dan maak dat ons kinders die HERE nie meer vrees nie.26 Daarom het ons gesê: Laat ons tog dit doen en vir ons die altaar bou, nie vir brandoffer en nie vir slagoffer nie,27 maar dat dit 'n getuie kan wees tussen ons en julle en ons geslagte n ons dat ons die diens van die HERE sal waarneem voor sy aangesig met ons brandoffers en ons slagoffers en ons dankoffers, sodat julle kinders later nie aan ons kinders kan sê: Julle het geen deel aan die HERE nie.28 En ons het gedink: As hulle dit later aan ons en ons geslagte sou sê, sal ons sê: Kyk na die boustyl van die altaar van die HERE wat ons vaders gemaak het, nie vir brandoffer en nie vir slagoffer nie, maar 'n getuie is hy tussen ons en julle.29 Dit is ver van ons dat ons opstandig sou word teen die HERE en vandag afvallig sou word van die HERE deur 'n altaar te bou vir brandoffer, spysoffer en slagoffer naas die altaar van die HERE onse God wat voor sy tabernakel staan.30 Toe P¡nehas, die priester, en die owerstes van die vergadering, die stamhoofde van Israel wat saam met hom was, die woorde hoor wat die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse gespreek het, was dit goed in hulle oë.31 Toe sê P¡nehas, die seun van Ele sar, die priester, aan die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse: Vandag weet ons dat die HERE in ons midde is, omdat julle hierdie troubreuk teen die HERE nie begaan het nie; nou het julle die kinders van Israel gered uit die hand van die HERE.32 Daarop het P¡nehas, die seun van Ele sar, die priester, en die ouerstes teruggekeer van die kinders van Ruben en die kinders van Gad, uit die land G¡lead na die land Kanaän, na die kinders van Israel, en hulle 'n antwoord gebring.33 En die antwoord was goed in die oë van die kinders van Israel, en die kinders van Israel het God geprys; en hulle het daar nie meer van gespreek om teen hulle op kommando te trek, om die land waarin die kinders van Ruben en die kinders van Gad gewoon het, te verwoes nie.34 En die kinders van Ruben en die kinders van Gad het die altaar genoem: Hy is getuie tussen ons dat die HERE God is.