1 And this is what the children of Israel inherited in the land of Canaan, which Eleazar the priest, and Joshua the son of Nun, and the chief fathers of the tribes of the children of Israel, allotted for inheritance to them:2 their inheritance was by lot, as Jehovah had commanded by Moses, for the nine tribes, and the half tribe.3 For Moses had given the inheritance of the two tribes and the half tribe beyond the Jordan, but to the Levites he had given no inheritance among them.4 For the children of Joseph were two tribes, Manasseh and Ephraim; and they gave no part to the Levites in the land, save cities to dwell in, and their suburbs for their cattle and for their substance.5 As Jehovah had commanded Moses, so the children of Israel did, and they divided the land.6 Then the children of Judah came near to Joshua in Gilgal, and Caleb the son of Jephunneh the Kenizzite said to him, Thou knowest the word that Jehovah spoke to Moses the man of God, concerning me and thee, in Kadesh-barnea.7 Forty years old was I when Moses the servant of Jehovah sent me from Kadesh-barnea to search out the land; and I brought him word again as it was in my heart.8 And my brethren that had gone up with me made the heart of the people melt; but I wholly followed Jehovah my God.9 And Moses swore on that day, saying, The land whereon thy feet have trodden shall assuredly be thine inheritance, and thy children's for ever! for thou hast wholly followed Jehovah my God.10 And now behold, Jehovah has kept me alive, as he said, these forty-five years, since Jehovah spoke this word to Moses, when Israel wandered in the wilderness; and now behold, I am this day eighty-five years old.11 I am still this day strong, as in the day that Moses sent me: as my strength was then, even so is my strength now, for war, both to go out and to come in.12 And now give me this mountain, of which Jehovah spoke in that day; for thou heardest in that day that Anakim are there, and great fortified cities. If so be Jehovah shall be with me, then I shall dispossess them, as Jehovah said.13 And Joshua blessed him, and gave Hebron to Caleb the son of Jephunneh for an inheritance.14 Hebron therefore became the inheritance of Caleb the son of Jephunneh the Kenizzite to this day, because he wholly followed Jehovah the God of Israel.15 Now the name of Hebron before was Kirjath-Arba; the great man among the Anakim. And the land rested from war.
1 En dit is wat die kinders van Israel as erfdeel in die land Kana„n ontvang het, wat Ele sar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde van die stamme van die kinders van Israel aan hulle as erfenis uitgedeel het2 deur verloting van hulle erfdeel, soos die HERE deur die diens van Moses beveel het, met betrekking tot die nege en 'n halwe stam.3 Want Moses het die erfdeel van die twee en 'n halwe stam oos van die Jordaan gegee, maar aan die Leviete het hy geen erfdeel onder hulle gegee nie.4 Want die kinders van Josef was twee stamme: Manasse en Efraim; maar aan die Leviete het hulle geen aandeel in die land gegee nie, behalwe stede om in te woon, met hulle weiveld vir hulle vee en hulle goed.5 Soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen en die land verdeel.6 Toe het die kinders van Juda nader gekom na Josua in Gilgal, en Kaleb, die seun van Jefunne, die Kenissiet, het vir hom gesê: U weet die woord wat die HERE met Moses, die man van God in Kades-Barn,a gespreek het met betrekking tot my en met betrekking tot u.7 Veertig jaar was ek oud toe Moses, die kneg van die HERE, my uitgestuur het van Kades-Barn,a af om die land te verken, en ek het hom berig gebring soos dit in my hart was;8 maar my broers wat saam met my opgetrek het, het die hart van die volk laat versmelt, terwyl ek volgehou het om die HERE my God te volg.9 En die dag het Moses gesweer en gesê: Waarlik, die land wat jou voet betree het, sal aan jou en aan jou kinders in ewigheid as 'n erfdeel behoort, omdat jy volgehou het om die HERE my God te volg.10 En nou, kyk, die HERE het my laat lewe, soos Hy gespreek het, nou al vyf en veertig jaar sedert die HERE hierdie woord met Moses gespreek het toe Israel in die woestyn getrek het; en kyk nou, ek is vandag vyf en tagtig jaar oud;11 ek is vandag nog so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het; soos my krag toe was, so is my krag nou nog, om te veg en om uit te gaan en in te gaan.12 Gee my dan nou hierdie bergland waarvan die HERE daardie dag gespreek het; want u self het die dag gehoor dat d r Enakiete is en groot versterkte stede; miskien sal die HERE met my wees, sodat ek hulle kan verdrywe, soos die HERE gespreek het.13 Toe het Josua hom geseënen aan Kaleb, die seun van Jefunne, Hebron as erfdeel gegee.14 Daarom het Hebron die erfdeel geword van Kaleb, die seun van Jefunne, die Kenissiet, tot vandag toe, omdat hy volgehou het om die HERE, die God van Israel, te volg.15 En die naam van Hebron was tevore stad van Arba; hy was die grootste man onder die Enakiete. En die land het gerus van oorlog.