1 Now Jericho was shut up and was barred, because of the children of Israel: none went out, and none came in.2 And Jehovah said to Joshua, See, I have given into thy hand Jericho, and the king thereof, {and} the valiant men.3 And ye shall go round the city, all the men of war, encompassing the city once. Thus shalt thou do six days.4 And seven priests shall carry before the ark seven blast-trumpets; and on the seventh day ye shall go round the city seven times, and the priests shall blow with the trumpets.5 And it shall come to pass when they make a long blast with the blast-horn, that all the people on hearing the sound of the trumpet shall shout with a great shout; and the wall of the city shall fall flat, and the people shall go up, each one straight before him.6 And Joshua the son of Nun called the priests, and said to them, Carry the ark of the covenant, and seven priests shall carry seven blast-trumpets before the ark of Jehovah.7 And he said to the people, Pass on, go round the city, and they that are armed shall pass on before the ark of Jehovah.8 And it came to pass when Joshua had spoken to the people, that the seven priests carrying the seven blast-trumpets before Jehovah passed on and blew with the trumpets; and the ark of the covenant of Jehovah went after them.9 And the armed men went before the priests who blew with the trumpets, and the rearguard came after the ark; they blew with the trumpets in marching.10 And Joshua had commanded the people, saying, Ye shall not shout, nor let your voice be heard, neither shall a word proceed out of your mouth, until the day I say to you, Shout; then shall ye shout.11 And the ark of Jehovah went round the city, encompassing {it} once; and they came into the camp, and lodged in the camp.12 And Joshua rose early in the morning, and the priests carried the ark of Jehovah.13 And the seven priests carrying the seven blast-trumpets before the ark of Jehovah went on and blew continually with the trumpets; and the armed men went before them, and the rearguard went after the ark of Jehovah; they blew with the trumpets in marching.14 And on the second day they went round the city once, and returned into the camp. So they did six days.15 And it was so that on the seventh day they rose early, about the morning-dawn, and went round the city after the same manner seven times; only on that day they went round the city seven times.16 And it came to pass the seventh time, when the priests blew with the trumpets, that Joshua said to the people, Shout; for Jehovah has given you the city.17 And the city shall be accursed, it and all that is in it, to Jehovah; only Rahab the harlot shall live, she and all that are with her in the house, because she hid the messengers that we sent.18 But in any wise keep from the accursed thing, lest ye make {yourselves} accursed in taking of the accursed thing, and make the camp of Israel a curse, and trouble it.19 And all the silver, and gold, and vessels of copper and iron, shall be holy to Jehovah; they shall come into the treasury of Jehovah.20 And the people shouted, and they blew with the trumpets. And it came to pass when the people heard the sound of the trumpets, and the people shouted with a great shout, that the wall fell down flat; and the people went up into the city, each one straight before him, and they took the city.21 And they utterly destroyed all that was in the city; both man and woman, young and old, and ox, and sheep, and ass, with the edge of the sword.22 And Joshua said to the two men that had spied out the country, Go into the harlot's house and bring out thence the woman, and all that she has, as ye swore unto her.23 And the young men, the spies, went in and brought out Rahab, and her father, and her mother, and her brethren, and all that she had: all her kindred did they bring out, and they left them outside the camp of Israel.24 And they burned the city with fire, and all that was therein; only the silver, and the gold, and the vessels of copper and of iron, they put into the treasury of the house of Jehovah.25 And Joshua saved alive Rahab the harlot, and her father's household, and all that she had, and she dwelt in the midst of Israel to this day; because she hid the messengers whom Joshua had sent to spy out Jericho.26 And Joshua swore at that time, saying, Cursed be the man before Jehovah who shall rise up and build this city Jericho! In his first-born shall he lay its foundation, and in his youngest son shall he set up its gates.27 And Jehovah was with Joshua; and his fame was in all the land.
1 Maar J,rigo het die poort gesluit en gesluit gebly vanweë die kinders van Israel; niemand het uit-- of ingegaan nie.2 Toe het die HERE vir Josua gesê: Kyk, Ek gee J,rigo met sy koning en dapper helde in jou hand.3 Julle moet dan om die stad trek, al die krygsmanne; trek die stad een maal om; so moet jy doen ses dae lank.4 En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die ark dra; maar op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omtrek; en die priesters moet op die horings blaas;5 en as hulle lang geluide op die ramshoring blaas, as julle die geluid van die horing hoor, moet die hele volk 'n groot krygsgeskreeu aanhef: dan sal die stadsmuur op sy plek inval; en die volk moet inklim, elkeen reg voor hom uit.6 Toe het Josua, die seun van Nun, die priesters geroep en aan hulle gesê: Neem die verbondsark op, en laat sewe priesters sewe ramshorings voor die ark van die HERE dra.7 En aan die volk het hy gesê: Trek op en gaan om die stad; maar die gewapendes moet voor die ark van die HERE optrek.8 En net toe Josua dit aan die volk gesê het, het die sewe priesters, die draers van die sewe ramshorings, opgetrek voor die aangesig van die HERE en geblaas op die horings, terwyl die verbondsark van die HERE agter hulle aan gaan.9 Die gewapendes het ook voor die priesters getrek wat op die horings geblaas het, terwyl die agterhoede agter die ark aan gaan en daar gedurig op die horings geblaas word.10 En Josua het aan die volk bevel gegee en gesê: Julle mag nie skreeu of julle stem laat hoor nie, en geen woord mag uit julle mond uitgaan nie tot op die dag dat ek vir julle sê: Skreeu! dan moet julle skreeu.11 Toe het die ark van die HERE om die stad getrek, een keer rondom; daarna het hulle in die laer gekom en in die laer die nag oorgebly.12 En Josua het die môre vroeg klaargemaak, en die priesters het die ark van die HERE gedra;13 en die sewe priesters wat die sewe ramshorings gedra het, het voor die ark van die HERE gedurig geloop en blaas op die horings, terwyl die gewapendes voor hulle loop; en die agterhoede het agter die ark van die HERE aan gegaan, terwyl gedurig op die horings geblaas word.14 So het hulle dan op die tweede dag die stad een keer omgetrek; daarna het hulle in die laer teruggekom. So het hulle ses dae lank gedoen.15 Maar op die sewende dag het hulle vroeg klaargemaak toe die rooidag uitkom, en die stad op dieselfde manier sewe maal omgetrek; net maar die dag het hulle die stad sewe maal omgetrek.16 En toe die priesters die sewende keer op die horings blaas, sê Josua vir die volk: Skreeu! want die HERE gee die stad aan julle oor.17 Maar die stad met al wat daarin is, moet 'n banoffer aan die HERE wees; net Ragab, die hoer, mag lewe, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat deur ons gestuur was, weggesteek het.18 Maar neem julle net in ag vir die ban, dat julle nie, terwyl julle met die banvloek tref, tog van die bangoed neem en die laer van Israel onder die ban bring en dit in die ongeluk stort nie.19 Maar al die silwer en goud en die koper-- en ystervoorwerpe is heilig aan die HERE: dit moet by die skat van die HERE kom.20 Toe skreeu die volk, en hulle het op die horings geblaas; en toe die volk die geluid van die horing hoor, het die volk 'n groot krygsgeskreeu aangehef; en die muur het op sy plek ingeval, en die volk het in die stad geklim, elkeen reg voor hom uit, en hulle het die stad ingeneem.21 En alles wat in die stad was, het hulle deur die skerpte van die swaard met die banvloek getref, man sowel as vrou, jonk sowel as oud, tot bees, skaap en esel toe.22 En aan die twee manne wat die land verken het, het Josua gesê: Gaan in die huis van die hoer, en bring die vrou en almal wat aan haar behoort, daaruit, soos julle vir haar gesweer het.23 Die jongmanne, die spioene, het toe ingegaan en Ragab met haar vader en haar moeder en haar broers en almal wat aan haar behoort het uitgebring -- al haar familiebetrekkinge het hulle uitgebring en hulle buitekant die laer van Israel laat bly.24 En die stad met alles wat daarin was, het hulle met vuur verbrand; net die silwer en die goud en die koper-- en ystervoorwerpe het hulle by die skat van die huis van die HERE gevoeg.25 Maar Josua het Ragab, die hoer, laat lewe en haar familie en almal wat aan haar behoort het; sodat sy onder Israel gewoon het tot vandag toe, omdat sy die boodskappers weggesteek het wat Josua gestuur het om J,rigo te verken.26 In die tyd het Josua hulle laat sweer met die woorde: Vervloek is die man voor die aangesig van die HERE wat sal opstaan om hierdie stad J,rigo op te bou: ten koste van sy eersgeborene sal hy sy fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy sy poorte insit.27 En die HERE was met Josua, en die gerug van hom het deur die hele land gegaan.