1 And Jehovah said to Joshua, Fear not, neither be dismayed. Take with thee all the people of war, and arise, go up to Ai. See, I have given into thy hand the king of Ai, and his people, and his city, and his land.2 And thou shalt do to Ai and to its king as thou didst to Jericho and to its king; only, the spoil thereof and the cattle thereof shall ye take as prey for yourselves. Set an ambush against the city behind it.3 And Joshua arose, and all the people of war, to go up to Ai. And Joshua chose thirty thousand valiant men, and sent them away by night.4 And he commanded them, saying, See, ye shall be in ambush against the city, behind the city: go not very far from the city, and be all of you ready.5 And I and all the people that are with me will approach to the city; and it shall come to pass when they come out against us, as at the first, that we will flee before them.6 And they will come out after us till we have drawn them from the city; for they will say, They flee before us, as at the first; and we will flee before them.7 And ye shall rise up from the ambush and take possession of the city; and Jehovah your God will deliver it into your hand.8 And it shall be when ye have taken the city, that ye shall set the city on fire; according to the word of Jehovah shall ye do. See, I have commanded you.9 And Joshua sent them forth; and they went to lie in ambush, and abode between Bethel and Ai, on the west of Ai. And Joshua lodged that night among the people.10 And Joshua rose early in the morning, and inspected the people, and went up, he and the elders of Israel, before the people to Ai.11 And all the people of war that were with him went up, and drew near, and came before the city; and they encamped on the north of Ai; and the valley was between them and Ai.12 Now he had taken about five thousand men, and set them in ambush between Bethel and Ai, on the west of the city.13 And when they had set the people, the whole camp on the north of the city, and their ambush on the west of the city, Joshua went that night into the midst of the valley.14 And it came to pass when the king of Ai saw it, that the men of the city hasted and rose early, and went out against Israel to battle, he and all his people, at the appointed place before the plain. But he knew not that there was an ambush against him behind the city.15 And Joshua and all Israel let themselves be beaten before them; and they fled by the way of the wilderness.16 And all the people that were in the city were called together to pursue after them; and they pursued after Joshua, and were drawn away from the city.17 And not a man remained in Ai and Bethel that went not out after Israel; and they left the city open, and pursued after Israel.18 And Jehovah said to Joshua, Stretch out the javelin that is in thy hand toward Ai; for I will give it into thy hand. And Joshua stretched out the javelin that he had in his hand toward the city.19 And the ambush arose quickly from their place, and they ran when he stretched out his hand, and came into the city, and took it, and hasted and set the city on fire.20 And the men of Ai turned and saw, and behold, the smoke of the city went up to heaven, and they had no power to flee this way or that way; and the people that fled to the wilderness turned upon the pursuers.21 When Joshua and all Israel saw that the ambush had taken the city, and that the smoke of the city went up, they turned again, and slew the men of Ai.22 And the others went out of the city against them; so they were in the midst of Israel, some on this side, and some on that side; and they smote them, until they let none of them escape or flee away.23 And the king of Ai they took alive, and brought him to Joshua.24 And it came to pass when Israel had ended slaying all the inhabitants of Ai in the field, in the wilderness wherein they had chased them, and they had all fallen by the edge of the sword, until they were consumed, that all Israel returned to Ai, and smote it with the edge of the sword.25 And so it was, that all who fell that day, men as well as women, were twelve thousand, all the people of Ai.26 And Joshua did not draw back his hand, which he had stretched out with the javelin, until they had utterly destroyed all the inhabitants of Ai.27 Only, the cattle and the spoil of the city Israel took as prey to themselves, according to the word of Jehovah which he had commanded Joshua.28 And Joshua burned Ai, and made it an everlasting heap of desolation to this day.29 And the king of Ai he hanged on a tree until the evening; and at the going down of the sun Joshua commanded, and they took his carcase down from the tree, and threw it down at the entrance of the gate of the city, and raised upon it a great heap of stones, {which remains} to this day.30 Then Joshua built an altar to Jehovah the God of Israel, in mount Ebal,31 as Moses the servant of Jehovah had commanded the children of Israel, as it is written in the book of the law of Moses, an altar of whole stones, over which iron had not been lifted up. And they offered up burnt-offerings on it to Jehovah, and sacrificed peace-offerings.32 And he wrote there on the stones a copy of the law of Moses, which he had written before the children of Israel.33 And all Israel, and their elders, and their officers and judges, stood on this side and on that side of the ark before the priests the Levites, who bore the ark of the covenant of Jehovah, as well the stranger as the home-born {Israelite}; half of them toward mount Gerizim, and the other half of them toward mount Ebal; as Moses the servant of Jehovah had commanded, that they should bless the people of Israel, in the beginning.34 And afterwards he read all the words of the law, the blessing and the curse, according to all that is written in the book of the law.35 There was not a word of all that Moses had commanded which Joshua read not before the whole congregation of Israel, and the women, and the children, and the strangers that lived among them.
1 Daarop sê die HERE vir Josua: Wees nie bevrees of verskrik nie; neem al die weerbare manskappe met jou saam en maak jou klaar, trek op na Ai; kyk, Ek gee die koning van Ai en sy volk en sy stad en sy land in jou hand.2 En jy moet met Ai en sy koning doen soos jy met J,rigo en sy koning gedoen het; net sy buit en sy vee mag julle vir julself buitmaak. Stel vir jou 'n hinderlaag op teen die stad, aan die agterkant.3 Toe het Josua hom gereedgemaak met al die weerbare manskappe om op te trek na Ai, en Josua het dertig duisend man, dapper helde, uitgesoek en hulle in die nag uitgestuur4 en aan hulle bevel gegee en gesê: Kyk, julle moet teen die stad 'n hinderlaag opstel, aan die agterkant van die stad; moenie te ver van die stad af weggaan nie, en hou julle almal gereed;5 en ek met al die manskappe wat by my is, ons sal na die stad toe aankom; as hulle dan 'n uitval maak om ons te ontmoet, soos die vorige keer, sal ons voor hulle uit vlug;6 en hulle sal uittrek agter ons aan totdat ons hulle van die stad afgesny het -- want hulle sal dink: Hulle vlug voor ons uit soos die vorige keer -- en ons sal voor hulle uit vlug.7 Dan moet julle uit die hinderlaag opstaan en die stad inneem; want die HERE julle God sal dit in julle hand gee.8 En as julle die stad verower het, moet julle die stad aan die brand steek, na die woord van die HERE moet julle handel; kyk, ek gee julle bevel.9 So het Josua hulle dan uitgestuur, en hulle het getrek na die hinderlaag en gebly tussen Bet-el en Ai, aan die westekant van Ai; maar Josua het die nag onder die manskappe deurgebring.10 Die môre vroeg het Josua hom klaargemaak en die manskappe gemonster en opgetrek met die oudstes van Israel, op die voorpunt van die manskappe, na Ai toe.11 En al die weerbare manskappe wat by hom was, het opgetrek en nader gegaan en teenoor die stad gekom, en hulle het laer opgeslaan aan die noordekant van Ai, sodat die dal tussen hulle en Ai was.12 So het hy dan omtrent vyf duisend man geneem en hulle in 'n hinderlaag opgestel tussen Bet-el en Ai, aan die westekant van die stad.13 En hulle het die manskappe opgestel, die hele leër wat noordelik van die stad was, met sy agterhoede aan die westekant van die stad, maar Josua het dieselfde nag die laagte ingetrek.14 En toe die koning van Ai dit merk, het die manne van die stad hulle in die vroegte gou klaargemaak en uitgetrek om Israel in die geveg te ontmoet, hy en al sy manskappe, op 'n afgesproke plek voor die vlakte; maar hy het nie geweet dat daar vir hom agter die stad 'n hinderlaag lê nie.15 en Josua en die hele Israel het hul laat verslaan voor hulle en gevlug in die rigting van die woestyn.16 Al die manskappe in die stad is toe opgeroep om hulle agterna te jaag; en terwyl hulle Josua agtervolg, is hulle van die stad afgesny,17 sodat niemand in Ai en Bet-el oorgebly het wat nie agter Israel aan uitgetrek het nie; en hulle het die stad oop laat staan en Israel agternagejaag.18 En die HERE het vir Josua gesê: Steek die spies wat in jou hand is, na Ai toe uit, want Ek wil dit in jou hand gee. Daarop steek Josua die spies wat in sy hand was, na die stad uit.19 En die hinderlaag het gou van sy plek af opgestaan en gestorm net toe hy sy hand uitgesteek het, en hulle het in die stad ingekom en dit ingeneem en die stad gou aan die brand gesteek.20 Toe die manne van Ai agter hulle omkyk, sien hulle hoe die rook van die stad na die hemel optrek; maar hulle het geen kans gehad om hierheen of daarheen te vlug nie, want die manskappe wat op die vlug was na die woestyn, het omgedraai teen die vervolgers.21 Toe Josua en die hele Israel sien dat die hinderlaag die stad inneem en dat die rook van die stad opstyg, het hulle omgedraai en die manne van Ai aangeval.22 Daarop trek die uit die stad hulle tegemoet, sodat hulle tussen Israel in geraak het, 'n deel duskant en 'n deel anderkant; en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle oor was wat vrygeraak of ontvlug het nie.23 Maar hulle het die koning van Ai lewendig gevang en hom na Josua gebring.24 En nadat Israel al die inwoners van Ai in die veld, in die woestyn waar hulle hul agtervolg het, geheel en al van kant gemaak het, en hulle almal tot die laaste een toe deur die skerpte van die swaard geval het, het die hele Israel teruggekom na Ai en dit met die skerpte van die swaard verslaan.25 Al die gesneuweldes op die dag, manne sowel as vroue, was twaalf duisend -- al die mense van Ai.26 En Josua het sy hand met die uitgestrekte spies nie teruggetrek voordat hy al die inwoners van Ai met die banvloek getref het nie.27 Net die vee en die buit van daardie stad het die Israeliete vir hulle buitgemaak, volgens die woord van die HERE wat Hy Josua beveel het.28 Toe het Josua Ai verbrand en daarvan 'n puinhoop gemaak vir ewig, 'n wildernis tot vandag toe.29 En die koning van Ai het hy aan 'n paal opgehang tot die aand toe; maar teen sonsondergang het Josua bevel gegee, en hulle het sy lyk van die paal afgehaal en dit by die ingang van die stadspoort gegooi en 'n groot hoop klippe op hom gestapel wat vandag nog daar is.30 Toe het Josua 'n altaar gebou vir die HERE, die God van Israel, op die berg Ebal,31 soos Moses, die kneg van die HERE, die kinders van Israel beveel het, soos geskrywe staan in die wetboek van Moses: 'n Altaar van ongekapte klippe waaroor geen yster geswaai is nie; en d rop het hulle aan die HERE brandoffers gebring en dankoffers geslag.32 En daar het hy 'n afskrif van die wet van Moses op die klippe geskrywe, wat hy geskrywe het voor die oë van die kinders van Israel,33 terwyl die hele Israel met sy oudstes en die opsigters en sy regters aan weerskante van die ark staan -- teenoor die Levitiese priesters, die draers van die verbondsark van die HERE -- die vreemdeling sowel as die kind van die land: die een helfte daarvan teen die berg Ger¡sim en die ander helfte daarvan teen die berg Ebal, soos Moses, die kneg van die HERE, tevore bevel gegee het om die volk van Israel te seën.34 En daarna het hy al die woorde van die wet voorgelees, die seën en die vloek, net soos dit geskrywe staan in die wetboek.35 Daar was geen woord van alles wat Moses beveel het, wat Josua nie voorgelees het voor die hele vergadering van Israel, met die vroue en die kinders en die vreemdeling wat onder hulle saamgetrek het nie.