1 And Joshua rose early in the morning; and they removed from Shittim, and came to the Jordan, he and all the children of Israel, and lodged there before they passed over.2 And it came to pass at the end of three days, that the officers went through the camp;3 and they commanded the people, saying, When ye see the ark of the covenant of Jehovah your God, and the priests the Levites bearing it, then remove from your place, and go after it;4 yet there shall be a distance between you and it, about two thousand cubits by measure. Ye shall not come near it, that ye may know the way by which ye must go; for ye have not passed this way heretofore.5 And Joshua said to the people, Hallow yourselves; for to-morrow Jehovah will do wonders in your midst.6 And Joshua spoke to the priests, saying, Take up the ark of the covenant, and go over before the people. And they took up the ark of the covenant, and went before the people.7 And Jehovah said to Joshua, This day will I begin to magnify thee in the sight of all Israel, that they may know that as I was with Moses, so will I be with thee.8 And thou shalt command the priests who bear the ark of the covenant, saying, When ye come to the edge of the waters of the Jordan, stand still in the Jordan.9 And Joshua said to the children of Israel, Come hither, and hear the words of Jehovah your God.10 And Joshua said, Hereby shall ye know that the living *God is in your midst, and {that} he will without fail dispossess from before you the Canaanites, and the Hittites, and the Hivites, and the Perizzites, and the Girgashites, and the Amorites, and the Jebusites.11 Behold, the ark of the covenant of the Lord of all the earth is going over before you into the Jordan.12 And now take you twelve men out of the tribes of Israel, one man for each tribe.13 And it shall come to pass, when the soles of the feet of the priests who bear the ark of Jehovah, the Lord of all the earth, rest in the waters of the Jordan, the waters of the Jordan, the waters flowing down from above, shall be cut off, and shall stand up in a heap.14 And it came to pass when the people removed from their tents, to pass over the Jordan, that the priests bearing the ark of the covenant were before the people;15 and when they that bore the ark were come to the Jordan, and the feet of the priests who bore the ark dipped in the edge of the water (and the Jordan is full over all its banks throughout the days of harvest),16 the waters which flowed down from above stood {and} rose up in a heap, very far, by Adam, the city that is beside Zaretan; and those that flowed down towards the sea of the plain, the salt sea, were completely cut off. And the people went over opposite to Jericho.17 And the priests who bore the ark of the covenant of Jehovah stood firm on dry ground in the midst of the Jordan. And all Israel went over on dry ground, until all the nation had completely gone over the Jordan.
1 Daarop het Josua die môre vroeg klaargemaak, en hy met al die kinders van Israel het van Sittim af weggetrek en by die Jordaan aangekom en daar die nag oorgebly voordat hulle deurgetrek het.2 En aan die einde van drie dae het die opsigters die laer deurgegaan3 en aan die volk bevel gegee en gesê: Net soos julle die verbondsark van die HERE julle God sien en die Levitiese priesters wat hom dra, moet julle van jul staanplek af opbreek en agter hom aan trek.4 Maar laat daar 'n afstand van omtrent twee duisend el tussen julle en hom wees; kom nie naby hom nie; sodat julle die pad kan weet waar julle langs moet trek; want gister en eergister het julle nie met die pad getrek nie.5 Verder het Josua aan die volk gesê: Heilig julle; want môre sal die HERE wonders onder julle doen.6 En Josua het met die priesters gespreek en gesê: Neem die verbondsark op en trek weg voor die volk uit; toe het hulle die verbondsark opgeneem en voor die volk uit getrek.7 Daarop sê die HERE vir Josua: Vandag sal Ek begin om jou groot te maak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle kan weet dat Ek met jou sal wees soos Ek met Moses gewees het.8 Gee jy dan bevel aan die priesters wat die verbondsark dra, en sê: Net soos julle aan die kant van die water van die Jordaan kom, moet julle in die Jordaan bly staan.9 Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Kom nader hierheen en luister na die woorde van die HERE julle God.10 Verder het Josua gesê: Hieraan sal julle erken dat daar 'n lewende God tussen julle is, en dat Hy sekerlik die Kana„niete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdrywe:11 Kyk, die verbondsark van die HERE van die hele aarde trek voor julle uit die Jordaan in.12 Neem dan nou vir julle twaalf manne uit die stamme van Israel, een man uit elke stam;13 en net soos die voetsole van die priesters wat die ark van die HERE, die Here van die hele aarde, dra, in die water van die Jordaan rus, sal die water van die Jordaan afgekeer word -- die water wat van die bokant afkom, en dit sal soos een wal bly staan.14 En toe die volk wegtrek uit hulle tente om deur die Jordaan te gaan, met die priesters wat die verbondsark dra, op die voorpunt van die volk,15 en net toe die draers van die ark by die Jordaan kom en die priesters wat die ark dra, hulle voete aan die kant van die water insteek, terwyl die Jordaan vol was op al sy walle al die dae van die oes,16 bly die water staan wat van die bokant afkom: dit het opgerys soos een wal, baie ver weg by die stad Adam wat langs Sartan lê; en die wat afstroom na die See van die Vlakte, die Soutsee, het heeltemal verdwyn; toe het die volk deurgetrek, teenoor J,rigo.17 Maar die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, het onbeweeglik bly staan op droë grond binne-in die Jordaan, terwyl die hele Israel op droë grond deurtrek, totdat die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het.