1 For I would not have you ignorant, brethren, that all our fathers were under the cloud, and all passed through the sea;2 and all were baptised unto Moses in the cloud and in the sea;3 and all ate the same spiritual food,4 and all drank the same spiritual drink, for they drank of a spiritual rock which followed {them}: (now the rock was the Christ;)5 yet God was not pleased with the most of them, for they were strewed in the desert.6 But these things happened {as} types of us, that we should not be lusters after evil things, as they also lusted.7 Neither be ye idolaters, as some of them; as it is written, The people sat down to eat and to drink, and rose up to play.8 Neither let us commit fornication, as some of them committed fornication, and fell in one day three and twenty thousand.9 Neither let us tempt the Christ, as some of them tempted, and perished by serpents.10 Neither murmur ye, as some of them murmured, and perished by the destroyer.11 Now all these things happened to them {as} types, and have been written for our admonition, upon whom the ends of the ages are come.12 So that let him that thinks that he stands take heed lest he fall.13 No temptation has taken you but such as is according to man's nature; and God is faithful, who will not suffer you to be tempted above what ye are able {to bear}, but will with the temptation make the issue also, so that {ye} should be able to bear {it}.14 Wherefore, my beloved, flee from idolatry.15 I speak as to intelligent {persons}: do *ye* judge what I say.16 The cup of blessing which we bless, is it not {the} communion of the blood of the Christ? The bread which we break, is it not {the} communion of the body of the Christ?17 Because we, {being} many, are one loaf, one body; for we all partake of that one loaf.18 See Israel according to flesh: are not they who eat the sacrifices in communion with the altar?19 What then do I say? that what is sacrificed to an idol is anything, or that an idol is anything?20 But that what {the nations} sacrifice they sacrifice to demons, and not to God. Now I do not wish you to be in communion with demons.21 Ye cannot drink {the} Lord's cup, and {the} cup of demons: ye cannot partake of {the} Lord's table, and of {the} table of demons.22 Do we provoke the Lord to jealousy? are we stronger than he?23 All things are lawful, but all are not profitable; all things are lawful, but all do not edify.24 Let no one seek his own {advantage}, but that of the other.25 Everything sold in the shambles eat, making no inquiry for conscience sake.26 For the earth {is} the Lord's and its fulness.27 But if any one of the unbelievers invite you, and ye are minded to go, all that is set before you eat, making no inquiry for conscience sake.28 But if any one say to you, This is offered to holy purposes, do not eat, for his sake that pointed it out, and conscience sake;29 but conscience, I mean, not thine own, but that of the other: for why is my liberty judged by another conscience?30 If *I* partake with thanksgiving, why am I spoken evil of for what *I* give thanks for?31 Whether therefore ye eat, or drink, or whatever ye do, do all things to God's glory.32 Give no occasion to stumbling, whether to Jews, or Greeks, or the assembly of God.33 Even as *I* also please all in all things; not seeking my own profit, but that of the many, that they may be saved.
1 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het,2 en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see,3 en almal dieselfde geestelike spys geëet het,4 en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.5 Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn.6 En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.7 En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel.8 En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval.9 En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom.10 En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom.11 Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as 'n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.12 Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.14 Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens.15 Ek spreek soos met verstandige mense; oordeel self wat ek sê:16 die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?17 Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.18 Let op Israel na die vlees: het die wat die offers eet, nie gemeenskap met die altaar nie?19 Wat sê ek dan? Dat 'n afgod iets is, of dat 'n afgodsoffer iets is?20 Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie.21 Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.22 Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy?23 Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.24 Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van 'n ander.25 Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.26 Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.27 En as een van die ongelowiges julle nooi en julle is gewillig om te gaan, eet dan alles wat julle voorgesit word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.28 Maar as iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer -- moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete -- want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan --29 ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van die ander; want waarom word my vryheid geoordeel deur 'n ander se gewete?30 En as ek iets met danksegging geniet, waarom word ek belaster oor iets waarvoor ek dank?31 Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.32 Wees geen oorsaak van struikeling vir Jode of Grieke of vir die gemeente van God nie;33 net soos ek almal in alles behaag en nie my eie voordeel soek nie, maar die van baie, sodat hulle gered kan word.