Publicidade

1 Coríntios 15

1 But I make known to you, brethren, the glad tidings which I announced to you, which also ye received, in which also ye stand,2 by which also ye are saved, (if ye hold fast the word which I announced to you as the glad tidings,) unless indeed ye have believed in vain.3 For I delivered to you, in the first place, what also I had received, that Christ died for our sins, according to the scriptures;4 and that he was buried; and that he was raised the third day, according to the scriptures;5 and that he appeared to Cephas, then to the twelve.6 Then he appeared to above five hundred brethren at once, of whom the most remain until now, but some also have fallen asleep.7 Then he appeared to James; then to all the apostles;8 and last of all, as to an abortion, he appeared to *me* also.9 For *I* am the least of the apostles, who am not fit to be called apostle, because I have persecuted the assembly of God.10 But by God's grace I am what I am; and his grace, which {was} towards me, has not been vain; but I have laboured more abundantly than they all, but not *I*, but the grace of God which {was} with me.11 Whether, therefore, I or they, thus we preach, and thus ye have believed.12 Now if Christ is preached that he is raised from among {the} dead, how say some among you that there is not a resurrection of {those that are} dead?13 But if there is not a resurrection of {those that are} dead, neither is Christ raised:14 but if Christ is not raised, then, indeed, vain also {is} our preaching, and vain also your faith.15 And we are found also false witnesses of God; for we have witnessed concerning God that he raised the Christ, whom he has not raised if indeed {those that are} dead are not raised.16 For if {those that are} dead are not raised, neither is Christ raised;17 but if Christ be not raised, your faith {is} vain; ye are yet in your sins.18 Then indeed also those who have fallen asleep in Christ have perished.19 If in this life only we have hope in Christ, we are {the} most miserable of all men.20 (But now Christ is raised from among {the} dead, first-fruits of those fallen asleep.21 For since by man {came} death, by man also resurrection of {those that are} dead.22 For as in the Adam all die, thus also in the Christ all shall be made alive.23 But each in his own rank: {the} first-fruits, Christ; then those that are the Christ's at his coming.24 Then the end, when he gives up the kingdom to him {who is} God and Father; when he shall have annulled all rule and all authority and power.25 For he must reign until he put all enemies under his feet.26 {The} last enemy {that} is annulled {is} death.27 For he has put all things in subjection under his feet. But when he says that all things are put in subjection, {it is} evident that {it is} except him who put all things in subjection to him.28 But when all things shall have been brought into subjection to him, then the Son also himself shall be placed in subjection to him who put all things in subjection to him, that God may be all in all.)29 Since what shall the baptised for the dead do if {those that are} dead rise not at all? why also are they baptised for them?30 Why do *we* also endanger ourselves every hour?31 Daily I die, by your boasting which I have in Christ Jesus our Lord.32 If, {to speak} after the manner of man, I have fought with beasts in Ephesus, what is the profit to me if {those that are} dead do not rise? let us eat and drink; for to-morrow we die.33 Be not deceived: evil communications corrupt good manners.34 Awake up righteously, and sin not; for some are ignorant of God: I speak to you as a matter of shame.35 But some one will say, How are the dead raised? and with what body do they come?36 Fool; what *thou* sowest is not quickened unless it die.37 And what thou sowest, thou sowest not the body that shall be, but a bare grain: it may be of wheat, or some one of the rest:38 and God gives to it a body as he has pleased, and to each of the seeds its own body.39 Every flesh {is} not the same flesh, but one {is} of men, and another flesh of beasts, and another {flesh} of birds, and another of fishes.40 And {there are} heavenly bodies, and earthly bodies: but different is the glory of the heavenly, different that of the earthly:41 one {the} sun's glory, and another {the} moon's glory, and another {the} stars' glory; for star differs from star in glory.42 Thus also {is} the resurrection of the dead. It is sown in corruption, it is raised in incorruptibility.43 It is sown in dishonour, it is raised in glory. It is sown in weakness, it is raised in power.44 It is sown a natural body, it is raised a spiritual body: if there is a natural body, there is also a spiritual {one}.45 Thus also it is written, The first man Adam became a living soul; the last Adam a quickening spirit.46 But that which is spiritual {was} not first, but that which is natural, then that which is spiritual:47 the first man out of {the} earth, made of dust; the second man, out of heaven.48 Such as he made of dust, such also those made of dust; and such as the heavenly {one}, such also the heavenly {ones}.49 And as we have borne the image of the {one} made of dust, we shall bear also the image of the heavenly {one}.50 But this I say, brethren, that flesh and blood cannot inherit God's kingdom, nor does corruption inherit incorruptibility.51 Behold, I tell you a mystery: We shall not all fall asleep, but we shall all be changed,52 in an instant, in {the} twinkling of an eye, at the last trumpet; for the trumpet shall sound, and the dead shall be raised incorruptible, and *we* shall be changed.53 For this corruptible must needs put on incorruptibility, and this mortal put on immortality.54 But when this corruptible shall have put on incorruptibility, and this mortal shall have put on immortality, then shall come to pass the word written: Death has been swallowed up in victory.55 Where, O death, {is} thy sting? where, O death, thy victory?56 Now the sting of death {is} sin, and the power of sin the law;57 but thanks to God, who gives us the victory by our Lord Jesus Christ.58 So then, my beloved brethren, be firm, immovable, abounding always in the work of the Lord, knowing that your toil is not in vain in {the} Lord.

1 Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan,2 waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.3 Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;4 en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;5 en dat Hy aan C,fas verskyn het; daarna aan die twaalf.6 Daarna het Hy verskyn aan oor die vyf honderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het.7 Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels;8 en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene.9 Want ek is die geringste van die apostels, wat nie werd is om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die gemeente van God vervolg het.10 Maar deur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tevergeefs nie; maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is.11 Of dit nou ek of hulle is, so preek ons en so het julle geglo.12 As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie?13 As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.14 En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof;15 en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie.16 Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie;17 en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes;18 dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.19 As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.20 Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.21 Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens.22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.29 Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?30 Waarom is ons ook elke uur in gevaar?31 Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.32 As ek in fese op menslike wyse met wilde diere geveg het, watter voordeel was dit vir my? As die dode nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons!33 Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.34 Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.35 Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?36 Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.37 En wat jy saai -- jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar 'n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders.38 Maar God gee dit 'n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.39 Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en die van visse anders as die van voëls.40 En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as die van die aardse.41 Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.42 So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;43 daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.44 'n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Daar is 'n natuurlike liggaam, en daar is 'n geestelike liggaam.45 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het 'n lewende siel geword; die laaste Adam 'n lewendmakende Gees.46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.51 Kyk, ek deel julle 'n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,52 in 'n oomblik, in 'n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.55 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?56 Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.57 Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.58 Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

Veja também

Publicidade
1 Coríntios
Ver todos os capítulos de 1 Coríntios
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-