Publicidade

Mateus 26

1 And it came to pass when Jesus had finished all these sayings, he said to his disciples,6 But Jesus being in Bethany, in Simon the leper's house,14 Then one of the twelve, he who was called Judas Iscariote, went to the chief priests17 Now on the first {day} of {the feast of} unleavened bread, the disciples came to Jesus, saying, Where wilt thou that we prepare for thee to eat the passover?26 And as they were eating, Jesus, having taken {the} bread and blessed, broke {it} and gave {it} to the disciples, and said, Take, eat: this is my body.30 And having sung a hymn, they went out to the mount of Olives.31 Then saith Jesus to them, All *ye* shall be offended in me during this night. For it is written, I will smite the shepherd, and the sheep of the flock shall be scattered abroad.32 But after that I shall be risen, I will go before you to Galilee.33 And Peter answering said to him, If all shall be offended in thee, *I* will never be offended.34 Jesus said to him, Verily I say to thee, that during this night, before {the} cock shall crow, thou shalt deny me thrice.35 Peter says to him, If I should needs die with thee, I will in no wise deny thee. Likewise said all the disciples also.36 Then Jesus comes with them to a place called Gethsemane, and says to the disciples, Sit here until I go away and pray yonder.37 And taking with {him} Peter and the two sons of Zebedee, he began to be sorrowful and deeply depressed.38 Then he says to them, My soul is very sorrowful even unto death; remain here and watch with me. () Then saith he unto them, My soul is exceeding sorrowful, even unto death: tarry ye here, and watch with me.39 And going forward a little he fell upon his face, praying and saying, My Father, if it be possible let this cup pass from me; but not as *I* will, but as *thou* {wilt}.40 And he comes to the disciples and finds them sleeping, and says to Peter, Thus ye have not been able to watch one hour with me?41 Watch and pray, that ye enter not into temptation: the spirit indeed {is} ready, but the flesh weak.42 Again going away a second time he prayed saying, My Father, if this cannot pass {from me} unless I drink it, thy will be done.43 And coming he found them again sleeping, for their eyes were heavy.44 And leaving them, he went away again and prayed the third time, saying the same thing.45 Then he comes to the disciples and says to them, Sleep on now and take your rest; behold, the hour has drawn nigh, and the Son of man is delivered up into the hands of sinners.46 Arise, let us go; behold, he that delivers me up has drawn nigh.47 And while he was yet speaking, behold, Judas, one of the twelve, came, and with him a great crowd with swords and sticks from the chief priests and elders of the people.48 Now he that delivered him up had given them a sign, saying, Whomsoever I shall kiss, he it is: seize him.49 And immediately coming up to Jesus he said, Hail, Rabbi, and covered him with kisses.50 But Jesus said to him, {My} friend, for what purpose art thou come? Then coming up they laid hands upon Jesus and seized him.51 And behold, one of those with Jesus stretched out his hand and drew his sword, and smiting the bondman of the high priest took off his ear.52 Then saith Jesus to him, Return thy sword to its place; for all who take the sword shall perish by the sword.53 Or thinkest thou that I cannot now call upon my Father, and he will furnish me more than twelve legions of angels?54 How then should the scriptures be fulfilled that thus it must be?55 In that hour Jesus said to the crowds, Are ye come out as against a robber with swords and sticks to take me? I sat daily {with you} teaching in the temple, and ye did not seize me.56 But all this is come to pass that the scriptures of the prophets may be fulfilled. Then all the disciples left him and fled.57 Now they that had seized Jesus led {him} away to Caiaphas the high priest, where the scribes and the elders were assembled.58 And Peter followed him at a distance, even to the palace of the high priest, and entering in sat with the officers to see the end.59 And the chief priests and the elders and the whole sanhedrim sought false witness against Jesus, so that they might put him to death.60 And they found none, though many false witnesses came forward. But at the last two false witnesses came forward61 and said, *He* said, I am able to destroy the temple of God, and in three days build it.62 And the high priest standing up said to him, Answerest thou nothing? What do these witness against thee?63 But Jesus was silent. And the high priest answering said to him, I adjure thee by the living God that thou tell us if *thou* art the Christ the Son of God.64 Jesus says to him, *Thou* hast said. Moreover, I say to you, From henceforth ye shall see the Son of man sitting at the right hand of power, and coming on the clouds of heaven.65 Then the high priest rent his clothes, saying, He has blasphemed: what need have we any more of witnesses? behold, now ye have heard the blasphemy.66 What think ye? And they answering said, He is liable to the penalty of death.67 Then they spit in his face, and buffeted him, and some struck him with the palms of their hand,68 saying, Prophesy to us, Christ, Who is it who struck thee?69 But Peter sat without in the palace-court; and a maid came to him, saying, And *thou* wast with Jesus the Galilaean.70 But he denied before all, saying, I do not know what thou sayest.71 And when he had gone out into the entrance, another {maid} saw him, and says to those there, This {man} also was with Jesus the Nazaraean.72 And again he denied with an oath: I do not know the man.73 And after a little, those who stood {there}, coming to {him}, said to Peter, Truly *thou* too art of them, for also thy speech makes thee manifest.74 Then he began to curse and to swear, I know not the man. And immediately {the} cock crew.75 And Peter remembered the word of Jesus, who had said {to him}, Before {the} cock crow thou shalt deny me thrice. And he went forth without, and wept bitterly.

1 En toe Jesus al hierdie woorde geëindig het, sê Hy vir sy dissipels:2 Julle weet dat oor twee dae die pasga kom, dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word.3 Toe kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge van die volk bymekaar in die paleis van die hoëpriester wat K jafas genoem word,4 en hou saam raad om Jesus met lis gevange te neem en om die lewe te bring.5 Maar hulle het gesê: Nie op die fees nie, sodat daar nie miskien oproer onder die volk kom nie.6 En toe Jesus in Bet nië was in die huis van Simon, die melaatse,7 kom 'n vrou na Hom met 'n albaste fles met baie kosbare salf, en sy gooi dit op sy hoof uit terwyl Hy aan tafel was.8 En toe sy dissipels dit sien, was hulle verontwaardig en sê: Waarvoor is hierdie verkwisting?9 Want hierdie salf kon duur verkoop en die geld aan die armes gegee geword het.10 Maar toe Jesus dit merk, sê Hy vir hulle: Waarom val julle die vrou lastig? Want sy het 'n goeie werk aan My gedoen.11 Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie.12 Want toe sy hierdie salf op my liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen met die oog op my begrafnis.13 Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie verkondig sal word in die hele wêreld, sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot 'n gedagtenis aan haar.14 Toe gaan een van die twaalf, met die naam van Judas Isk riot, na die owerpriesters15 en sê: Wat wil u my gee, en ek sal Hom aan u oorlewer? En hulle het vir hom dertig silwerstukke afgeweeg.16 En van toe af het hy 'n goeie geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.17 En op die eerste dag van die ongesuurde brode kom die dissipels na Jesus en sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons vir U klaarmaak om die pasga te eet?18 En Hy antwoord: Gaan na die stad na 'n sekere iemand en sê vir hom: Die Meester laat weet: My tyd is naby. By jou sal Ek die pasga hou met my dissipels.19 Daarop het die dissipels gedoen soos Jesus hulle beveel het, en hulle het die pasga berei.20 En toe dit aand geword het, was Hy met die twaalf aan tafel.21 En terwyl hulle eet, sê Hy: Voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai.22 Toe word hulle baie bedroef en begin elkeen van hulle aan Hom te sê: Is dit miskien ek, Here?23 Toe antwoord Hy en sê: Hy wat saam met My sy hand in die skottel insteek, hy sal My verraai.24 Die Seun van die mens gaan wel heen soos daar van Hom geskrywe is, maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word! Dit sou vir hom goed gewees het as daardie man nie gebore was nie.25 En Judas, wat Hom sou verraai, antwoord en sê: Is dit miskien ek, Rabbi? Hy antwoord hom: Jy het dit gesê.26 En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.27 Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit.28 Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.29 Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader.30 En nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.31 Toe sê Jesus vir hulle: Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My, want daar is geskrywe: Ek sal die herder slaan, en die skape van die kudde sal verstrooi word.32 Maar nadat Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uit na Galil,a gaan.33 Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Al sal almal ook aanstoot aan U neem, ek sal nooit aanstoot neem nie.34 Jesus sê vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, in hierdie nag, voordat die haan gekraai het, sal jy My drie maal verloën.35 Petrus sê vir Hom: Al moes ek ook saam met U sterwe, ek sal U nooit verloën nie! So het ook al die dissipels gesê.36 Toe kom Jesus met hulle in 'n plek met die naam van Gets,man,, en Hy sê vir die dissipels: Sit hier onderwyl Ek daar gaan bid.37 En Hy neem Petrus en die twee seuns van Sebed,s saam en begin bedroef en benoud word.38 Toe sê Hy vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My.39 En Hy het 'n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.40 En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie?41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.42 Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.43 Toe kom Hy en vind hulle weer aan die slaap, want hulle oë was swaar.44 En Hy het hulle met rus gelaat en weer vir die derde maal gaan bid en dieselfde woorde gesê.45 Daarop kom Hy by sy dissipels en sê vir hulle: Slaap maar voort en rus. Kyk, die uur is naby, en die Seun van die mens word oorgelewer in die hande van sondaars.46 Staan op, laat ons gaan; kyk, hy is naby wat My verraai.47 En terwyl Hy nog spreek, daar kom Judas, een van die twaalf, en saam met hom 'n groot menigte met swaarde en stokke, gestuur deur die owerpriesters en ouderlinge van die volk.48 En sy verraaier het vir hulle 'n teken gegee en gesê: Die een wat ek sal soen, dit is Hy, gryp Hom!49 En dadelik gaan hy na Jesus en sê: Gegroet, Rabbi! en hy het Hom gesoen.50 Maar Jesus sê vir hom: Vriend, waarvoor is jy hier? Toe kom hulle nader en slaan die hande aan Jesus en gryp Hom.51 En een van die wat saam met Jesus was, het meteens sy hand uitgesteek en sy swaard getrek; en hy het die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy oor afgekap.52 Toe sê Jesus vir hom: Sit jou swaard in sy plek terug; want almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan.53 Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie?54 Hoe sou die Skrifte dan vervul word dat dit so moet gebeur?55 In daardie uur het Jesus vir die skare gesê: Het julle soos teen 'n rower uitgekom met swaarde en stokke om My gevange te neem? Dag vir dag het Ek by julle gesit en leer in die tempel, en julle het My nie gegryp nie.56 Maar dit het alles gebeur, dat die Skrifte van die profete vervul sou word. Toe het al die dissipels Hom verlaat en gevlug.57 En die wat Jesus gevange geneem het, het Hom weggelei na K jafas, die hoëpriester, waar die skrifgeleerdes en die ouderlinge vergader het.58 En Petrus het Hom van ver af gevolg tot by die paleis van die hoëpriester, en hy het ingegaan en by die dienaars gaan sit om die einde te sien.59 En die owerpriesters en die ouderlinge en die hele Raad het valse getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en niks gevind nie.60 En alhoewel daar baie valse getuies gekom het, het hulle niks gevind nie.61 Maar oplaas kom daar twee valse getuies en sê: Hierdie man het gesê: Ek kan die tempel van God afbreek en dit in drie dae opbou.62 Daarop staan die hoëpriester op en sê vir Hom: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U?63 Maar Jesus het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God, is?64 Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel.65 Toe verskeur die hoëpriester sy klere en sê: Hy het godslasterlik gespreek, wat het ons nog getuies nodig? Kyk, nou het julle sy godslastering gehoor!66 Wat dink julle? En hulle antwoord en sê: Hy is die dood skuldig.67 Toe het hulle in sy aangesig gespuug en Hom met die vuis geslaan,68 en ander het Hom met stokke geslaan en gesê: Profeteer vir ons, Christus! Wie is dit wat U geslaan het?69 En Petrus het buitekant gesit in die binneplaas van die paleis, en 'n sekere diensmeisie het na hom gekom en gesê: Jy was ook by Jesus, die Galil,ër!70 Maar hy het dit voor almal ontken en gesê: Ek weet nie wat jy sê nie.71 En terwyl hy uitgaan na die poort toe, sien 'n ander diensmeisie hom en sê aan die wat daar was: Hierdie een was ook by Jesus, die Nasar,ner.72 En met 'n eed ontken hy dit weer: Ek ken die man nie.73 Maar 'n bietjie later kom die wat daar staan, en sê vir Petrus: Waarlik, jy is ook een van hulle, want ook jou spraak maak jou bekend.74 Toe begin hy homself te verwens en te sweer: Ek ken die man nie.75 En dadelik het die haan gekraai, en Petrus het die woord van Jesus onthou wat Hy vir hom gesê het: Voor die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En hy het buitentoe gegaan en bitterlik geween.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-