1 Then Jesus was carried up into the wilderness by the Spirit to be tempted of the devil:2 and having fasted forty days and forty nights, afterwards he hungered.3 And the tempter coming up to him said, If thou be Son of God, speak, that these stones may become loaves of bread.4 But he answering said, It is written, Man shall not live by bread alone, but by every word which goes out through God's mouth.5 Then the devil takes him to the holy city, and sets him upon the edge of the temple,6 and says to him, If thou be Son of God cast thyself down; for it is written, He shall give charge to his angels concerning thee, and on {their} hands shall they bear thee, lest in anywise thou strike thy foot against a stone.7 Jesus said to him, It is again written, Thou shalt not tempt {the} Lord thy God.8 Again the devil takes him to a very high mountain, and shews him all the kingdoms of the world, and their glory,9 and says to him, All these things will I give thee if, falling down, thou wilt do me homage.10 Then says Jesus to him, Get thee away, Satan, for it is written, Thou shalt do homage to {the} Lord thy God, and him alone shalt thou serve.11 Then the devil leaves him, and behold, angels came and ministered to him.12 But having heard that John was delivered up, he departed into Galilee:13 and having left Nazareth, he went and dwelt at Capernaum, which is on the sea-side in the borders of Zabulon and Nepthalim,14 that that might be fulfilled which was spoken through Esaias the prophet, saying,15 Land of Zabulon and land of Nepthalim, way of {the} sea beyond the Jordan, Galilee of the nations:16 the people sitting in darkness has seen a great light, and to those sitting in {the} country and shadow of death, to them has light sprung up.17 From that time began Jesus to preach and to say, Repent, for the kingdom of the heavens has drawn nigh.18 And walking by the sea of Galilee, he saw two brothers, Simon called Peter, and Andrew his brother, casting a net into the sea, for they were fishers;19 and he says to them, Come after me, and I will make you fishers of men.20 And they, having left their trawl-nets, immediately followed him.21 And going on thence he saw other two brothers, James the {son} of Zebedee and John his brother, in the ship with Zebedee their father, mending their trawl-nets, and he called them;22 and they, having left the ship and their father, immediately followed him.23 And {Jesus} went round the whole {of} Galilee, teaching in their synagogues, and preaching the glad tidings of the kingdom, and healing every disease and every bodily weakness among the people.24 And his fame went out into the whole {of} Syria, and they brought to him all that were ill, suffering under various diseases and pains, and those possessed by demons, and lunatics, and paralytics; and he healed them.25 And great crowds followed him from Galilee, and Decapolis, and Jerusalem, and Judaea, and beyond the Jordan.
1 Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.2 En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.3 En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.5 Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan6 en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie.7 Jesus sê vir hom: Daar is ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.8 Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid,9 en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.10 Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.11 Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.12 En toe Jesus hoor dat Johannes in die gevangenis gesit was, het Hy na Galil,a teruggegaan.13 En Hy het N saret verlaat en gaan woon in Kap,rnaÂm aan die see, in die gebied van S,bulon en N ftali,14 sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het:15 Die land S,bulon en die land N ftali, na die see toe, oorkant die Jordaan, Galil,a van die heidene --16 die volk wat in duisternis sit, het 'n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het 'n lig opgegaan.17 Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.18 En terwyl Jesus langs die see van Galil,a loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andr,as, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.19 En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.20 En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg.21 En toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers, Jakobus, die seun van Sebed,Âs, en Johannes, sy broer, in die skuit saam met hulle vader Sebed,Âs, besig om hulle nette heel te maak; en Hy het hulle geroep.22 En hulle het dadelik die skuit en hulle vader verlaat en Hom gevolg.23 En Jesus het deur die hele Galil,a rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.24 En die gerug aangaande Hom is versprei oor die hele S¡rië; en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne en wat van duiwels besete was, en maansiekes en verlamdes; en Hy het hulle gesond gemaak.25 En groot menigtes het Hom gevolg van Galil,a en Dek polis en Jerusalem en Judia en van oorkant die Jordaan af.