1 And that {same} day Jesus went out from the house and sat down by the sea.2 And great crowds were gathered together to him, so that going on board ship himself he sat down, and the whole crowd stood on the shore.3 And he spoke to them many things in parables, saying, Behold, the sower went out to sow:4 and as he sowed, some {grains} fell along the way, and the birds came and devoured them;5 and others fell upon the rocky places where they had not much earth, and immediately they sprang up out of {the ground} because of not having {any} depth of earth,6 but when the sun rose they were burned up, and because of not having {any} root were dried up;7 and others fell upon the thorns, and the thorns grew up and choked them;8 and others fell upon the good ground, and produced fruit, one a hundred, one sixty, and one thirty.9 He that has ears, let him hear.10 And the disciples came up and said to him, Why speakest thou to them in parables?11 And he answering said to them, Because to you it is given to know the mysteries of the kingdom of the heavens, but to them it is not given;12 for whoever has, to him shall be given, and he shall be caused to be in abundance; but he who has not, even what he has shall be taken away from him.13 For this cause I speak to them in parables, because seeing they do not see, and hearing they do not hear nor understand;14 and in them is filled up the prophecy of Esaias, which says, Hearing ye shall hear and shall not understand, and beholding ye shall behold and not see;15 for the heart of this people has grown fat, and they have heard heavily with their ears, and they have closed their eyes as asleep, lest they should see with the eyes, and hear with the ears, and understand with the heart, and should be converted, and I should heal them.16 But blessed are *your* eyes because they see, and your ears because they hear;17 for verily I say unto you, that many prophets and righteous {men} have desired to see the things which ye behold and did not see {them}, and to hear the things which ye hear and did not hear {them}.18 *Ye*, therefore, hear the parable of the sower.19 From every one who hears the word of the kingdom and does not understand {it}, the wicked one comes and catches away what was sown in his heart: this is he that is sown by the wayside.20 But he that is sown on the rocky places-this is he who hears the word and immediately receives it with joy,21 but has no root in himself, but is for a time only; and when tribulation or persecution happens on account of the word, he is immediately offended.22 And he that is sown among the thorns-this is he who hears the word, and the anxious care of this life, and the deceit of riches choke the word, and he becomes unfruitful.23 But he that is sown upon the good ground-this is he who hears and understands the word, who bears fruit also, and produces, one a hundred, one sixty, and one thirty.24 Another parable set he before them, saying, The kingdom of the heavens has become like a man sowing good seed in his field;25 but while men slept, his enemy came and sowed darnel amongst the wheat, and went away.26 But when the blade shot up and produced fruit, then appeared the darnel also.27 And the bondmen of the householder came up and said to him, Sir, hast thou not sown good seed in thy field? whence then has it darnel?28 And he said to them, A man {that is} an enemy has done this. And the bondmen said to him, Wilt thou then that we should go and gather it {up}?29 But he said, No; lest {in} gathering the darnel ye should root up the wheat with it.30 Suffer both to grow together unto the harvest, and in time of the harvest I will say to the harvestmen, Gather first the darnel, and bind it into bundles to burn it; but the wheat bring together into my granary.31 Another parable set he before them, saying, The kingdom of the heavens is like a grain of mustard {seed} which a man took and sowed in his field;32 which is less indeed than all seeds, but when it is grown is greater than herbs, and becomes a tree, so that the birds of heaven come and roost in its branches.33 He spoke another parable to them: The kingdom of the heavens is like leaven, which a woman took and hid in three measures of meal until it had been all leavened.34 All these things Jesus spoke to the crowds in parables, and without a parable he did not speak to them,35 so that that should be fulfilled which was spoken through the prophet, saying, I will open my mouth in parables; I will utter things hidden from {the} world's foundation.36 Then, having dismissed the crowds, he went into the house; and his disciples came to him, saying, Expound to us the parable of the darnel of the field.37 But he answering said, He that sows the good seed is the Son of man,38 and the field is the world; and the good seed, these are the sons of the kingdom, but the darnel are the sons of the evil {one};39 and the enemy who has sowed it is the devil; and the harvest is {the} completion of {the} age, and the harvestmen are angels.40 As then the darnel is gathered and is burned in the fire, thus it shall be in the completion of the age.41 The Son of man shall send his angels, and they shall gather out of his kingdom all offences, and those that practise lawlessness;42 and they shall cast them into the furnace of fire; there shall be the weeping and the gnashing of teeth.43 Then the righteous shall shine forth as the sun in the kingdom of their Father. He that has ears, let him hear.44 The kingdom of the heavens is like a treasure hid in the field, which a man having found has hid, and for the joy of it goes and sells all whatever he has, and buys that field.45 Again, the kingdom of the heavens is like a merchant seeking beautiful pearls;46 and having found one pearl of great value, he went and sold all whatever he had and bought it.47 Again, the kingdom of the heavens is like a seine which has been cast into the sea, and which has gathered together of every kind,48 which, when it has been filled, having drawn up on the shore and sat down, they gathered the good into vessels and cast the worthless out.49 Thus shall it be in the completion of the age: the angels shall go forth and sever the wicked from the midst of the just,50 and shall cast them into the furnace of fire; there shall be the weeping and the gnashing of teeth.51 Jesus says to them, Have ye understood all these things? They say to him, Yea, {Lord}.52 And he said to them, For this reason every scribe discipled to the kingdom of the heavens is like a man {that is} a householder who brings out of his treasure things new and old.53 And it came to pass when Jesus had finished these parables he withdrew thence.54 And having come into his own country, he taught them in their synagogue, so that they were astonished, and said, Whence has this {man} this wisdom and these works of power?55 Is not this the son of the carpenter? Is not his mother called Mary, and his brethren James, and Joseph, and Simon, and Judas?56 And his sisters, are they not all with us? Whence then has this {man} all these things?57 And they were offended in him. And Jesus said to them, A prophet is not without honour, unless in his country and in his house.58 And he did not there many works of power, because of their unbelief.
1 En op daardie dag het Jesus uit die huis uitgegaan en by die see gaan sit.2 En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in 'n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan.3 En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek en gesê: 'n Saaier het uitgegaan om te saai;4 en terwyl hy saai, val 'n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet.5 En 'n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie;6 maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.7 En 'n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik.8 En 'n ander deel het in die goeie grond geval en vrug opgelewer: die een honderd--, die ander sestig--, die ander dertigvoudig.9 Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!10 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse?11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.12 Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.14 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.15 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.16 Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor.17 Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.18 Luister julle dan na die gelykenis van die saaier.19 As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is -- dit is hy by wie langs die pad gesaai is.20 En by wie op rotsagtige plekke gesaai is -- dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem;21 maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir 'n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik.22 En by wie in die dorings gesaai is -- dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.23 En by wie op die goeie grond gesaai is -- dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd , die ander sestig--, die ander dertigvoudig.24 'n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos 'n man wat goeie saad in sy land gesaai het;25 maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.26 En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.27 En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?28 En hy antwoord hulle: 'n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak?29 Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.30 Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.31 'n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos 'n mosterdsaad wat 'n man neem en in sy land saai;32 wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en 'n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke.33 'n Ander gelykenis het Hy hulle vertel: Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat 'n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.34 Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie;35 sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.36 Nadat Hy die skare weggestuur het, het Jesus huis toe gegaan; en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid in die saailand.37 En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens,38 en die saailand is die wêreld. Die goeie saad -- dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose,39 en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.40 Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:41 die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,42 en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.43 Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.44 Verder is die koninkryk van die hemele soos 'n skat wat verborge is in die saailand, wat 'n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.45 Verder is die koninkryk van die hemele soos 'n koopman wat mooi pêrels soek;46 en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.47 Verder is die koninkryk van die hemele soos 'n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring;48 en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg.49 So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei50 en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.51 Jesus sê vir hulle: Het julle l hierdie dinge verstaan? Hulle antwoord Hom: Ja, Here!52 Toe sê Hy vir hulle: Daarom is elke skrifgeleerde wat 'n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos 'n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring.53 En toe Jesus hierdie gelykenisse geëindig het, het Hy daarvandaan weggegaan.54 En Hy het in sy vaderstad gekom en hulle geleer in hul sinagoge, sodat hulle verslae was en gesê het: Waar kry Hy hierdie wysheid en kragte vandaan?55 Is Hy nie die seun van die timmerman nie? Is die naam van sy moeder nie Maria en die van sy broers Jakobus en Joses en Simon en Judas nie?56 En sy susters, is hulle nie almal by ons nie? Waar kry Hy dan al hierdie dinge vandaan?57 En hulle het aanstoot aan Hom geneem. Maar Jesus sê vir hulle: 'n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis.58 En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie.