1 Then shall the kingdom of the heavens be made like to ten virgins that having taken their torches, went forth to meet the bridegroom.2 And five of them were prudent and five foolish.3 They that were foolish took their torches and did not take oil with them;4 but the prudent took oil in their vessels with their torches.5 Now the bridegroom tarrying, they all grew heavy and slept.6 But in {the} middle of {the} night there was a cry, Behold, the bridegroom; go forth to meet him.7 Then all those virgins arose and trimmed their torches.8 And the foolish said to the prudent, Give us of your oil, for our torches are going out.9 But the prudent answered saying, {We cannot,} lest it might not suffice for us and for you. Go rather to those that sell, and buy for yourselves.10 But as they went away to buy, the bridegroom came, and the {ones that were} ready went in with him to the wedding feast, and the door was shut.11 Afterwards come also the rest of the virgins, saying, Lord, Lord, open to us;12 but he answering said, Verily I say unto you, I do not know you.13 Watch therefore, for ye know not the day nor the hour.14 For {it is} as {if} a man going away out of a country called his own bondmen and delivered to them his substance.15 And to one he gave five talents, to another two, and to another one; to each according to his particular ability, and immediately went away out of the country.16 And he that had received the five talents went and trafficked with them, and made five other talents.17 In like manner also he that {had received} the two, {he also} gained two others.18 But he that had received the one went and dug in the earth, and hid the money of his lord.19 And after a long time the lord of those bondmen comes and reckons with them.20 And he that had received the five talents came to {him} and brought five other talents, saying, {My} lord, thou deliveredst me five talents; behold, I have gained five other talents besides them.21 His lord said to him, Well, good and faithful bondman, thou wast faithful over a few things, I will set thee over many things: enter into the joy of thy lord.22 And he also that had received the two talents came to {him} and said, {My} lord, thou deliveredst me two talents; behold, I have gained two other talents besides them.23 His lord said to him, Well, good and faithful bondman, thou wast faithful over a few things, I will set thee over many things: enter thou into the joy of thy lord.24 And he also that had received the one talent coming to {him} said, {My} lord, I knew thee that thou art a hard man, reaping where thou hadst not sowed, and gathering from where thou hadst not scattered,25 and being afraid I went away and hid thy talent in the earth; behold, thou hast that which is thine.26 And his lord answering said to him, Wicked and slothful bondman, thou knewest that I reap where I had not sowed, and gather from where I had not scattered;27 thou oughtest then to have put my money to the money-changers, and when I came I should have got what is mine with interest.28 Take therefore the talent from him, and give it to him that has the ten talents:29 for to every one that has shall be given, and he shall be in abundance; but from him that has not, that even which he has shall be taken from him.30 And cast out the useless bondman into the outer darkness; there shall be the weeping and the gnashing of teeth.31 But when the Son of man comes in his glory, and all the angels with him, then shall he sit down upon his throne of glory,32 and all the nations shall be gathered before him; and he shall separate them from one another, as the shepherd separates the sheep from the goats;33 and he will set the sheep on his right hand, and the goats on {his} left.34 Then shall the King say to those on his right hand, Come, blessed of my Father, inherit the kingdom prepared for you from {the} world's foundation:
1 Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.2 En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.3 En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.4 Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.5 En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.6 En middernag was daar 'n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!7 Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.8 En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.9 Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.10 En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.11 Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!12 Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.14 Want dit is soos 'n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou.15 En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan.16 En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin.17 Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien.18 Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek.19 En n 'n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken.20 En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou; hier het ek vyf ander talente daarby verdien.21 En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.22 En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien.23 Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.24 En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u 'n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie;25 omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort.26 Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie.27 Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het.28 Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het;29 want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.30 En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.31 En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit;32 en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;33 en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.34 Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.35 Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;36 Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.37 Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?38 En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?39 En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?40 En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.41 Dan sal Hy ook vir die aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.42 Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie.43 Ek was 'n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie.44 Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of 'n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie?45 Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.46 En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.