1 Now late on sabbath, as it was the dusk of the next day after sabbath, came Mary of Magdala and the other Mary to look at the sepulchre.2 And behold, there was a great earthquake; for an angel of {the} Lord, descending out of heaven, came and rolled away the stone and sat upon it.3 And his look was as lightning, and his clothing white as snow.4 And for fear of him the guards trembled and became as dead men.5 And the angel answering said to the women, Fear not *ye*, for I know that ye seek Jesus the crucified one.6 He is not here, for he is risen, as he said. Come, see the place where the Lord lay.7 And go quickly and say to his disciples that he is risen from the dead; and behold, he goes before you into Galilee, there shall ye see him. Behold, I have told you.8 And going out quickly from the tomb with fear and great joy, they ran to bring his disciples word.9 And as they went to bring his disciples word, behold also, Jesus met them, saying, Hail! And they coming up took him by the feet, and did him homage.10 Then Jesus says to them, Fear not; go, bring word to my brethren that they go into Galilee, and there they shall see me.11 And as they went, behold, some of the watch went into the city, and brought word to the chief priests of all that had taken place.12 And having assembled with the elders, and having taken counsel, they gave a large sum of money to the soldiers,13 saying, Say that his disciples coming by night stole him {while} we {were} sleeping.14 And if this should come to the hearing of the governor, *we* will persuade him, and save *you* from all anxiety.15 And they took the money and did as they had been taught. And this report is current among the Jews until this day.16 But the eleven disciples went into Galilee to the mountain which Jesus had appointed them.17 And when they saw him, they did homage to him: but some doubted.18 And Jesus coming up spoke to them, saying, All power has been given me in heaven and upon earth.19 Go {therefore} and make disciples of all the nations, baptising them to the name of the Father, and of the Son, and of the Holy Spirit;20 teaching them to observe all things whatsoever I have enjoined you. And behold, *I* am with you all the days, until the completion of the age.
1 En laat n die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdal,na en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.2 En daar kom 'n groot aardbewing, want 'n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.3 En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.4 En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.5 Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.6 Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het;7 en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galil,a. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê.8 En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel.9 En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom.10 En Jesus sê vir hulle: Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broeders dat hulle na Galil,a moet gaan; en daar sal hulle My sien.11 En terwyl hulle op weg was, kom daar sommige van die wag in die stad en vertel die owerpriesters alles wat gebeur het.12 En nadat hulle saam met die ouderlinge vergader en raad gehou het, het hulle die soldate baie geld gegee13 en gesê: Julle moet sê: Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was.14 En as dit by die goewerneur gehoor word, sal ons hom tevrede stel en maak dat julle sonder sorg is.15 Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer was. En hierdie verhaal is versprei onder die Jode, tot vandag toe.16 En die elf dissipels het na Galil,a gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het.17 En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel.18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.