1 Now Jesus having been born in Bethlehem of Judaea, in the days of Herod the king, behold magi from the east arrived at Jerusalem, saying,2 Where is the king of the Jews that has been born? for we have seen his star in the east, and have come to do him homage.3 But Herod the king having heard {of it}, was troubled, and all Jerusalem with him;4 and, assembling all the chief priests and scribes of the people, he inquired of them where the Christ should be born.5 And they said to him, In Bethlehem of Judaea; for thus it is written through the prophet:6 And *thou* Bethlehem, land of Juda, art in no wise the least among the governors of Juda; for out of thee shall go forth a leader who shall shepherd my people Israel.7 Then Herod, having secretly called the magi, inquired of them accurately the time of the star that was appearing;8 and having sent them to Bethlehem, said, Go, search out accurately concerning the child, and when ye shall have found {him} bring me back word, so that *I* also may come and do him homage.9 And they having heard the king went their way; and lo, the star, which they had seen in the east, went before them until it came and stood over the place where the little child was.10 And when they saw the star they rejoiced with exceeding great joy.11 And having come into the house they saw the little child with Mary his mother, and falling down did him homage. And having opened their treasures, they offered to him gifts, gold, and frankincense, and myrrh.12 And being divinely instructed in a dream not to return to Herod, they departed into their own country another way.13 Now, they having departed, behold, an angel of {the} Lord appears in a dream to Joseph, saying, Arise, take to {thee} the little child and his mother, and flee into Egypt, and be there until I shall tell thee; for Herod will seek the little child to destroy it.14 And, having arisen, he took to {him} the little child and his mother by night, and departed into Egypt.15 And he was there until the death of Herod, that that might be fulfilled which was spoken by {the} Lord through the prophet, saying, Out of Egypt have I called my son.16 Then was fulfilled that which was spoken through Jeremias the prophet, saying,18 A voice has been heard in Rama, weeping, and great lamentation: Rachel weeping {for} her children, and would not be comforted, because they are not.19 But Herod having died, behold, an angel of {the} Lord appears in a dream to Joseph in Egypt, saying,20 Arise, take to {thee} the little child and its mother, and go into the land of Israel: for they who sought the life of the little child are dead.21 And he arose and took to {him} the little child and its mother, and came into the land of Israel;22 but having heard that 'Archelaus reigns over Judaea, instead of Herod his father,' he was afraid to go there; and having been divinely instructed in a dream, he went away into the parts of Galilee,23 and came and dwelt in a town called Nazareth; so that that should be fulfilled which was spoken through the prophets, He shall be called a Nazaraene.
1 En toe Jesus te Betlehem in Judiagebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom2 en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.3 En toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en die hele Jerusalem saam met hom;4 en hy het al die owerpriesters en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar laat kom en by hulle navraag gedoen waar die Christus gebore sou word.5 En hulle het vir hom gesê: Te Betlehem in Jud,a, want so is daar deur die profeet geskrywe:6 En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal 'n leidsman voortkom wat vir my volk Israel 'n herder sal wees.7 Toe het Herodes die wyse manne in die geheim geroep en hulle na die tyd van die ster se verskyning uitgevra;8 en hy het hulle na Betlehem gestuur en gesê: Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom vind, laat my weet, sodat ek ook kan gaan en Hom hulde bewys.9 En nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek. En kyk, die ster wat hulle in die Ooste gesien het, gaan voor hulle uit totdat hy kom en bly staan bo-oor die plek waar die Kindjie was.10 En toe hulle die ster sien, het hulle hul met baie groot blydskap verheug.11 En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre.12 En omdat hulle in 'n droom 'n goddelike waarskuwing ontvang het om nie na Herodes terug te keer nie, het hulle met 'n ander pad na hul land teruggegaan.13 En toe hulle teruggegaan het, verskyn daar 'n engel van die HERE in 'n droom aan Josef en sê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê; want Herodes gaan die Kindjie soek om Hom dood te maak.14 Hy het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek.15 En hy was daar tot die dood van Herodes, sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die profeet: Uit Egipte het Ek my Seun geroep.16 Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het.17 Toe is vervul wat deur Jeremia, die profeet, gespreek is toe hy gesê het:18 'n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie.19 En n die dood van Herodes het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef in Egipte verskyn20 en gesê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder, en gaan na die land van Israel; want hulle is dood wat die lewe van die Kindjie gesoek het.21 En hy het opgestaan, die Kindjie en sy moeder geneem en in die land van Israel gekom.22 Maar toe hy hoor dat Archel Âs oor Judiakoning was in die plek van sy vader Herodes, was hy bevrees om daarheen te gaan. En hy het 'n goddelike waarskuwing in 'n droom ontvang en na die streke van Galil,a teruggekeer.23 En hy het gaan woon in 'n stad met die naam van N saret, sodat vervul sou word wat deur die profete gespreek is, dat Hy Nasar,ner genoem sou word.