1 Take heed not to do your alms before men to be seen of them, otherwise ye have no reward with your Father who is in the heavens.2 When therefore thou doest alms, sound not a trumpet before thee, as the hypocrites do in the synagogues and in the streets, so that they may have glory from men. Verily I say unto you, They have their reward.3 But thou, when thou doest alms, let not thy left hand know what thy right hand does;4 so that thine alms may be in secret, and thy Father who sees in secret will render {it} to thee.5 And when thou prayest, thou shalt not be as the hypocrites; for they love to pray standing in the synagogues and in the corners of the streets so that they should appear to men. Verily I say unto you, They have their reward.6 But *thou*, when thou prayest, enter into thy chamber, and having shut thy door, pray to thy Father who is in secret, and thy Father who sees in secret will render {it} to thee.7 But when ye pray, use not vain repetitions, as those who are of the nations: for they think they shall be heard through their much speaking.8 Be not ye therefore like them, for your Father knows of what things ye have need before ye beg {anything} of him.9 Thus therefore pray *ye*: Our Father who art in the heavens, let thy name be sanctified,10 let thy kingdom come, let thy will be done as in heaven so upon the earth;11 give us to-day our needed bread,12 and forgive us our debts, as we also forgive our debtors,13 and lead us not into temptation, but save us from evil.14 For if ye forgive men their offences, your heavenly Father also will forgive you {yours},15 but if ye do not forgive men their offences, neither will your Father forgive your offences.16 And when ye fast, be not as the hypocrites, downcast in countenance; for they disfigure their faces, so that they may appear fasting to men: verily I say unto you, They have their reward.17 But *thou*, {when} fasting, anoint thy head and wash thy face,18 so that thou mayest not appear fasting unto men, but to thy Father who is in secret; and thy Father who sees in secret shall render {it} to thee.19 Lay not up for yourselves treasures upon the earth, where moth and rust spoils, and where thieves dig through and steal;20 but lay up for yourselves treasures in heaven, where neither moth nor rust spoils, and where thieves do not dig through nor steal;21 for where thy treasure is, there will be also thy heart.22 The lamp of the body is the eye; if therefore thine eye be single, thy whole body will be light:23 but if thine eye be wicked, thy whole body will be dark. If therefore the light that is in thee be darkness, how great the darkness!24 No one can serve two masters; for either he will hate the one and will love the other, or he will hold to the one and despise the other. Ye cannot serve God and mammon.25 For this cause I say unto you, Do not be careful about your life, what ye should eat and what ye should drink; nor for your body what ye should put on. Is not the life more than food, and the body than raiment?26 Look at the birds of the heaven, that they sow not, nor reap, nor gather into granaries, and your heavenly Father nourishes them. Are *ye* not much more excellent than they?27 But which of you by carefulness can add to his growth one cubit?28 And why are ye careful about clothing? Observe with attention the lilies of the field, how they grow: they toil not, neither do they spin;29 but I say unto you, that not even Solomon in all his glory was clothed as one of these.30 But if God so clothe the herbage of the field, which is to-day, and to-morrow is cast into {the} oven, will he not much rather you, O {ye} of little faith?31 Be not therefore careful, saying, What shall we eat? or What shall we drink? or What shall we put on?32 for all these things the nations seek after; for your heavenly Father knows that ye have need of all these things.33 But seek ye first the kingdom of God and his righteousness, and all these things shall be added unto you.34 Be not careful therefore for the morrow, for the morrow shall be careful about itself. Sufficient to the day {is} its own evil.
1 Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.2 Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie 'n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.3 Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,4 sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.5 En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.7 En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.8 Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.9 So moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;11 gee ons vandag ons daaglikse brood;12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.14 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.15 Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.16 En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.17 Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig,18 sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.19 Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;20 maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;21 want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.22 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.23 Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!24 Niemand kan twee here dien nie; want of hy sal die een haat en die ander liefhê, of hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God ,'n Mammon dien nie!25 Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe -- wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam -- wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?26 Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?27 Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?28 En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie;29 en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.30 As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?31 Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?32 Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.34 Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.