1 Simon Peter, bondman and apostle of Jesus Christ, to them that have received like precious faith with us through {the} righteousness of our God and Saviour Jesus Christ:2 Grace and peace be multiplied to you in {the} knowledge of God and of Jesus our Lord.3 As his divine power has given to us all things which relate to life and godliness, through the knowledge of him that has called us by glory and virtue,4 through which he has given to us the greatest and precious promises, that through these ye may become partakers of {the} divine nature, having escaped the corruption that is in the world through lust.5 But for this very reason also, using therewith all diligence, in your faith have also virtue, in virtue knowledge,6 in knowledge temperance, in temperance endurance, in endurance godliness,7 in godliness brotherly love, in brotherly love love:8 for these things existing and abounding in you make {you} to be neither idle nor unfruitful as regards the knowledge of our Lord Jesus Christ;9 for he with whom these things are not present is blind, short-sighted, and has forgotten the purging of his former sins.10 Wherefore the rather, brethren, use diligence to make your calling and election sure, for doing these things ye will never fall;11 for thus shall the entrance into the everlasting kingdom of our Lord and Saviour Jesus Christ be richly furnished unto you.12 Wherefore I will be careful to put you always in mind of these things, although knowing {them} and established in the present truth.13 But I account it right, as long as I am in this tabernacle, to stir you up by putting {you} in remembrance,14 knowing that the putting off of my tabernacle is speedily {to take place}, as also our Lord Jesus Christ has manifested to me;15 but I will use diligence, that after my departure ye should have also, at any time, {in your power} to call to mind these things.16 For we have not made known to you the power and coming of our Lord Jesus Christ, following cleverly imagined fables, but having been eyewitnesses of *his* majesty.17 For he received from God {the} Father honour and glory, such a voice being uttered to him by the excellent glory: This is my beloved Son, in whom *I* have found my delight;18 and this voice *we* heard uttered from heaven, being with him on the holy mountain.19 And we have the prophetic word {made} surer, to which ye do well taking heed (as to a lamp shining in an obscure place) until {the} day dawn and {the} morning star arise in your hearts;20 knowing this first, that {the scope of} no prophecy of scripture is had from its own particular interpretation,21 for prophecy was not ever uttered by {the} will of man, but holy men of God spake under the power of {the} Holy Spirit.
1 Simeon Petrus, 'n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so 'n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jesus Christus:2 Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van God en Jesus, onse Here!3 Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,4 waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.5 En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis,6 en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug,7 en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.8 Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie;9 want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet.10 Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.11 Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.12 Daarom sal ek nie nalaat om julle altyd hieraan te herinner nie, alhoewel julle dit weet en vasstaan in die waarheid wat by julle is.13 En ek beskou dit as reg, so lank as ek in hierdie tentwoning is, om julle deur herinnering op te wek,14 omdat ek weet dat die aflegging van my tentwoning ophande is, soos onse Here Jesus Christus dit ook aan my bekend gemaak het.15 En ek sal my beywer, dat julle ook gedurig n my heengaan hierdie dinge in gedagtenis kan hou.16 Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit;17 want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.18 En hierdie stem het ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was.19 En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môre ster opgaan in julle harte;20 terwyl julle veral d¡t moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie;21 want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.