1 The elders which {are} among you I exhort, who {am their} fellow-elder and witness of the sufferings of the Christ, who also {am} partaker of the glory about to be revealed:2 shepherd the flock of God which {is} among you, exercising oversight, not by necessity, but willingly; not for base gain, but readily;3 not as lording it over your possessions, but being models for the flock.4 And when the chief shepherd is manifested ye shall receive the unfading crown of glory.5 Likewise {ye} younger, be subject to {the} elder, and all of you bind on humility towards one another; for God sets himself against {the} proud, but to {the} humble gives grace.6 Humble yourselves therefore under the mighty hand of God, that he may exalt you in {the due} time;7 having cast all your care upon him, for he cares about you.8 Be vigilant, watch. Your adversary {the} devil as a roaring lion walks about seeking whom he may devour.9 Whom resist, stedfast in faith, knowing that the selfsame sufferings are accomplished in your brotherhood which {is} in {the} world.10 But the God of all grace who has called you to his eternal glory in Christ Jesus, when ye have suffered for a little while, himself shall make perfect, stablish, strengthen, ground:11 to him {be} the glory and the might for the ages of the ages. Amen.12 By Silvanus, the faithful brother, as I suppose, I have written to you briefly; exhorting and testifying that this is {the} true grace of God in which ye stand.13 She that is elected with {you} in Babylon salutes you, and Marcus my son.14 Salute one another with a kiss of love. Peace be with you all who {are} in Christ.
1 Ek vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat 'n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook 'n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word:2 Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid;3 ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde.4 En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.5 Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.6 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.10 En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons 'n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!11 Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.12 Deur Silv nus, die getroue broeder, soos ek meen, het ek kortliks aan julle geskrywe om julle te vermaan en om te betuig dat dit die ware genade van God is waarin julle staan.13 Die mede-uitverkorene in Babilon en Markus, my seun, groet julle.14 Groet mekaar met 'n kus van liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus Jesus is! Amen.