1 Peter, apostle of Jesus Christ, to {the} sojourners of {the} dispersion of Pontus, Galatia, Cappadocia, Asia, and Bithynia,2 elect according to {the} foreknowledge of God {the} Father, by sanctification of {the} Spirit, unto {the} obedience and sprinkling of {the} blood of Jesus Christ: Grace to you and peace be multiplied.3 Blessed {be} the God and Father of our Lord Jesus Christ, who, according to his great mercy, has begotten us again to a living hope through {the} resurrection of Jesus Christ from among {the} dead,4 to an incorruptible and undefiled and unfading inheritance, reserved in {the} heavens for you,5 who are kept guarded by {the} power of God through faith for salvation ready to be revealed in {the} last time.6 Wherein ye exult, for a little while at present, if needed, put to grief by various trials,7 that the proving of your faith, much more precious than of gold which perishes, though it be proved by fire, be found to praise and glory and honour in {the} revelation of Jesus Christ:8 whom, having not seen, ye love; on whom {though} not now looking, but believing, ye exult with joy unspeakable and filled with {the} glory,9 receiving the end of your faith, {the} salvation of {your} souls.10 Concerning which salvation prophets, who have prophesied of the grace towards you, sought out and searched out;11 searching what, or what manner of time, the Spirit of Christ which {was} in them pointed out, testifying before of the sufferings which {belonged} to Christ, and the glories after these.12 To whom it was revealed, that not to themselves but to you they ministered those things, which have now been announced to you by those who have declared to you the glad tidings by {the} Holy Spirit, sent from heaven, which angels desire to look into.13 Wherefore, having girded up the loins of your mind, {be} sober {and} hope with perfect stedfastness in the grace {which will be} brought to you at {the} revelation of Jesus Christ;14 as children of obedience, not conformed to {your} former lusts in your ignorance;15 but as he who has called you is holy, be ye also holy in all {your} conversation;16 because it is written, Be ye holy, for *I* am holy.17 And if ye invoke as Father him who, without regard of persons, judges according to the work of each, pass your time of sojourn in fear,18 knowing that ye have been redeemed, not by corruptible {things, as} silver or gold, from your vain conversation handed down from {your} fathers,19 but by precious blood, as of a lamb without blemish and without spot, {the blood} of Christ,20 foreknown indeed before {the} foundation of {the} world, but who has been manifested at the end of times for your sakes,21 who by him do believe on God, who has raised him from among {the} dead and given him glory, that your faith and hope should be in God.22 Having purified your souls by obedience to the truth to unfeigned brotherly love, love one another out of a pure heart fervently;23 being born again, not of corruptible seed, but of incorruptible, by {the} living and abiding word of God.24 Because all flesh {is} as grass, and all its glory as {the} flower of grass. The grass has withered and {its} flower has fallen;25 but the word of {the} Lord abides for eternity. But this is the word which in the glad tidings {is} preached to you.
1 Petrus, 'n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Gal sië, Kappadocië, Asië en Bith¡nië,2 uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,4 sodat ons 'n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons5 wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.6 Daarin verheug julle jul, al word julle nou -- as dit nodig is -- 'n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,7 sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;8 vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap,9 en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.10 Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors,11 en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna.12 Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons die dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur die wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is -- dinge waarin die engele begerig is om in te sien.13 Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.14 Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie.15 Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,16 omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.17 En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap;18 omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie,19 maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van 'n lam sonder gebrek en vlekkeloos,20 wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil,21 julle wat deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees.22 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit 'n rein hart;23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.24 Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos 'n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,25 maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.