1 And the ark of Jehovah was in the country of the Philistines seven months.2 And the Philistines called for the priests and the diviners, saying, What shall we do with the ark of Jehovah? tell us wherewith we shall send it to its place.3 And they said, If ye send away the ark of the God of Israel, send it not empty; ye must at any rate return him a trespass-offering: then ye shall be healed, and it shall be known to you why his hand is not removed from you.4 Then they said, What is the trespass-offering which we shall return to him? And they said, Five golden hemorrhoids, and five golden mice, the number of the lords of the Philistines; for one plague is upon them all, and upon your lords.5 And ye shall make images of your hemorrhoids, and images of your mice that destroy the land, and give glory to the God of Israel: perhaps he will lighten his hand from off you, and from off your gods, and from off your land.6 And why will ye harden your heart, as the Egyptians and Pharaoh hardened their heart? When he had wrought mightily among them, did they not let them go, and they departed?7 And now make a new cart, and take two milch kine, on which there has come no yoke, and tie the kine to the cart, and bring their calves home from them;8 and take the ark of Jehovah, and lay it upon the cart, and the golden jewels, which ye return him as a trespass-offering, put in the coffer by the side thereof; and send it away that it may go.9 And see, if it go up by the way of its own border to Beth-shemesh, it is he who has done us this great evil; if not, then we shall know that it is not his hand that touched us; it was a chance {that} happened to us.10 And the men did so, and took two milch kine, and tied them to the cart, and shut up their calves at home.11 And they laid the ark of Jehovah upon the cart, and the coffer with the golden mice and the images of their sores.12 And the kine went straight forward on the way to Beth-shemesh; they went by the one high way, lowing as they went; and they turned not aside to the right hand or to the left; and the lords of the Philistines went after them as far as the border of Beth-shemesh.13 And {they of} Beth-shemesh were reaping the wheat-harvest in the valley; and they lifted up their eyes and saw the ark, and rejoiced to see it.14 And the cart came into the field of Joshua the Beth-shemeshite, and stood there; and a great stone was there. And they clave the wood of the cart, and offered up the kine as a burnt-offering to Jehovah.15 And the Levites took down the ark of Jehovah, and the coffer that was with it, in which were the golden jewels, and put them on the great stone; and the men of Beth-shemesh offered up burnt-offerings and sacrificed sacrifices the same day to Jehovah.16 And the five lords of the Philistines saw {it}, and returned to Ekron the same day.17 And these are the golden sores which the Philistines returned as a trespass-offering to Jehovah: for Ashdod one, for Gazah one, for Ashkelon one, for Gath one, for Ekron one;18 and the golden mice, {according to} the number of all the cities of the Philistines belonging to the five lords, both fortified cities and villages of the peasantry; {and they brought them} as far as the great {stone of} Abel, whereon they set down the ark of Jehovah, {which} is to this day in the field of Joshua the Beth-shemeshite.19 And he smote among the men of Beth-shemesh, because they had looked into the ark of Jehovah, and smote of the people seventy men; and the people lamented, because Jehovah had smitten the people with a great slaughter.20 And the men of Beth-shemesh said, Who is able to stand before Jehovah, this holy God? and to whom shall he go up from us?21 And they sent messengers to the inhabitants of Kirjath-jearim, saying, The Philistines have brought again the ark of Jehovah; come down, fetch it up to you.
1 En toe die ark van die HERE sewe maande lank in die land van die Filistyne was,2 het die Filistyne die priesters en die waarsêers geroep en gesê: Wat moet ons met die ark van die HERE doen? Gee ons te kenne waarmee ons dit na sy plek kan wegstuur.3 En hulle sê: As julle die ark van die God van Israel wegstuur, stuur dit dan nie leeg weg nie, maar gee Hom ten volle 'n skuldoffer terug; dan sal julle gesond word, en dit sal julle bekend word waarom sy hand nie van julle wyk nie.4 Toe vra hulle: Wat is die skuldoffer wat ons Hom moet teruggee? En hulle sê: Volgens die getal van die vorste van die Filistyne: vyf goue geswelle en vyf goue muise, want dit is een plaag oor hulle almal en oor julle vorste.5 Maak dan beelde van julle geswelle en beelde van julle muise wat die land verniel, en gee eer aan die God van Israel; miskien sal Hy sy hand ligter maak oor julle en julle gode en julle land.6 Waarom tog sal julle jul hart verhard soos die Egiptenaars en Farao hulle hart verhard het? Het hulle hul nie losgelaat om weg te trek toe Hy hulle sy mag laat voel het nie?7 Neem dan nou wat nodig is en maak 'n nuwe wa; ook twee melkkoeie waar geen juk op gekom het nie; span dan die koeie in voor die wa en keer hulle kalwers agter hulle weg huis toe.8 Neem dan die ark van die HERE en sit dit op die wa, en die goue voorwerpe wat julle Hom as skuldoffer teruggee, moet julle in 'n kissie langsaan neerlê; stuur dit dan weg om heen te gaan.9 En let op: As dit in die rigting van sy eie gebied na Bet-Semes opgaan, dan het Hy ons hierdie groot onheil aangedoen; maar so nie, dan weet ons dat sy hand ons nie getref het nie: dit het toevallig oor ons gekom.10 Die manne doen toe so: hulle het twee melkkoeie geneem en die voor die wa gespan en hulle kalwers by die huis agtergehou.11 En hulle het die ark van die HERE op die wa gesit en die kissie met die goue muise en die beelde van hulle geswelle.12 En die koeie het reguit padlangs geloop in die rigting van Bet-Semes; hulle het op die een grootpad aldeur geloop en bulk sonder om regs of links uit te draai, terwyl die vorste van die Filistyne agter hulle aan gaan tot by die grens van Bet-Semes.13 En die mense van Bet-Semes was juis besig om die koringoes af te sny in die laagte. Toe hulle dan hul oë opslaan en die ark gewaar, was hulle bly om dit te sien.14 En die wa het by die land van Josua van Bet-Semes gekom en daar gaan staan; daar was 'n groot klip, en hulle het die hout van die wa gekloof en die koeie as 'n brandoffer aan die HERE geoffer.15 En die Leviete het die ark van die HERE afgehaal met die kissie wat daarby was, waar die goue voorwerpe in was, en op die groot klip neergesit; en die manne van Bet-Semes het dieselfde dag aan die HERE brandoffers geoffer en slagoffers geslag.16 En toe die vyf vorste van die Filistyne dit sien, het hulle dieselfde dag teruggegaan na Ekron.17 En dit is die goue geswelle wat die Filistyne as 'n skuldoffer aan die HERE teruggegee het: vir Asdod een, vir Gasa een, vir Askelon een, vir Gat een, vir Ekron een.18 En die goue muise was volgens die getal van al die stede van die Filistyne wat aan die vyf vorste behoort het, van die versterkte stede sowel as van die onbemuurde dorpe. En die groot klip waar hulle die ark van die HERE op neergesit het, is tot vandag toe getuie op die stuk land van Josua, van Bet-Semes.19 En Hy het onder die mense van Bet-Semes 'n slagting aangerig; Hy het naamlik onder die volk sewentig man en vyftig duisend man gedood, omdat hulle die ark van die HERE bekyk het; en die volk het getreur, omdat die HERE 'n groot slagting onder die volk aangerig het.20 Toe sê die manne van Bet-Semes: Wie kan diens doen voor die aangesig van die HERE, hierdie heilige God? En na wie toe sal Hy optrek van ons af?21 Daarom het hulle boodskappers gestuur na die inwoners van Kirjat-Je rim om te sê: Die Filistyne het die ark van die HERE teruggebring; kom af, bring dit op na julle toe.