Publicidade

1 Samuel 29

1 And the Philistines gathered together all their armies to Aphek; and Israel encamped by the spring that is in Jizreel.2 And the lords of the Philistines passed on by hundreds and by thousands; and David and his men passed on in the rearward with Achish.3 And the princes of the Philistines said, What are these Hebrews? And Achish said to the princes of the Philistines, Is not this David, the servant of Saul the king of Israel, who has been with me these days, or these years, and I have found nothing in him since the day of his falling away {to me} to this day?4 But the princes of the Philistines were wroth with him; and the princes of the Philistines said to him, Make the man return, that he may go again to his place where thou hast appointed him, that he go not down with us to the battle, that in the battle he be not an adversary to us; for wherewith should this {fellow} reconcile himself to his master? should it not be with the heads of these men?5 Is not this David, of whom they sang one to another in dances, saying, Saul smote his thousands, and David his ten thousands?6 And Achish called David, and said to him, {As} Jehovah liveth, thou art upright, and thy going out and thy coming in with me in the camp is acceptable to me; for I have not found evil in thee since the day of thy coming to me to this day; but thou art not acceptable to the lords.7 And now return, and go in peace, that thou displease not the lords of the Philistines.8 And David said to Achish, But what have I done? and what hast thou found in thy servant so long as I have been with thee to this day, that I should not go and fight against the enemies of my lord the king?9 And Achish answered and said to David, I know that thou art acceptable to me, as an angel of God; nevertheless the princes of the Philistines have said, He shall not go up with us to the battle.10 And now rise up early in the morning with thy master's servants that are come with thee; and rise ye early in the morning, and when ye have daylight, depart.11 And David rose up early, he and his men, to depart in the morning, to return into the land of the Philistines. And the Philistines went up to Jizreel.

1 En die Filistyne het hulle hele leër by Afek versamel, terwyl Israel laer opgeslaan het by die fontein wat by J¡sreël is.2 Toe die vorste van die Filistyne by honderde en by duisende verbytrek, maar Dawid en sy manne in die agterhoede met Agis saam verbytrek,3 vra die owerstes van die Filistyne: Wat soek hierdie Hebreërs? En Agis sê aan die owerstes van die Filistyne: Dit is mos Dawid, die onderdaan van Saul, die koning van Israel, wat nou al dae of al jare by my is, sonder dat ek iets in hom gevind het van die dag af dat hy oorgeloop het, tot vandag toe.4 Maar die owerstes van die Filistyne het baie kwaad vir hom geword, en die owerstes van die Filistyne het aan hom gesê: Stuur die man terug, dat hy kan teruggaan na die plek wat u hom aangewys het, en laat hom nie met ons saam in die geveg aftrek, dat hy nie vir ons in die geveg 'n teëstander word nie. Want waarmee kan hierdie man hom aangenaam maak by sy heer? Is dit nie met die hoofde van hierdie manne nie?5 Is dit nie die Dawid nie, van wie hulle in die koordanse gesing en gesê het: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tien duisende?6 Agis het Dawid toe geroep en aan hom gesê: So waar as die HERE leef, sekerlik, jy is opreg, en jou uitgang en jou ingang in die leër met my saam is goed in my oë; want ek het geen kwaad in jou gevind van die dag af dat jy na my gekom het tot vandag toe nie. Maar in die oë van die vorste is jy nie goed nie.7 Draai dan nou om en gaan in vrede, en doen niks wat verkeerd is in die oë van die vorste van die Filistyne nie.8 Hierop sê Dawid vir Agis: Maar wat het ek gedoen? Of wat het u in u dienaar gevind van die dag af dat ek voor u gewees het tot vandag toe, dat ek nie mag gaan veg teen die vyande van my heer die koning nie?9 Maar Agis het Dawid geantwoord en gesê: Ek weet dat jy goed is in my oë soos 'n engel van God, maar die owerstes van die Filistyne sê: Hy mag nie met ons saam optrek in die geveg nie.10 Maak jou dan nou môre vroeg klaar met die dienaars van jou heer wat met jou saamgekom het. Julle moet dus môre vroeg klaarmaak, en as dit vir julle lig word, trek dan weg.11 En Dawid het vroeg klaargemaak, hy en sy manne, om in die môre heen te gaan, om terug te trek na die land van die Filistyne; maar die Filistyne het opgetrek na J¡sreël.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-