1 After these things I saw another angel descending out of the heaven, having great authority: and the earth was lightened with his glory.2 And he cried with a strong voice, saying, Great Babylon has fallen, has fallen, and has become the habitation of demons, and a hold of every unclean spirit, and a hold of every unclean and hated bird;3 because all the nations have drunk of the wine of the fury of her fornication; and the kings of the earth have committed fornication with her, and the merchants of the earth have been enriched through the might of her luxury.4 And I heard another voice out of the heaven saying, Come out of her, my people, that ye have not fellowship in her sins, and that ye do not receive of her plagues:5 for her sins have been heaped on one another up to the heaven, and God has remembered her unrighteousnesses.6 Recompense her even as she has recompensed; and double {to her} double, according to her works. In the cup which she has mixed, mix to her double.7 So much as she has glorified herself and lived luxuriously, so much torment and grief give to her. Because she says in her heart, I sit a queen, and I am not a widow; and I shall in no wise see grief:8 for this reason in one day shall her plagues come, death and grief and famine, and she shall be burnt with fire; for strong {is the} Lord God who has judged her.9 And the kings of the earth, who have committed fornication, and lived luxuriously with her, shall weep and wail over her, when they see the smoke of her burning,10 standing afar off, through fear of her torment, saying, Woe, woe, the great city, Babylon, the strong city! for in one hour thy judgment is come.11 And the merchants of the earth weep and grieve over her, because no one buys their lading any more;12 lading of gold, and silver, and precious stones, and pearl, and fine linen, and purple, and silk, and scarlet dye, and all thyine wood, and every article in ivory, and every article in most precious wood, and in brass, and in iron, and in marble,13 and cinnamon, and amomum, and incense, and unguent, and frankincense, and wine, and oil, and fine flour, and wheat, and cattle, and sheep, and of horses, and of chariots, and of bodies, and souls of men.14 And the ripe fruits which were the lust of thy soul have departed from thee, and all fair and splendid things have perished from thee, and they shall not find them any more at all.15 The merchants of these things, who had been enriched through her, shall stand afar off through fear of her torment, weeping and grieving,16 saying, Woe, woe, the great city, which {was} clothed with fine linen and purple and scarlet, and had ornaments of gold and precious stones and pearls!17 for in one hour so great riches has been made desolate. And every steersman, and every one who sailed to any place, and sailors, and all who exercise their calling on the sea, stood afar off,18 and cried, seeing the smoke of her burning, saying, What {city} is like to the great city?19 and cast dust upon their heads, and cried, weeping and grieving, saying, Woe, woe, the great city, in which all that had ships in the sea were enriched through her costliness! for in one hour she has been made desolate.20 Rejoice over her, heaven, and {ye} saints and apostles and prophets; for God has judged your judgment upon her.21 And a strong angel took up a stone, as a great millstone, and cast {it} into the sea, saying, Thus with violence shall Babylon the great city be cast down, and shall be found no more at all;22 and voice of harp-singers and musicians and flute-players and trumpeters shall not be heard any more at all in thee, and no artificer of any art shall be found any more at all in thee, and voice of millstone shall be heard no more at all in thee,23 and light of lamp shall shine no more at all in thee, and voice of bridegroom and bride shall be heard no more at all in thee; for thy merchants were the great ones of the earth; for by thy sorcery have all the nations been deceived.24 And in her was found {the} blood of prophets and saints, and of all the slain upon the earth.
1 En n hierdie dinge het ek 'n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.2 En hy het met 'n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword 'n woonplek van duiwels en 'n versamelplek van allerhande onreine geeste en 'n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,3 omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid.4 En ek het 'n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.5 Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.6 Vergeld haar soos sy ook julle vergeld het, en verdubbel dit vir haar volgens haar werke. Skink vir haar dubbel in die beker waarin sy geskink het.7 Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na die mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart sê: Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie8 daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel.9 En die konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor haar weeklaag wanneer hulle die rook van haar verbranding sien,10 terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, en sê: Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!11 En die handelaars van die aarde sal ween en rou bedrywe oor haar, omdat niemand hulle koopware meer koop nie,12 koopware van goud en silwer en edelgesteente en pêrels en fyn linne en purper en sy en skarlaken; en allerhande geurige hout en allerhande voorwerpe van ivoor en allerhande voorwerpe van die kosbaarste hout en van koper en yster en marmer13 en kaneel en reukwerk en salf en wierook en wyn en olyfolie en fynmeel en koring en grootvee en skape; en van perde en waens en slawe en mensesiele.14 En die vrugte wat jou siel begeer, het van jou gewyk, en al die blinkende en die skitterende dinge het van jou gewyk, en jy sal dit nooit weer kry nie.15 Die handelaars in hierdie dinge, wat van haar ryk geword het, sal ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, terwyl hulle ween en rou bedrywe en sê:16 Wee, wee die groot stad wat bekleed was met fyn linne en purper en skarlaken en versierd met goud en edelgesteente en pêrels, omdat in een uur soveel rykdom verwoes is!17 En elke stuurman en die hele menigte op die skepe, en die matrose en almal wat die see bevaar, het ver weg gaan staan18 en het uitgeroep toe hulle die rook van haar verbranding sien, en gesê: Watter stad is soos die groot stad?19 En hulle het stof op hul hoofde gegooi en onder geween en weeklag uitgeroep en gesê: Wee, wee die groot stad waarin almal wat skepe op die see het, deur haar kostelike skatte ryk geword het; want dit is in een uur verwoes!20 Verbly jou oor haar, o hemel, en o heilige apostels en profete, omdat God julle oordeel aan haar voltrek het!21 En een sterk engel het 'n klip opgetel soos 'n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: So, met 'n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.22 En die stem van siterspelers en sangers en fluitspelers en basuinblasers sal nooit meer in jou gehoor word nie, en geen kunstenaar van enige kuns sal ooit weer in jou gevind word nie, en die geluid van die meul sal nooit meer in jou gehoor word nie.23 En die lig van 'n lamp sal nooit meer in jou skyn nie, en die stem van bruidegom en bruid sal nooit meer in jou gehoor word nie; want jou handelaars was die grotes van die aarde; want deur jou towery is al die nasies verlei.24 En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is.