Publicidade

Apocalipse 1

1 Revelation of Jesus Christ, which God gave to him, to shew to his bondmen what must shortly take place; and he signified {it}, sending by his angel, to his bondman John,2 who testified the word of God, and the testimony of Jesus Christ, all things that he saw.3 Blessed {is} he that reads, and they that hear the words of the prophecy, and keep the things written in it; for the time {is} near.4 John to the seven assemblies which {are} in Asia: Grace to you and peace from {him} who is, and who was, and who is to come; and from the seven Spirits which {are} before his throne;5 and from Jesus Christ, the faithful witness, the firstborn from the dead, and the prince of the kings of the earth. To him who loves us, and has washed us from our sins in his blood,6 and made us a kingdom, priests to his God and Father: to him {be} the glory and the might to the ages of ages. Amen.7 Behold, he comes with the clouds, and every eye shall see him, and they which have pierced him, and all the tribes of the land shall wail because of him. Yea. Amen.8 I am the Alpha and the Omega, saith {the} Lord God, he who is, and who was, and who is to come, the Almighty.9 I John, your brother and fellow-partaker in the tribulation and kingdom and patience, in Jesus, was in the island called Patmos, for the word of God, and for the testimony of Jesus.10 I became in {the} Spirit on the Lord's day, and I heard behind me a great voice as of a trumpet,11 saying, What thou seest write in a book, and send to the seven assemblies: to Ephesus, and to Smyrna, and to Pergamos, and to Thyatira, and to Sardis, and to Philadelphia, and to Laodicea.12 And I turned back to see the voice which spoke with me; and having turned, I saw seven golden lamps,13 and in the midst of the {seven} lamps {one} like {the} Son of man, clothed with a garment reaching to the feet, and girt about at the breasts with a golden girdle:14 his head and hair white like white wool, as snow; and his eyes as a flame of fire;15 and his feet like fine brass, as burning in a furnace; and his voice as the voice of many waters;16 and having in his right hand seven stars; and out of his mouth a sharp two-edged sword going forth; and his countenance as the sun shines in its power.17 And when I saw him I fell at his feet as dead; and he laid his right hand upon me, saying, Fear not; *I* am the first and the last,18 and the living one: and I became dead, and behold, I am living to the ages of ages, and have the keys of death and of hades.19 Write therefore what thou hast seen, and the things that are, and the things that are about to be after these.20 The mystery of the seven stars which thou hast seen on my right hand, and the seven golden lamps. -The seven stars are angels of the seven assemblies; and the seven lamps are seven assemblies.

1 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,2 wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het.3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.4 Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is,5 en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed6 en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!8 Ek is die Alfa en die Om,ga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.9 Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.10 Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my 'n groot stem gehoor, soos van 'n basuin, wat sê:11 Ek is die Alfa en die Om,ga, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in 'n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na fese en Smirna en P,rgamus en Thiat¡re en Sardis en Filadelf¡a en Laodic,a.12 Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,13 en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met 'n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met 'n goue gordel.14 Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos 'n vuurvlam,15 en sy voete soos blink koper wat gloei soos in 'n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.16 En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en 'n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.17 En toe ek Hom sien, val ek soos 'n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste18 en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.19 Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;20 die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-