1 And when it opened the seventh seal, there was silence in the heaven about half an hour.2 And I saw the seven angels who stand before God, and seven trumpets were given to them.3 And another angel came and stood at the altar, having a golden censer; and much incense was given to him, that he might give {efficacy} to the prayers of all saints at the golden altar which {was} before the throne.4 And the smoke of the incense went up with the prayers of the saints, out of the hand of the angel before God.5 And the angel took the censer, and filled it from the fire of the altar, and cast {it} on the earth: and there were voices, and thunders and lightnings, and an earthquake.6 And the seven angels who had the seven trumpets prepared themselves that they might sound with {their} trumpets.7 And the first sounded {his} trumpet: and there was hail and fire, mingled with blood, and they were cast upon the earth; and the third part of the earth was burnt up, and the third part of the trees was burnt up, and all green grass was burnt up.8 And the second angel sounded {his} trumpet: and as a great mountain burning with fire was cast into the sea, and the third part of the sea became blood;9 and the third part of the creatures which were in the sea which had life died; and the third part of the ships were destroyed.10 And the third angel sounded {his} trumpet: and there fell out of the heaven a great star, burning as a torch, and it fell upon the third part of the rivers, and upon the fountains of waters.11 And the name of the star is called Wormwood; and the third part of the waters became wormwood, and many of the men died of the waters because they were made bitter.12 And the fourth angel sounded {his} trumpet: and the third part of the sun was smitten, and the third part of the moon, and the third part of the stars; so that the third part of them should be darkened, and that the day should not appear {for} the third part of it, and the night the same.13 And I saw, and I heard an eagle flying in mid-heaven, saying with a loud voice, Woe, woe, woe, to them that dwell upon the earth, for the remaining voices of the trumpet of the three angels who are about to sound.
1 En toe Hy die sewende seël oopgemaak het, kom daar stilte in die hemel omtrent 'n halfuur lank.2 En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, en sewe basuine is aan hulle gegee.3 En 'n ander engel het gekom en met 'n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê;4 en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God.5 En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing.6 En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas.7 En die eerste engel het geblaas, en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. En 'n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.8 En die tweede engel het geblaas, en iets soos 'n groot berg wat brand met vuur, is in die see gegooi. En 'n derde van die see het bloed geword,9 en 'n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en 'n derde van die skepe het vergaan.10 En die derde engel het geblaas, en 'n groot ster wat soos 'n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op 'n derde van die riviere en op die waterfonteine.11 En die naam van die ster word genoem Alsem; en 'n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.12 En die vierde engel het geblaas, en 'n derde van die son is getref en 'n derde van die maan en 'n derde van die sterre, sodat 'n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so.13 En ek het gesien en gehoor 'n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met 'n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!