1 And I saw another sign in the heaven, great and wonderful: seven angels having seven plagues, the last; for in them the fury of God is completed.2 And I saw as a glass sea, mingled with fire, and those that had gained the victory over the beast, and over its image, and over the number of its name, standing upon the glass sea, having harps of God.3 And they sing the song of Moses bondman of God, and the song of the Lamb, saying, Great and wonderful {are} thy works, Lord God Almighty; righteous and true {are} thy ways, O King of nations.4 Who shall not fear {thee}, O Lord, and glorify thy name? for {thou} only {art} holy; for all nations shall come and do homage before thee; for thy righteousnesses have been made manifest.5 And after these things I saw, and the temple of the tabernacle of witness in the heaven was opened;6 and the seven angels who had the seven plagues came out of the temple, clothed in pure bright linen, and girded about the breasts with golden girdles.7 And one of the four living creatures gave to the seven angels seven golden bowls, full of the fury of God, who lives to the ages of ages.8 And the temple was filled with smoke from the glory of God and from his power: and no one could enter into the temple until the seven plagues of the seven angels were completed.
1 En ek het 'n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig.2 En ek het gesien iets soos 'n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God.3 En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.5 En n hierdie dinge het ek gesien, en kyk, die tempel van die tent van die getuienis in die hemel is geopen.6 En die sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom, bekleed met rein, blink linne, en om die bors omgord met goue gordels.7 En een van die vier lewende wesens het aan die sewe engele sewe goue skale gegee, vol van die grimmigheid van God wat leef tot in alle ewigheid.8 En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.