Publicidade

Daniel 12

1 And at that time shall Michael stand up, the great prince who standeth for the children of thy people; and there shall be a time of distress, such as never was since there was a nation until that time. And at that time thy people shall be delivered, every one that is found written in the book.2 And many of them that sleep in the dust of the earth shall awake, some to everlasting life, and some to shame, to everlasting contempt.3 And they that are wise shall shine as the brightness of the expanse; and they that turn the many to righteousness as the stars, for ever and ever.4 And thou, Daniel, close the words, and seal the book, till the time of the end. Many shall run to and fro, and knowledge shall be increased.5 And I Daniel looked, and behold, there stood other two, the one on this side, on the bank of the river, and the other on that side, on the bank of the river.6 And he said to the man clothed in linen, who was above the waters of the river, How long {is it to} the end of these wonders?7 And I heard the man clothed in linen, who was above the waters of the river; and he held up his right hand and his left hand unto the heavens, and swore by him that liveth for ever that it is for a time, times, and a half; and when the scattering of the power of the holy people shall be accomplished, all these things shall be finished.8 And I heard, but I understood not. And I said, My lord, what shall be the end of these things?9 And he said, Go thy way, Daniel; for these words are closed and sealed till the time of the end.10 Many shall be purified, and be made white, and be refined; but the wicked shall do wickedly: and none of the wicked shall understand; but the wise shall understand.11 And from the time that the continual {sacrifice} is taken away, and the abomination that maketh desolate set up, {there shall be} a thousand, two hundred, and ninety days.12 Blessed is he that waiteth, and cometh to the thousand three hundred and thirty-five days!13 But do thou go thy way until the end; and thou shalt rest, and stand in thy lot at the end of the days.

1 En in die tyd sal M¡gael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat 'n volk bestaan het tot op die tyd nie; maar in die tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.3 En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.4 En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.5 En ek, Daniël, het gesien, en kyk daar het twee ander gestaan, die een duskant op die wal van die rivier en die ander oorkant op die wal van die rivier.6 En een het aan die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, gesê: Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly?7 Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende: 'n Tyd, tye en 'n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word.8 En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge?9 En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.10 Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.11 En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend twee honderd en negentig dae verloop.12 Welgeluksalig is hy wat bly verwag en duisend drie honderd vyf en dertig dae bereik.13 En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.

Veja também

Publicidade
Daniel
Ver todos os capítulos de Daniel
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-