1 In the first year of Belshazzar king of Babylon, Daniel saw a dream and visions of his head upon his bed: then he wrote the dream; he told the sum of the matters.2 Daniel spoke and said, I saw in my vision by night, and behold, the four winds of the heavens broke forth upon the great sea.3 And four great beasts came up from the sea, different one from another.4 The first was like a lion, and had eagle's wings: I beheld till its wings were plucked; and it was lifted up from the earth, and made to stand upon two feet as a man, and a man's heart was given to it.5 And behold, another beast, a second, like unto a bear, and it raised up itself on one side; and {it had} three ribs in its mouth between its teeth; and they said thus unto it: Arise, devour much flesh.6 After this I saw, and behold, another, like a leopard, and it had four wings of a bird upon its back; and the beast had four heads; and dominion was given to it.7 After this I saw in the night visions, and behold, a fourth beast, dreadful and terrible, and exceeding strong; and it had great iron teeth: it devoured and broke in pieces, and stamped the rest with its feet; and it was different from all the beasts that were before it; and it had ten horns.8 I considered the horns, and behold, there came up among them another, a little horn, before which three of the first horns were plucked up by the roots; and behold, in this horn were eyes like the eyes of a man, and a mouth speaking great things.9 I beheld till thrones were set, and the Ancient of days did sit: his raiment was white as snow, and the hair of his head like pure wool; his throne was flames of fire, {and} its wheels burning fire.10 A stream of fire issued and came forth from before him; thousand thousands ministered unto him, and ten thousand times ten thousand stood before him: the judgment was set, and the books were opened.11 I beheld therefore, because of the voice of the great words that the horn spoke; I beheld till the beast was slain, and its body destroyed, and it was given up to be burned with fire.12 As for the rest of the beasts, their dominion was taken away; but their lives were prolonged for a season and a time.13 I saw in the night visions, and behold, there came with the clouds of heaven {one} like a son of man, and he came up even to the Ancient of days, and they brought him near before him.14 And there was given him dominion, and glory, and a kingdom, that all peoples, nations, and languages should serve him: his dominion is an everlasting dominion, which shall not pass away, and his kingdom {that} which shall not be destroyed.15 As for me Daniel, my spirit was grieved in the midst of my body, and the visions of my head troubled me.16 I came near unto one of them that stood by, and asked him the certainty of all this. And he told me, and made me know the interpretation of the things:17 These great beasts, which are four, are four kings, {that} shall arise out of the earth.18 But the saints of the most high {places} shall receive the kingdom, and they shall possess the kingdom for ever, even to the ages of ages.19 Then I desired to know the certainty concerning the fourth beast, which was different from them all, exceeding dreadful, whose teeth were of iron, and its nails of brass; which devoured, broke in pieces, and stamped the rest with its feet;20 and concerning the ten horns that were in its head, and the other that came up, and before which three fell: even that horn that had eyes, and a mouth speaking great things, and whose look was more imposing than its fellows.21 I beheld, and that horn made war with the saints, and prevailed over them;22 until the Ancient of days came, and judgment was given to the saints of the most high {places}; and the appointed time arrived, and the saints possessed the kingdom.23 He said thus: The fourth beast shall be a fourth kingdom upon the earth, which shall be different from all the kingdoms, and shall devour the whole earth, and shall tread it down, and break it in pieces.24 And as to the ten horns, out of this kingdom shall arise ten kings; and another shall arise after them; and he shall be different from the former, and he shall subdue three kings.25 And he shall speak words against the Most High, and shall wear out the saints of the most high {places}, and think to change seasons and the law; and they shall be given into his hand until a time and times and a half time.26 And the judgment shall sit, and they shall take away his dominion, to consume and to destroy it unto the end.27 But the kingdom and the dominion, and the greatness of the kingdoms under the whole heavens, shall be given to the people of the saints of the most high {places}. His kingdom is an everlasting kingdom, and all dominions shall serve and obey him.28 So far is the end of the matter. As for me Daniel, my thoughts much troubled me, and my countenance was changed in me; but I kept the matter in my heart.
1 In die eerste jaar van B,lsasar, die koning van Babel, het Daniël 'n droomgesig gesien en gesigte van sy hoof op sy bed. Toe het hy die droom opgeskrywe, die hoofsaak vertel.2 Daniël het gespreek en gesê: Ek het in die nag in my gesig gesien, en kyk, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring;3 en vier groot diere het uit die see opgeklim, die een verskillend van die ander.4 Die eerste was soos 'n leeu, en hy het vlerke van 'n arend gehad; ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is en dit van die grond af opgehef en soos 'n mens op twee voete neergesit is en daaraan 'n mensehart gegee is.5 En kyk, 'n ander dier, 'n tweede, het gelyk soos 'n beer, en is aan die een kant opgerig; en drie ribbes was in sy bek tussen sy tande; en so het hulle vir hom gesê: Staan op, eet baie vleis.6 Daarna het ek gesien, en kyk, daar was 'n ander een soos 'n luiperd, en dit het vier vlerke van 'n voël op sy rug gehad; ook het die dier vier koppe gehad, en aan hom is heerskappy gegee.7 Daarna het ek in die naggesigte gesien, en kyk, daar was 'n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad.8 Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar 'n ander horinkie tussen hulle op, en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel; en kyk, in hierdie horing was oë soos mens-oë, en 'n mond wat groot dinge spreek.9 Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en 'n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan 'n brandende vuur;10 'n stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend maal duisende het Hom gedien, en tien duisend maal tien duisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit, en die boeke is geopen.11 Ek het toe bly kyk vanweë die stem van die groot woorde wat die horing gespreek het; ek het bly kyk totdat die dier gedood en sy liggaam vernietig en aan die verbranding deur vuur oorgegee is.12 Ook aan die ander diere is hulle heerskappy ontneem, en verlenging van die lewe is aan hulle gegee tot op tyd en uur.13 Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van 'n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.14 En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is 'n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.15 Die gees van my, Daniël, is in sy omhulsel verontrus, en die gesigte van my hoof het my verskrik.16 Ek het nader gekom na een van die wat daar gestaan het, en van hom sekerheid gevra oor dit alles; en hy het dit vir my gesê en die uitlegging van die dinge aan my bekend gemaak:17 Hierdie groot diere wat vier is -- vier konings sal uit die aarde opstaan;18 en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid.19 Toe wou ek sekerheid verkry oor die vierde dier wat van al die ander verskillend was, buitengewoon vreeslik, met ystertande en met koperkloue, wat verslind, vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap het,20 en oor die tien horings wat op sy kop was, en die ander een wat opgekom het en waarvoor drie geval het, naamlik hierdie horing wat oë en 'n mond gehad het wat groot dinge gespreek het, terwyl sy gestalte groter was as van die ander.21 Ek het gesien dat hierdie horing oorlog voer met die heiliges en hulle oorwin,22 totdat die Oue van dae kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die koninkryk in besit geneem het.23 So het hy gesê: Die vierde dier -- die vierde koninkryk sal op die aarde wees, wat verskil van al die koninkryke en die hele aarde sal verslind en dit sal vertrap en dit verbrysel.24 En die tien horings -- uit daardie koninkryk sal tien konings opstaan, en 'n ander een sal n hulle opstaan, en hy sal verskillend wees van die voriges en drie konings neerwerp.25 En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende 'n tyd en tye en die helfte van 'n tyd.26 Maar die gereg sal sit, en hulle sal hom die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg en te vernietig.27 Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is 'n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.28 Hier is die einde van die saak. Wat my, Daniël, betref, my gedagtes het my baie verskrik en my gelaatskleur het verander aan my, maar die saak het ek in my hart bewaar.