1 In the third year of the reign of Belshazzar the king, a vision appeared unto me, {even} to me Daniel, after that which appeared unto me at the first.2 And I saw in the vision; and it came to pass, when I saw, that I was in the fortress of Shushan, which is in the province of Elam. And I saw in the vision, and I was by the river Ulai.3 And I lifted up mine eyes and saw, and behold, there stood before the river a ram which had two horns; and the two horns were high; and one was higher than the other, and the higher came up last.4 I saw the ram pushing westward, and northward, and southward, and no beast could stand before him, neither was there any that could deliver out of his hand; and he did according to his will, and became great.5 And as I was considering, behold, a he-goat came from the west over the face of the whole earth, and touched not the ground: and the goat had a notable horn between his eyes.6 And he came to the ram that had the two horns, which I had seen standing before the river, and ran upon him in the fury of his power.7 And I saw him come close to the ram, and he was enraged with him, and smote the ram, and broke his two horns; and there was no power in the ram to stand before him; and he cast him down to the ground, and trampled upon him; and there was none that could deliver the ram out of his hand.8 And the he-goat became exceeding great; but when he was become strong, the great horn was broken; and in its stead came up four notable ones toward the four winds of the heavens.9 And out of one of them came forth a little horn, which became exceeding great, toward the south, and toward the east, and toward the beauty {of the earth}.10 And it became great, even to the host of heaven; and it cast down {some} of the host and of the stars to the ground, and trampled upon them.11 (And he magnified {himself} even to the prince of the host, and from him the continual {sacrifice} was taken away, and the place of his sanctuary was cast down.12 And a time of trial was appointed unto the continual {sacrifice} by reason of transgression.) And it cast down the truth to the ground; and it practised and prospered.13 And I heard one saint speaking, and another saint said unto that one who spoke, How long shall be the vision of the continual {sacrifice} and of the transgression that maketh desolate, to give both the sanctuary and the host to be trodden down under foot?14 And he said unto me, Until two thousand and three hundred evenings {and} mornings: then shall the sanctuary be vindicated.15 And it came to pass, when I Daniel had seen the vision, I sought for the understanding of it, and behold, there stood before me as the appearance of a man.16 And I heard a man's voice between {the banks of} the Ulai; and he called and said, Gabriel, make this {man} to understand the vision.17 And he came near where I stood; and when he came, I was afraid, and fell on my face; and he said unto me, Understand, son of man; for the vision is for the time of the end.18 Now, as he was speaking with me, I was in a deep stupor, with my face toward the ground. And he touched me, and set me up where I had stood.19 And he said, Behold, I will make thee know what shall be at the end of the indignation: for at the set time the end shall be.20 The ram that thou sawest having the two horns: they are the kings of Media and Persia.21 And the rough goat is the king of Greece; and the great horn that was between his eyes is the first king.22 Now that being broken, whereas four stood up in its stead, four kingdoms shall stand up out of the nation, but not with his power.23 And at the latter time of their kingdom, when the transgressors shall have come to the full, a king of bold countenance, and understanding riddles, shall stand up.24 And his power shall be mighty, but not by his own power; and he shall destroy marvellously, and shall prosper, and shall practise, and shall destroy the mighty ones, and the people of the saints.25 And through his cunning shall he cause craft to prosper in his hand; and he will magnify {himself} in his heart, and by prosperity will corrupt many; and he will stand up against the Prince of princes: but he shall be broken without hand.26 And the vision of the evening and the morning which hath been told is true; but close thou up the vision, for it is for many days {to come}.27 And I Daniel fainted, and was sick {certain} days: then I rose up, and did the king's business. And I was astonished at the vision, but none understood {it}.
1 In die derde jaar van die regering van koning B,lsasar het aan my, Daniël, 'n gesig verskyn n die een wat die vorige keer aan my verskyn het.2 Ek het naamlik in die gesig gesien -- terwyl ek kyk, was ek in die vesting Susan wat in die provinsie Elam lê; en ek het in die gesig gesien dat ek my aan die Ulairivier bevind het.3 En ek het my oë opgeslaan en gesien, en kyk, daar staan 'n ram voor die rivier; en hy het twee horings gehad, en die twee horings was hoog, ook was die een hoër as die ander, en die hoogste het laaste uitgekom.4 Ek het die ram sien stoot na die weste en na die noorde en na die suide, en al die diere kon voor hom nie standhou nie, en daar was niemand wat uit sy mag gered het nie; maar hy het gedoen net wat hy wou, en het magtig geword.5 Terwyl ek daarop ag gee, kom daar 'n bokram uit die weste aan oor die oppervlakte van die hele aarde, sonder om aan die grond te raak; en die bok het 'n aansienlike horing tussen sy oë gehad.6 En hy het na die ram met die twee horings aangekom wat ek voor die rivier sien staan het, en hom in die woede van sy krag stormgeloop.7 En ek het hom gesien hoe hy tot by die ram kom en op hom verbitterd word en die ram stoot en sy twee horings verbreek; en daar was geen krag in die ram om voor hom stand te hou nie, sodat hy hom teen die grond gegooi en hom vertrap het, en daar was niemand wat die ram uit sy mag gered het nie.8 En die bok het uitermate magtig geword; maar toe hy sterk was, het die groot horing afgebreek, en vier aansienlike horings het in sy plek uitgekom na die vier windstreke van die hemel.9 En uit een van die het 'n horing, eers klein, uitgekom, maar dit het baie groot geword na die suide en na die ooste en na die Pragtige Land toe.10 En dit het groot geword tot by die leër van die hemel en het sommige van die leër, naamlik van die sterre, op die aarde laat val en hulle vertrap.11 Selfs tot by die Vors van die leër het dit groot geword, sodat die voortdurende offer Hom ontneem en sy heilige woning neergewerp is.12 En 'n leër is aan die horing oorgelewer in goddeloosheid saam met die voortdurende offer; en dit het die waarheid op die grond neergewerp en in sy optrede voorspoed gehad.13 Toe hoor ek 'n heilige spreek; en 'n ander heilige het aan die een wat spreek, gesê: Hoe lank sal die gesig duur -- van die voortdurende offer en die ontsettende goddeloosheid -- sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word?14 En hy het vir my gesê: Twee duisend drie honderd aande en môre s, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.15 En toe ek, Daniël, die gesig gesien het, het ek probeer om dit te verstaan, en kyk, daar het iemand voor my gestaan wat soos 'n man gelyk het.16 En ek het 'n mensestem gehoor uit die Ulai wat geroep en gesê het: Gabriël, laat hierdie een die gesig verstaan!17 Toe kom hy by my staanplek; en toe hy kom, het ek geskrik en op my aangesig geval. En hy het vir my gesê: Let op, mensekind, want die gesig sien op die tyd van die einde.18 En terwyl hy met my spreek, het ek bewusteloos met my aangesig op die grond geval; toe het hy my aangeroer en my op my staanplek opgerig19 en gesê: Kyk, ek maak jou bekend wat aan die einde van die strafgerig sal gebeur, want dit sien op die bepaalde tyd van die einde.20 Die ram wat jy gesien het met die twee horings, is die konings van die Meders en die Perse.21 En die harige bok is die koning van Griekeland; en die groot horing wat tussen sy oë was, dit is die eerste koning.22 En dat dit gebreek is en vier in sy plek ontstaan het -- vier koninkryke sal uit sy volk ontstaan, maar nie met sy krag nie.23 Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volgemaak het, sal 'n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan.24 En sy krag sal sterk word, maar nie deur sy krag nie; en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer; en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges.25 En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van die vorste, maar hy sal sonder toedoen van mensehand verbreek word.26 En die gesig van die aande en die môre s waarvan gespreek is, dit is waarheid; en jy, hou die gesig geheim, want dit sien op 'n verre toekoms.27 En ek, Daniël, was gedaan en was dae lank siek; daarna het ek opgestaan en die werk van die koning gedoen; en ek was verstom oor die gesig, maar niemand het dit gemerk nie.