Publicidade

Daniel 1

1 In the third year of the reign of Jehoiakim king of Judah came Nebuchadnezzar king of Babylon unto Jerusalem, and besieged it.2 And the Lord gave Jehoiakim king of Judah into his hand, and a part of the vessels of the house of God; and he carried them into the land of Shinar, to the house of his god; and he brought the vessels into the treasure-house of his god.3 And the king spoke unto Ashpenaz the chief of his eunuchs, that he should bring of the children of Israel, both of the royal seed and of the nobles,4 youths in whom was no blemish, and of goodly countenance, and skilful in all wisdom, and acquainted with knowledge, and understanding science, and such as had ability in them to stand in the king's palace, and whom they might teach the learning and the language of the Chaldeans.5 And the king appointed unto them a daily provision of the king's delicate food, and of the wine that he drank, to nourish them three years, that at the end thereof they might stand before the king.6 Now among these were of the children of Judah, Daniel, Hananiah, Mishael, and Azariah.7 And the prince of the eunuchs gave them names: to Daniel he gave {the name} Belteshazzar, and to Hananiah, Shadrach, and to Mishael, Meshach, and to Azariah, Abed-nego.8 And Daniel purposed in his heart that he would not pollute himself with the king's delicate food, nor with the wine which he drank; and he requested of the prince of the eunuchs that he might not have to pollute himself.9 And God granted Daniel favour and mercy before the prince of the eunuchs.10 And the prince of the eunuchs said unto Daniel, I fear my lord the king who hath appointed your food and your drink; for why should he see your faces worse liking than the youths who are of your age? and ye would endanger my head with the king.11 And Daniel said to the steward, whom the prince of the eunuchs had set over Daniel, Hananiah, Mishael, and Azariah,12 Prove thy servants, I beseech thee, ten days; and let them give us pulse to eat, and water to drink;13 then let our countenances be looked upon before thee, and the countenance of the youths that eat of the king's delicate food: and as thou shalt see, deal with thy servants.14 And he hearkened unto them in this matter, and proved them ten days.15 And at the end of ten days their countenances appeared fairer and were fatter in flesh than all the youths that ate of the king's delicate food.16 So the steward took away their delicate food, and the wine that they should drink; and gave them pulse.17 As for these four youths, God gave them knowledge and skill in all learning and wisdom; and Daniel had understanding in all visions and dreams.18 And at the end of the days that the king had said he should bring them in, the prince of the eunuchs brought them in before Nebuchadnezzar.19 And the king spoke with them; and among them all was found none like Daniel, Hananiah, Mishael, and Azariah: and they stood before the king.20 And in all matters of judicious wisdom, as to which the king enquired of them, he found them ten times better than all the scribes {and} magicians that were in all his realm.21 And Daniel continued unto the first year of king Cyrus.

1 In die derde jaar van die regering van Jojakim, die koning van Juda, het Nebukadn,sar, die koning van Babel, na Jerusalem gekom en dit beleër.2 En die Here het Jojakim, die koning van Juda, in sy hand gegee, met 'n gedeelte van die voorwerpe van die huis van God, en hy het hulle na die land S¡near gebring in die huis van sy god, en die voorwerpe het hy in die skathuis van sy god gebring.3 Daarop het die koning aan Aspenas, die owerste van sy hofdienaars, bevel gegee om uit die kinders van Israel, uit die koninklike geslag sowel as uit die edeles, te bring:4 jong seuns aan wie geen enkele liggaamsgebrek was nie, maar wat mooi van aansien was en vernuftig in allerhande wysheid en in besit van kennis en insig in wetenskap, en wat bekwaam was om in die paleis van die koning te dien; en om hulle die skrif en die taal van die Chaldeërs te leer.5 En die koning het vir hulle 'n daaglikse porsie bestem uit die spys van die koning en van die wyn wat hy gedrink het; om hulle so drie jaar lank op te voed, sodat hulle aan die einde daarvan voor die koning kan dien.6 En onder hulle was uit die kinders van Juda: Daniël, Han nja, M¡sael en As rja.7 Maar die owerste van die hofdienaars het hulle ander name gegee: Daniël het hy B,ltsasar genoem, en Han nja Sadrag, en M¡sael Mesag, en As rja Abedn,go.8 En Daniël het hom voorgeneem om hom nie te verontreinig met die spys van die koning of met die wyn wat hy gedrink het nie; daarom het hy die owerste van die hofdienaars vergunning gevra dat hy hom nie hoef te verontreinig nie.9 En God het aan Daniël guns en barmhartigheid verleen by die owerste van die hofdienaars.10 En die owerste van die hofdienaars het aan Daniël gesê: Ek vrees my heer die koning, wat julle voedsel en julle drank vasgestel het; want waarom moet hy sien dat julle aangesigte meer vervalle is as die van die jong seuns wat van julle leeftyd is, sodat julle my hoof by die koning met skuld sou belaai?11 Maar Daniël het aan die bediende gesê wat die owerste van die hofdienaars oor Daniël, Han nja, M¡sael en As rja aangestel het:12 Stel tog u dienaars tien dae lank op die proef, en laat hulle ons van die groente gee om te eet en water om te drink;13 laat daarna ons voorkoms en die voorkoms van die jong seuns wat die spys van die koning eet, deur u besigtig word; handel dan met u dienaars soos u bevinding sal wees.14 Hy het toe na hulle geluister in hierdie saak en hulle tien dae lank op die proef gestel.15 En aan die einde van tien dae het hulle voorkoms beter en hulle voller van vlees gelyk as al die jong seuns wat die spys van die koning geëet het.16 So het dan die bediende hulle spys en die wyn wat hulle moes drink, weggeneem en aan hulle groente gegee.17 En hierdie vier jong seuns -- God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome.18 En aan die einde van die dae wat die koning vasgestel het om hulle in te bring, het die owerste van die hofdienaars hulle voor Nebukadn,sar gebring.19 En die koning het met hulle gespreek, en onder hulle almal is daar niemand gevind soos Daniël, Han nja, M¡sael en As rja nie. So het hulle dan voor die koning gedien.20 En in enige saak van wyse insig waarin die koning hulle ondervra het, het hy bevind dat hulle al die geleerdes en besweerders in sy hele koninkryk tien maal oortref het.21 En Daniël was daar tot die eerste jaar van koning Kores.

Veja também

Publicidade
Daniel
Ver todos os capítulos de Daniel
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-