Publicidade

1 Pedro 3

1 Likewise, wives, {be} subject to your own husbands, that, even if any are disobedient to the word, they may be gained without {the} word by the conversation of the wives,2 having witnessed your pure conversation {carried out} in fear;3 whose adorning let it not be that outward one of tressing of hair, and wearing gold, or putting on apparel;4 but the hidden man of the heart, in the incorruptible {ornament} of a meek and quiet spirit, which in the sight of God is of great price.5 For thus also the holy women who have hoped in God heretofore adorned themselves, being subject to their own husbands;6 as Sarah obeyed Abraham, calling him lord; whose children ye have become, doing good, and not fearing with any kind of consternation.7 {Ye} husbands likewise, dwell with {them} according to knowledge, as with a weaker, {even} the female, vessel, giving {them} honour, as also fellow-heirs of {the} grace of life, that your prayers be not hindered.8 Finally, {be} all of one mind, sympathising, full of brotherly love, tender hearted, humble minded;14 But if also ye should suffer for righteousness' sake, blessed {are ye}; but be not afraid of their fear, neither be troubled;15 but sanctify {the} Lord the Christ in your hearts, and {be} always prepared to {give} an answer {to} every one that asks you to give an account of the hope that {is} in you, but with meekness and fear;16 having a good conscience, that {as to that} in which they speak against you as evildoers, they may be ashamed who calumniate your good conversation in Christ.17 For {it is} better, if the will of God should will it, to suffer {as} well-doers than {as} evildoers;18 for Christ indeed has once suffered for sins, {the} just for {the} unjust, that he might bring us to God; being put to death in flesh, but made alive in {the} Spirit,19 in which also going he preached to the spirits {which are} in prison,20 heretofore disobedient, when the longsuffering of God waited in {the} days of Noah while the ark was preparing, into which few, that is, eight souls, were saved through water:21 which figure also now saves you, {even} baptism, not a putting away of {the} filth of flesh, but {the} demand as before God of a good conscience, by {the} resurrection of Jesus Christ,22 who is at {the} right hand of God, gone into heaven, angels and authorities and powers being subjected to him.

1 Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word2 as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het.3 Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,4 maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van 'n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.5 Want so het vroeër ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig,6 soos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het; wie se kinders julle geword het as julle goed doen en geen enkele verskrikking vrees nie.7 Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is -- sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.8 En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.9 Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.10 Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.11 Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.12 Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.13 En wie is dit wat julle kwaad sal aandoen as julle navolgers is van die goeie?14 Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.15 Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees;16 met behoud van 'n goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle beskaam mag word wat julle goeie lewenswandel in Christus belaster.17 Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle ly wanneer julle goed doen as wanneer julle kwaad doen.18 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring -- Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;19 in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis,20 wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;21 waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as 'n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as 'n bede tot God om 'n goeie gewete -- deur die opstanding van Jesus Christus22 wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.

Veja também

Publicidade
1 Pedro
Ver todos os capítulos de 1 Pedro
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-