1 And the king and Haman came to drink with Esther the queen.2 And the king said again to Esther on the second day, at the banquet of wine, What is thy petition, queen Esther? and it shall be granted thee; and what is thy request? even to the half of the kingdom it shall be done.3 And Esther the queen answered and said, If I have found grace in thy sight, O king, and if it please the king, let my life be given me at my petition, and my people at my request;4 for we are sold, I and my people, to be destroyed, to be slain, and to perish. But if we had been sold for bondmen and bondwomen, I had held my tongue, although the adversary could not compensate the king's damage.5 And king Ahasuerus spoke and said to Esther the queen, Who is he, and where is he that has filled his heart to do so?6 And Esther said, The adversary and enemy is this wicked Haman. Then Haman was terrified before the king and the queen.7 And the king in his wrath rose up from the banquet of wine, {and went} into the palace garden; but Haman stayed to make request for his life to Esther the queen, for he saw that there was evil determined against him by the king.8 And the king returned out of the palace garden into the house of the banquet of wine, and Haman was fallen upon the couch on which Esther was. And the king said, Will he even force the queen before me in the house? The word went forth out of the king's mouth, and they covered Haman's face.9 And Harbonah, one of the chamberlains, said before the king, Behold, also, the gallows fifty cubits high, that Haman made for Mordecai, who spoke good for the king, stands in the house of Haman. And the king said, Hang him on it!10 So they hanged Haman on the gallows that he had prepared for Mordecai. And the king's wrath was appeased.
1 Toe die koning en Haman inkom om saam met koningin Ester die feesmaal te hou,2 sê die koning aan Ester ook op die tweede dag, terwyl hulle wyn drink: Wat is jou bede, koningin Ester? -- dit sal jou toegestaan word. En wat is jou versoek? Al was dit die helfte van die koninkryk -- daaraan sal voldoen word.3 En koningin Ester antwoord en sê: As ek genade in u oë gevind het, o koning, en as die koning dit goedvind, laat my lewe my geskenk word op my bede en my volk op my versoek.4 Want ons is verkoop, ek en my volk, om verdelg, gedood en uitgeroei te word. Was ons nog as slawe en slavinne verkoop, dan sou ek geswyg het, maar hierdie ramp sal onder die verliese van die koning sy weerga nie hê nie.5 Toe spreek koning Ahasv,ros en sê aan koningin Ester: Wie is hy, en waar is hy wie se hart hom ingegee het om so te maak?6 En Ester sê: Die teëstander en vyand is hierdie slegte Haman! Toe skrik Haman voor die koning en die koningin.7 En die koning het in sy woede van die wynmaaltyd opgestaan en na die tuin van die paleis gegaan, terwyl Haman daar bly staan om van koningin Ester die behoud van sy lewe af te smeek; want hy het gesien dat die onheil oor hom by die koning vas besluit was.8 Toe die koning uit die tuin van die paleis in die saal van die wynmaaltyd terugkom, en Haman juis op die rusbank neergeval het waar Ester op sit, sê die koning: Wil hy die koningin ook nog geweld aandoen by my in die huis? Die woord was nouliks uit die mond van die koning of hulle het die gesig van Haman bedek.9 Daarop sê Harbona, een van die hofdienaars voor die koning: Daar staan reeds die galg wat Haman laat maak het vir Mordegai wat ten voordele van die koning gespreek het, by die huis van Haman, vyftig el hoog! Toe sê die koning: Hang hom daaraan op!10 En hulle het Haman opgehang aan die galg wat hy vir Mordegai opgerig het, en die woede van die koning het bedaar.