1 After these things, when the fury of king Ahasuerus was appeased, he remembered Vashti, and what she had done, and what was decreed against her.2 Then said the king's servants that attended upon him, Let there be maidens, virgins of beautiful countenance, sought for the king;3 and let the king appoint officers in all the provinces of his kingdom, that they may gather together all the young virgins of beautiful countenance to Shushan the fortress, to the house of the women, unto the custody of Hegai the king's chamberlain, keeper of the women; and let their things for purification be given.4 And let the maiden that pleaseth the king be queen instead of Vashti. And the thing pleased the king; and he did so.5 There was in Shushan the fortress a certain Jew, whose name was Mordecai, the son of Jair, the son of Shimei, the son of Kish, a Benjaminite,6 who had been carried away from Jerusalem with the captives who had been carried away with Jeconiah king of Judah, whom Nebuchadnezzar the king of Babylon had carried away.7 And he brought up Hadassah, that is, Esther, his uncle's daughter; for she had neither father nor mother-and the maiden was fair and beautiful-and when her father and mother were dead, Mordecai took her for his own daughter.8 And it came to pass when the king's commandment and his decree was heard, and when many maidens were gathered together unto Shushan the fortress, unto the custody of Hegai, that Esther also was brought into the king's house, unto the custody of Hegai, keeper of the women.9 And the maiden pleased him, and obtained favour before him; and he speedily gave her her things for purification, and her portions, and the seven maidens selected to be given her, out of the king's house; and he removed her and her maids to the best {place} of the house of the women.10 Esther had not made known her people nor her birth; for Mordecai had charged her that she should not make it known.11 And Mordecai walked every day before the court of the women's house, to know how Esther did, and what should become of her.12 And when every maiden's turn came to go in to king Ahasuerus after that she had been treated for twelve months, according to the manner of the women (for so were the days of their purification accomplished-six months with oil of myrrh, and six months with spices, and with things for the purifying of the women,13 and thus came the maiden in unto the king), whatever she desired was given her to go with her out of the house of the women to the king's house.14 In the evening she went, and on the morrow she returned into the second house of the women, unto the custody of Shaashgaz, the king's chamberlain, keeper of the concubines. She came in to the king no more, unless the king delighted in her, and she were called by name.15 And when the turn of Esther, the daughter of Abihail the uncle of Mordecai, who had taken her for his daughter, came to go in to the king, she required nothing but what Hegai the king's chamberlain, keeper of the women, appointed. And Esther obtained grace in the sight of all them that saw her.16 So Esther was taken to king Ahasuerus, into his royal house, in the tenth month, that is, the month Tebeth, in the seventh year of his reign.17 And the king loved Esther above all the women, and she obtained grace and favour in his sight more than all the virgins, and he set the royal crown upon her head, and made her queen instead of Vashti.18 And the king made a great feast to all his princes and his servants, Esther's feast; and he made a release to the provinces, and gave presents according to the king's bounty.19 And when the virgins were gathered together the second time, Mordecai sat in the king's gate.20 (Esther, as Mordecai had charged her, had not yet made known her birth nor her people; for Esther did what Mordecai told her, like as when she was brought up with him.)21 In those days, while Mordecai sat in the king's gate, two of the king's chamberlains, Bigthan and Teresh, of those which kept the threshold, were wroth, and sought to lay hand on the king Ahasuerus.22 And the thing became known to Mordecai, and he related it to Esther the queen, and Esther told it to the king in Mordecai's name.23 And the matter was investigated and found out; and they were both hanged on a tree. And it was written in the book of the chronicles before the king.
1 Toe n die dinge die woede van koning Ahasv,ros bedaar het, het hy aan Vasti gedink en aan wat sy gedoen het en wat oor haar besluit is.2 Toe sê die jongmanne van die koning wat hom dien: Laat hulle vir die koning jongmeisies soek wat mooi van aansien is;3 en laat die koning beamptes aanstel in al die provinsies van sy koninkryk, dat hulle al die jongmeisies wat mooi van aansien is, bymekaar laat kom in die vesting Susan, in die vrouehuis, onder toesig van Hegai, die hofdienaar van die koning, die bewaker van die vroue; en laat hulle skoonheidsmiddele aan hulle gee.4 En die jongmeisie wat die koning geval, moet in die plek van Vasti koningin word. Hierdie woord dan was goed in die oë van die koning, en hy het so gedoen.5 Daar was 'n Joodse man in die vesting Susan met die naam van Mordegai, die seun van Ja‹r, die seun van S¡me‹, die seun van Kis, 'n Benjaminiet,6 wat uit Jerusalem weggevoer was onder die ballinge wat in ballingskap moes gaan saam met Jegonja, die koning van Juda, wat Nebukadn,sar, die koning van Babel, weggevoer het.7 En hy was die opvoeder van Had ssa, dit is Ester, die dogter van sy oom, want sy het geen vader of moeder gehad nie; en die jongmeisie was skoon van gestalte en mooi van aansien, en by die dood van haar vader en haar moeder het Mordegai haar as sy dogter aangeneem.8 En toe die bevel van die koning en sy wet bekend gemaak is, en baie meisies in die vesting Susan onder toesig van Hegai byeengebring is, het hulle Ester ook saamgeneem na die paleis van die koning, onder toesig van Hegai, die bewaker van die vroue.9 En die meisie het hom geval en guns by hom gevind; daarom het hy gou gemaak om haar die nodige skoonheidsmiddele en die regte ete te gee en haar die sewe uitgesoekte meisies uit die paleis van die koning te verskaf; en hy het haar met haar meisies verplaas na die beste gedeelte van die vrouehuis.10 Ester het haar volk en haar afkoms nie te kenne gegee nie, omdat Mordegai haar beveel het om dit nie te vertel nie.11 En Mordegai het dag vir dag voor die voorhof van die vrouehuis gewandel om te verneem na die welstand van Ester en wat met haar sou gebeur.12 En as die beurt van elke meisie aankom om na koning Ahasv,ros in te gaan, nadat twaalf maande lank met haar volgens die wet vir die vroue gehandel is -- want so lank het die dae van hulle voorbereiding geduur: ses maande lank met mirre-olie en ses maande met balsem en ander skoonheidsmiddele van die vroue --13 as die meisie dan so na die koning ingaan, word alles wat sy sê, aan haar gegee, dat dit saam met haar uit die vrouehuis na die koninklike paleis kan gaan.14 As sy in die aand ingaan en in die môre terugkom na die tweede vrouehuis onder toesig van Saäsgas, die hofdienaar van die koning wat die byvroue bewaak, dan mag sy nie weer by die koning ingaan nie, behalwe as die koning behae in haar vind en sy by die naam geroep word.15 Toe die beurt van Ester, die dogter van Ab¡gail, die oom van Mordegai, wat haar as sy dogter aangeneem het, kom om in te gaan na die koning, het sy niks verlang nie, behalwe wat Hegai, die hofdienaar van die koning wat die vroue bewaak, gesê het; en Ester het guns gevind in die oë van almal wat haar gesien het.16 Ester is toe by koning Ahasv,ros in sy koninklike paleis opgeneem in die tiende maand, dit is die maand Tebet, in die sewende jaar van sy regering.17 En die koning het Ester liefgekry meer as al die vroue, en sy het guns en welwillendheid voor hom gevind meer as al die jongmeisies; en hy het die koninklike kroon op haar hoof gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti.18 En die koning het 'n groot maaltyd aangerig vir al sy vorste en sy dienaars, die maaltyd van Ester; en hy het 'n vrye dag bepaal vir die provinsies en geskenke gegee, eg koninklik!19 En toe die jongmeisies vir die tweede keer versamel is, terwyl Mordegai in die poort van die koning sit --20 Ester het haar afkoms en haar volk nie te kenne gegee nie, soos Mordegai haar beveel het; en Ester het die bevel van Mordegai opgevolg soos toe sy by hom opgevoed is --21 in die dae dan, terwyl Mordegai in die poort van die koning sit, het Bigtan en Teres, twee hofdienaars van die koning, drumpelwagters, kwaad geword en getrag om die hand aan koning Ahasv,ros te slaan.22 Maar Mordegai het dit te wete gekom en dit aan koningin Ester meegedeel; en Ester het dit uit naam van Mordegai aan die koning gesê.23 Toe die saak ondersoek en so bevind is, is hulle twee aan 'n galg opgehang; en dit is in die kroniekboek voor die koning beskrywe.