Publicidade

Ester 8

1 On that day did king Ahasuerus give the house of Haman the Jews' oppressor to Esther the queen. And Mordecai came before the king; for Esther had told what he was to her.2 And the king took off his ring, which he had taken from Haman, and gave it to Mordecai. And Esther set Mordecai over the house of Haman.3 And Esther spoke yet again before the king, and fell down at his feet, and besought him with tears to put away the mischief of Haman the Agagite, and his device which he had devised against the Jews.4 And the king held out the golden sceptre toward Esther. And Esther arose and stood before the king,5 and said, If it please the king and if I have found grace before him, and the thing seem right to the king, and I be pleasing in his sight, let it be written to reverse the letters devised by Haman the son of Hammedatha the Agagite, which he wrote to destroy the Jews that are in all the king's provinces.6 For how shall I endure to see the evil that shall befall my people? and how shall I endure to see the destruction of my kindred?7 And king Ahasuerus said to queen Esther and to Mordecai the Jew, Behold, I have given Esther the house of Haman, and him they have hanged upon the gallows, because he stretched forth his hand against the Jews.8 Write ye then for the Jews as seems good to you, in the king's name, and seal {it} with the king's ring. For a writing that is written in the king's name, and sealed with the king's ring, cannot be reversed.9 Then were the king's scribes called at that time, in the third month, that is, the month Sivan, on the three and twentieth {day} thereof; and it was written according to all that Mordecai commanded, to the Jews, and to the satraps, and the governors, and the princes of the provinces which are from India even to Ethiopia, a hundred and twenty-seven provinces, to every province according to the writing thereof, and to every people according to their language, and to the Jews according to their writing and according to their language.10 And he wrote in the name of king Ahasuerus, and sealed {it} with the king's ring, and sent letters by couriers on horseback riding on coursers, horses of blood reared in the breeding studs:11 {stating} that the king granted the Jews that were in every city to gather themselves together, and to stand for their life, to destroy, to slay, and to cause to perish, all the power of the people and province that might assault them, {their} little ones and women, and to {take} the spoil of them for a prey,12 upon one day in all the provinces of king Ahasuerus, upon the thirteenth of the twelfth month, that is, the month Adar.13 That the decree might be given in every province, a copy of the writing was published to all the peoples, and that the Jews should be ready against that day to avenge themselves on their enemies.14 The couriers mounted on coursers {and} horses of blood went out, being hastened and pressed on by the king's commandment. And the decree was given at Shushan the fortress.15 And Mordecai went out from the presence of the king in royal apparel of blue and white, and with a great crown of gold, and with a mantle of byssus and purple; and the city of Shushan shouted and was glad.16 The Jews had light, and joy, and gladness, and honour.17 And in every province, and in every city, wherever the king's commandment and his decree came, the Jews had joy and gladness, a feast and a good day. And many among the peoples of the land became Jews; for the fear of the Jews had fallen upon them.

1 Op dieselfde dag het koning Ahasv,ros aan koningin Ester die huis gegee van Haman, die teëstander van die Jode; en Mordegai het voor die koning gekom, want Ester het vertel wat hy van haar was.2 En die koning het sy seëlring uitgetrek wat hy van Haman afgeneem het, en dit aan Mordegai gegee; en Ester het Mordegai aangestel oor die huis van Haman.3 En Ester het weer voor die koning gespreek en voor sy voete neergeval en geween en hom gesmeek om die onheil van Haman, die Agagiet, en sy plan wat hy teen die Jode beraam het, te verydel.4 En die koning het die goue septer na Ester uitgesteek, en Ester het haar opgerig en voor die koning gaan staan5 en gesê: As die koning dit goedvind en ek genade voor hom gevind het en die saak reg is voor die koning en ek welgevallig is in sy oë, laat dan geskrywe word om die briewe met die plan van Haman, die seun van Hammed ta, die Agagiet, te herroep wat hy geskrywe het om die Jode wat in al die provinsies van die koning is, uit te roei.6 Want hoe sou ek kan aansien die onheil wat my volk sal tref? En hoe sou ek kan aansien die ondergang van my geslag?7 Toe sê koning Ahasv,ros aan koningin Ester en aan die Jood Mordegai: Kyk, die huis van Haman het ek aan Ester gegee, en hom het hulle aan die galg opgehang, omdat hy sy hand teen die Jode uitgesteek het.8 Skryf julle maar, wat die Jode betref, soos julle dit goedvind uit naam van die koning, en verseël dit met die seëlring van die koning; want 'n geskrif, in naam van die koning geskrywe en verseël met die seëlring van die koning, kan nie herroep word nie.9 Toe is in dieselfde tyd die skrywers van die koning geroep, in die derde maand, dit is die maand Siwan, op die drie en twintigste daarvan; en daar is geskrywe net soos Mordegai beveel het, aan die Jode en aan die landvoogde en die goewerneurs en die vorste van die provinsies wat van Indië af tot by Kus lê, honderd sewe en twintig provinsies, aan elke provinsie volgens sy skrif en aan elke volk in sy taal, en aan die Jode volgens hulle skrif en in hulle taal --10 hy het laat skrywe uit naam van koning Ahasv,ros en dit verseël met die seëlring van die koning en briewe gestuur met rapportgangers te perd wat gery het op koninklike renperde uit die stoetery,11 dat die koning aan die Jode wat in elke stad woon, toegestaan het om bymekaar te kom en hulle lewe te verdedig, deur te verdelg en dood te maak en uit te roei elke gewapende mag van volk of provinsie wat hulle in benoudheid mag bring, saam met kindertjies en vroue, en hulle besittings as buit te plunder,12 op een dag in al die provinsies van koning Ahasv,ros, op die dertiende van die twaalfde maand, dit is die maand Adar.13 'n Afskrif van die bevelskrif moes as wet uitgevaardig word in elke provinsie, openbaar gemaak aan al die volke, sodat die Jode op die dag gereed moes wees om hulle op hul vyande te wreek.14 Die rapportgangers wat op die koninklike renperde gery het, het op bevel van die koning haastig en gou weggegaan, en die wet is in die vesting Susan uitgevaardig.15 En Mordegai het van die koning weggegaan in 'n koninklike kleed van pers en wit, met 'n groot goue kroon op en 'n mantel van fyn linne en purperrooi stof, terwyl die stad Susan jubel en vrolik was.16 Vir die Jode was daar lig en vrolikheid en vreugde en eer;17 en in al die provinsies en in al die stede waar die bevel van die koning en sy wet ook al aangekom het, was daar vrolikheid en vreugde by die Jode, maaltyd en feesdag; en baie uit die volke van die land het Jode geword, want die skrik vir die Jode het op hulle geval.

Veja também

Publicidade
Ester
Ver todos os capítulos de Ester
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-