1 And the adversaries of Judah and Benjamin heard that the children of the captivity were building the temple to Jehovah the God of Israel;2 and they came to Zerubbabel and to the chief fathers, and said to them, We would build with you; for we seek your God, as ye; and we have sacrificed to him since the days of Esar-haddon king of Assyria, who brought us up hither.3 But Zerubbabel and Jeshua and the rest of the chief fathers of Israel said to them, Ye have nothing to do with us to build a house to our God, but we alone will build to Jehovah the God of Israel, as king Cyrus, the king of Persia, has commanded us.4 And the people of the land weakened the hands of the people of Judah, and troubled them in building;5 and they hired counsellors against them, to frustrate their purpose, all the days of Cyrus king of Persia, even until the reign of Darius king of Persia.6 And in the reign of Ahasuerus, in the beginning of his reign, they wrote an accusation against the inhabitants of Judah and Jerusalem.7 And in the days of Artaxerxes, Bishlam, Mithredath, Tabeel, and the rest of his companions, wrote to Artaxerxes king of Persia; and the writing of the letter was written in Aramaic, and interpreted in Aramaic.8 Rehum the chancellor and Shimshai the scribe wrote a letter against Jerusalem to Artaxerxes the king after this sort:9 Rehum the chancellor, and Shimshai the scribe, and the rest of their companions, the Dinaites, and the Apharsathchites, the Tarpelites, the Apharsites, the Archevites, the Babylonians, the Shushanchites, the Dehaites, the Elamites,10 and the rest of the peoples whom the great and noble Osnappar brought over and settled in the cities of Samaria, and the rest {of the country} on this side the river, and so forth.11 This is the copy of the letter that they sent to him: To Artaxerxes the king: Thy servants the men on this side the river, and so forth.12 Be it known to the king that the Jews who came up from thee unto us have come to Jerusalem; they are building the rebellious and the bad city, and they complete the walls and join up the foundations.13 Be it known therefore unto the king, that, if this city be built and the walls be completed, they will not pay tribute, tax, and toll, and in the end it will bring damage to the kings.14 Now, since we eat the salt of the palace, and it is not right for us to see the king's injury, therefore have we sent and informed the king;15 that search may be made in the book of the annals of thy fathers: so shalt thou find in the book of the annals and know that this city is a rebellious city, which has done damage to kings and provinces, and that they have raised sedition within the same of old time, for which cause this city was destroyed.16 We inform the king that if this city be built and its walls be completed, by this means thou shalt have no portion on this side the river.17 The king sent an answer to Rehum the chancellor, and Shimshai the scribe, and the rest of their companions that dwell in Samaria, and the other places beyond the river: Peace, and so forth.18 The letter that ye sent to us has been read before me distinctly.19 And I gave orders, and search has been made, and it has been found that this city of old time has made insurrection against the kings, and that rebellion and sedition have been raised therein.20 And there have been mighty kings over Jerusalem, who have ruled over all beyond the river; and tribute, tax, and toll were paid to them.21 Now give order to make these men to cease, and that this city be not built, until the order shall be given from me;22 and take heed that ye fail not to do this: why should harm grow to the damage of the kings?23 As soon as the copy of king Artaxerxes' letter was read before Rehum, and Shimshai the scribe, and their companions, they went up in haste to Jerusalem to the Jews, and made them cease by force and power.24 Then ceased the work of the house of God which is at Jerusalem; and it ceased until the second year of the reign of Darius king of Persia.
1 En toe die teëstanders van Juda en Benjamin hoor dat die ballinge 'n tempel bou vir die HERE, die God van Israel,2 het hulle aangekom na Serubb bel en na die familiehoofde en aan hulle gesê: Laat ons saam met julle bou, want net soos julle soek ons julle God, en aan Hom offer ons van die dae van Esar-Haddon af, die koning van Assirië, wat ons hierheen laat optrek het.3 Maar Serubb bel en J,sua en die ander familiehoofde van Israel het aan hulle gesê: Dit sal nie gaan dat julle saam met ons 'n huis vir onse God bou nie, maar ons alleen sal vir die HERE, die God van Israel, dit bou soos koning Kores, die koning van Persië, ons beveel het.4 Toe het die volk van die land die hande van die volk van Juda laat verslap en hulle afgeskrik om nie te bou nie.5 En hulle het raadgewers teen hulle gehuur om hulle plan te verydel al die dae van Kores, die koning van Persië, tot op die regering van Dar¡us, die koning van Persië.6 En onder die regering van Ahasv,ros, in die begin van sy regering, het hulle 'n aanklag geskrywe teen die inwoners van Juda en Jerusalem.7 En in die dae van Artas sta het Bislam, M¡tredat, T beël en sy ander partygenote aan Artas sta, die koning van Persië, geskrywe; en die skrif van die brief was Aramees geskrywe en in Aramees vertaal.8 Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, het 'n brief geskrywe teen Jerusalem aan Artas sta, die koning, van die volgende inhoud:9 Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, en hulle ander partygenote, die Dina‹ete, die Afarsatgiete, die Tarpeliete, die Afarsiete, die Arkewiete, die Babiloniërs, die Susangiete, naamlik die Elamiete,10 en die ander volke wat die groot en beroemde Asnappar weggevoer en in die stad Samar¡a en die orige gebied wes van die Eufraat laat woon het. En nou --11 dit is 'n afskrif van die brief wat hulle aan hom gestuur het: Aan koning Artas sta, u dienaars, die manne wes van die Eufraat. En nou --12 aan die koning word bekend gemaak dat die Jode wat van u af na ons opgetrek het, in Jerusalem aangekom het. Hulle is besig om die rebelse en slegte stad op te bou: die mure voltooi hulle en die fondamente herstel hulle.13 Laat dit nou aan die koning bekend wees dat hulle, as die stad opgebou en die mure voltooi is, geen belasting, opbrings of tol sal gee nie -- wat aan die inkomste van die konings skade sal doen.14 Aangesien ons nou die sout van die paleis geëet het en dit ons nie pas om die smaad van die koning aan te sien nie, daarom stuur ons en laat die koning weet,15 dat hulle kan nasoek in die kroniekboek van u vaders; dan sal u in die kroniekboek vind en daaruit verneem dat die stad 'n rebelse stad was wat aan konings en provinsies skade gedoen het, en dat hulle van ouds af daarin oproer verwek het; daarom is die stad verwoes.16 Ons maak die koning bekend dat, as die stad opgebou en die mure voltooi word, u daardeur geen deel sal hê wes van die Eufraat nie.17 Die koning het as antwoord gestuur: Aan Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, en hulle ander partygenote wat in Samar¡a en in die orige gebied wes van die Eufraat woon: Heil! En nou --18 die brief wat julle aan ons gestuur het, is aan my in vertaling voorgelees.19 En deur my is bevel gegee, en hulle het gesoek en gevind dat die stad van ouds af hom teen konings versit, en dat rebellie en oproer daarin verwek is.20 En magtige konings was daar oor Jerusalem wat geheers het oor die hele gebied wes van die Eufraat, en belasting, opbrings en tol is aan hulle gegee.21 Gee nou bevel dat die manne moet ophou en hierdie stad nie opgebou mag word totdat deur my bevel gegee sal word nie.22 En wees gewaarsku om hierin geen nalatigheid te begaan nie, dat daar nie groter skade tot nadeel van die konings ontstaan nie.23 Net toe die afskrif van die brief van Artas sta, die koning, aan Rehum en Simsai, die skrywer, en hulle partygenote voorgelees is, het hulle haastig na Jerusalem, na die Jode gegaan en hulle met geweld en mag laat ophou.24 Toe het die werk aan die huis van God wat in Jerusalem is, opgehou; en dit is gestaak tot op die tweede jaar van die regering van Dar¡us, die koning van Persië.