1 And in the first year of Cyrus king of Persia, that the word of Jehovah by the mouth of Jeremiah might be accomplished, Jehovah stirred up the spirit of Cyrus king of Persia, and he made a proclamation throughout his kingdom, and also in writing, saying,2 Thus says Cyrus king of Persia: All the kingdoms of the earth has Jehovah the God of the heavens given to me, and he has charged me to build him a house at Jerusalem, which is in Judah.3 Whosoever there is among you of all his people, his God be with him, and let him go up to Jerusalem, which is in Judah, and build the house of Jehovah the God of Israel-he is God-which is at Jerusalem.4 And whosoever remains in any place where he sojourns, let the men of his place help him with silver, and with gold, and with goods, and with beasts, besides the voluntary offering for the house of God which is at Jerusalem.5 And the chief fathers of Judah and Benjamin rose up, and the priests, and the Levites, even all those whose spirit God had stirred, to go up to build the house of Jehovah which is at Jerusalem.6 And all they that were about them strengthened their hands with articles of silver, with gold, with goods, and with beasts, and with precious things, besides all that was willingly offered.7 And king Cyrus brought forth the vessels of the house of Jehovah, which Nebuchadnezzar had brought forth out of Jerusalem and had put in the house of his god.8 And Cyrus king of Persia brought them forth by the hand of Mithredath the treasurer, who counted them out to Sheshbazzar the prince of Judah.9 And this is the number of them: thirty chargers of gold, a thousand chargers of silver, nine-and-twenty knives,10 thirty basons of gold, silver basons of a second {sort} four hundred and ten, {and} other vessels a thousand.11 All the vessels of gold and of silver were five thousand four hundred. The whole did Sheshbazzar bring up, when they of the captivity were brought up from Babylon to Jerusalem.
1 En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die HERE -- sodat die woord van die HERE uit die mond van Jerem¡a vervul sou word -- die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy 'n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:2 So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee; en Hy het my opgedra om vir Hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is.3 Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort -- mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die HERE, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in Jerusalem is.4 En enigeen wat oorgebly het, in enige plek waar hy as vreemdeling vertoef -- hom moet die manne van sy woonplek ondersteun met silwer en goud en met goed en vee, en met die vrywillige gawes vir die huis van die God wat in Jerusalem is.5 Toe het die familiehoofde van Juda en Benjamin klaargemaak, en die priesters en die Leviete -- elkeen wie se gees God opgewek het om op te trek, om die huis van die HERE wat in Jerusalem is, te bou.6 En almal wat rondom hulle was, het hul hande versterk met silwervoorwerpe, met goud, met goed en vee en kosbare geskenke, behalwe alles wat hulle as vrywillige gawe aangebring het.7 En koning Kores het die voorwerpe van die huis van die HERE uitgelewer wat Nebukadn,sar uit Jerusalem weggevoer en in die huis van sy god gesit het.8 En Kores, die koning van Persië, het dit uitgelewer onder toesig van M¡tredat, die skatmeester; en die het dit aan S,sbassar, die vors van Juda, voorgetel.9 En dit was hulle getal: dertig goue komme, duisend silwerkomme, nege en twintig messe;10 dertig goue bekers; verder vier honderd en tien silwerbekers, duisend ander voorwerpe.11 Al die voorwerpe van goud en silwer was: vyf duisend vier honderd; dit alles het S,sbassar saamgebring toe die ballinge uit Babel na Jerusalem opgetrek het.