Publicidade

Isaías 14

1 For Jehovah will have mercy on Jacob, and will yet choose Israel, and set them in rest in their own land; and the stranger shall be united to them, and they shall be joined to the house of Jacob.2 And the peoples shall take them and bring them to their place; and the house of Israel shall possess them in the land of Jehovah for servants and handmaids; and they shall take them captive whose captives they were, and they shall rule over their oppressors.3 And it shall come to pass in the day that Jehovah shall give thee rest from thy sorrow and from thy trouble and from the hard bondage wherein thou wast made to serve,4 that thou shalt take up this proverb against the king of Babylon, and say, How hath the oppressor ceased, -the exactress of gold ceased!5 Jehovah hath broken the staff of the wicked, the sceptre of the rulers.6 He that smote the peoples in wrath with a relentless stroke, he that ruled the nations in anger, is persecuted unsparingly.7 The whole earth is at rest, is quiet: they break forth into singing.8 Even the cypresses rejoice at thee, the cedars of Lebanon, {saying,} Since thou art laid down, no feller is come up against us.9 Sheol from beneath is moved for thee to meet {thee} at thy coming, stirring up the dead for thee, all the he-goats of the earth; making to rise from their thrones all the kings of the nations.10 All of them shall answer and say unto thee, Art thou also become powerless as we; art thou become like unto us!11 -Thy pomp is brought down to Sheol, the noise of thy lyres: the maggot is spread under thee, and worms cover thee.12 How art thou fallen from heaven, Lucifer, son of the morning! Thou art cut down to the ground, that didst prostrate the nations!13 And thou that didst say in thy heart, I will ascend into the heavens, I will exalt my throne above the stars of *God, and I will sit upon the mount of assembly, in the recesses of the north;14 I will ascend above the heights of the clouds, I will be like the Most High:15 none the less art thou brought down to Sheol, to the recesses of the pit.16 They that see thee shall narrowly look upon thee; they shall consider thee, {saying,} Is this the man that made the earth to tremble, that shook kingdoms;17 {that} made the world as a wilderness, and overthrew the cities thereof; {that} dismissed not his prisoners homewards?18 -All the kings of the nations, all of them, lie in glory, every one in his own house;19 but thou art cast out of thy grave like an abominable branch, covered with the slain-those thrust through with the sword, that go down to the stones of the pit: like a carcase trodden under foot.20 Thou shalt not be joined with them in burial; for thou hast destroyed thy land, hast slain thy people. Of the seed of evildoers no mention shall be made for ever.21 Prepare ye slaughter for his children, because of the iniquity of their fathers; that they may not rise up and possess the earth, nor fill the face of the world with cities.22 For I will rise up against them, saith Jehovah of hosts, and cut off from Babylon name and remnant, and scion and descendant, saith Jehovah.23 And I will make it a possession for the bittern, and pools of water; and I will sweep it with the besom of destruction, saith Jehovah of hosts.24 Jehovah of hosts hath sworn saying, Assuredly as I have thought, so shall it come to pass; and as I have purposed, it shall stand:25 to break the Assyrian in my land; and upon my mountains will I tread him under foot; and his yoke shall depart from off them, and his burden depart from off their shoulders.26 This is the counsel which is purposed concerning the whole earth; and this is the hand which is stretched out upon all the nations.27 For Jehovah of hosts hath purposed, and who shall frustrate {it}? And his hand is stretched out, and who shall turn it back?28 In the year of the death of king Ahaz was this burden:29 Rejoice not thou, Philistia, all of thee, because the rod that smote thee is broken; for out of the serpent's root shall come forth a viper, and his fruit shall be a fiery flying serpent.30 And the firstborn of the poor shall feed, and the needy shall lie down in safety; but I will kill thy root with famine, and thy remnant shall be slain.31 Howl, O gate! cry, O city! thou, Philistia, art wholly dissolved; for there cometh from the north a smoke, and none remaineth apart in his gatherings {of troops}.32 And what shall be answered to the messengers of the nation? That Jehovah hath founded Zion, and the afflicted of his people find refuge in it.

1 Want die HERE sal Hom oor Jakob ontferm, en Hy sal Israel nog verkies en hulle in hul land laat vestig; en die vreemdeling sal hom by hulle voeg, en hulle sal hul aansluit by die huis van Jakob.2 En die volke sal hulle neem en op hul woonplek bring; en die huis van Israel sal hulle in die land van die HERE as besitting verwerwe, as slawe en slavinne; en hulle sal die gevange hou wat hulle as gevangenes weggevoer het, en oor hulle drywers heers.3 En op die dag as die HERE jou rus gee van jou smart en van jou onrus en van die harde diensbaarheid waarmee hulle jou laat dien het,4 dan sal jy hierdie spotlied aanhef oor die koning van Babel en sê: Hoe het die drywer nou opgehou, opgehou die verdrukking!5 Die HERE het die stok van die goddelose verbreek, die staf van die heersers,6 wat die volke verwoes het in grimmigheid met slaan sonder ophou, wat in toorn oor die nasies geheers het met 'n agtervolging sonder verskoning.7 Die hele aarde rus, is stil; hulle breek uit in jubel.8 Ook is die sipresse bly oor jou, die seders van die L¡banon, en hulle sê: Vandat jy daar lê, klim niemand na ons toe op om ons af te kap nie.9 Die doderyk daaronder is in beroering om jou ontwil, jou koms tegemoet; dit wek om jou ontwil die skimme op, al die bokke van die aarde; dit laat al die konings van die nasies van hulle trone opstaan.10 Hulle hef almal aan en sê vir jou: Ook jy het kragteloos geword soos ons; jy het soos ons geword.11 Jou trots is neergewerp in die doderyk, die geruis van jou harpe; onder jou is wurms as 'n bed gesprei, en maaiers is jou bedekking.12 Hoe het jy uit die hemel geval, o môre ster, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!13 En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde.14 Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!15 Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil!16 Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het?17 Die wêreld soos 'n woestyn gemaak en sy stede verwoes het, wat sy gevangenes nie losgelaat het huis toe nie?18 Al die konings van die nasies, hulle almal rus met eer, elkeen in sy huis;19 maar jy is gewerp, ver van jou graf, soos 'n afskuwelike uitspruitsel, oordek met die wat verslaan is, wat deurboor is met die swaard, wat neerdaal na die klippe van die grafkuil soos vertrapte aas.20 Jy word nie met hulle in die graf verenig nie, want jy het jou land verwoes, jou volk gedood; die nageslag van die kwaaddoeners word vir ewig nie genoem nie.21 Maak 'n slagbank gereed vir sy seuns, om die ongeregtigheid van hulle vaders ontwil, dat hulle nie opstaan en die aarde in besit neem en die bodem van die wêreld vol stede maak nie.22 So sal Ek dan teen hulle opstaan, spreek die HERE van die leërskare, en van Babel uitroei die naam en die oorblyfsel, kroos en nageslag, spreek die HERE.23 En Ek sal dit 'n besitting maak van krimpvarkies en tot waterplasse; en Ek sal dit wegvee met die besem van verdelging, spreek die HERE van die leërskare.24 Die HERE van die leërskare het gesweer en gesê: Waarlik, soos Ek gedink het, so gebeur dit; en soos Ek besluit het, kom dit tot stand:25 om Assur te verbreek in my land, en op my berge sal Ek hom vertrap, sodat sy juk van hulle kan afgly en sy las van hulle skouer kan wyk.26 Dit is die besluit wat geneem is oor die hele aarde, en dit is die hand wat uitgestrek is oor al die nasies;27 want die HERE van die leërskare het dit besluit -- wie sal dit kan verydel? En sy hand is uitgestrek -- wie sal dit kan afkeer?28 In die sterfjaar van koning Agas het hierdie Godspraak uitgegaan.29 Wees nie bly, o ganse land van die Filistyne, dat die roede verbreek is wat jou geslaan het nie; want uit die wortel van die slang sal 'n basilisk voortkom, en sy vrug sal 'n vlieënde draak wees.30 En die eersgeborenes van die armes sal wei, en die behoeftiges sal veilig lê en rus; maar jou wortel sal Ek deur honger laat sterwe, en jou oorblyfsel sal hy doodmaak.31 Huil, o poort! Skreeu, o stad! Bewe, o ganse land van die Filistyne! Want uit die noorde kom rook, en daar is geen afswerwer onder sy skare nie.32 Wat sal hulle dan die boodskappers van die nasie antwoord? Dat die HERE Sion gegrondves het, en dat die ellendiges van sy volk daarin sal skuil.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-