1 Behold, Jehovah maketh the land empty, and maketh it waste, and turneth it upside down, and scattereth abroad its inhabitants.2 And it shall be, as with the people, so with the priest; as with the servant, so with his master; as with the maid, so with her mistress; as with the buyer, so with the seller; as with the lender, so with the borrower; as with the taker of usury, so with him from whom usury is taken.3 The land shall be utterly emptied, and utterly spoiled; for Jehovah hath spoken this word.4 The land mourneth, it fadeth away; the world languisheth, it fadeth away: the haughty people of the land do languish.5 And the land is polluted under the inhabitants thereof; for they have violated the laws, changed the statute, broken the everlasting covenant.6 Therefore doth the curse devour the earth, and they that dwell therein are held guilty; therefore the inhabitants of the earth are consumed, and few men are left.7 The new wine mourneth, the vine languisheth, all that were merry-hearted do sigh;8 the mirth of tambours ceaseth, the noise of them that rejoice endeth, the joy of the harp ceaseth.9 They do not drink wine with a song; strong drink is bitter to them that drink it.10 The city of solitude is broken down; every house is shut up, so that none entereth in.11 There is a crying for wine in the streets; all joy is darkened, the mirth of the land is gone;12 desolation remaineth in the city, and the gate is smitten, -a ruin.13 For so will it be in the midst of the land among the peoples, as the shaking of an olive-tree, as the grape-gleanings when the vintage is done.14 These shall lift up their voice, they shall shout for the majesty of Jehovah, they shall cry aloud from the sea.15 Therefore glorify Jehovah in the east, the name of Jehovah, the God of Israel, in the isles of the west.16 From the end of the earth have we heard songs: Glory to the righteous! And I said, My leanness, my leanness, woe unto me! The treacherous have dealt treacherously; yea, the treacherous have dealt very treacherously.17 Fear, and the pit, and the snare are upon thee, inhabitant of the land.18 And it shall come to pass, {that} he who fleeth from the sound of the fear shall fall into the pit; and he that cometh up out of the midst of the pit shall be taken in the snare; for the windows on high are open, and the foundations of the earth shake.19 The earth is utterly broken down, the earth is completely dissolved, the earth is violently moved.20 The earth reeleth to and fro like a drunkard, and is shaken like a night hut; and its transgression is heavy upon it; and it falleth and shall not rise again.21 And it shall come to pass in that day, {that} Jehovah will punish the host of the high ones on high, and the kings of the earth upon the earth.22 And they shall be brought together, {as} an assemblage of prisoners for the pit, and shall be shut up in prison, and after many days shall they be visited.23 And the moon shall be confounded, and the sun ashamed; for Jehovah of hosts shall reign on mount Zion, and in Jerusalem, and before his ancients in glory.
1 Kyk, die HERE maak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners.2 Dieselfde lot tref die volk en die priester, die slaaf en sy heer, die slavin en haar meesteres, die koper en die verkoper, die uitlener en die lener, die skuldeiser en die skuldenaar.3 Die aarde word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder, want die HERE het hierdie woord gespreek.4 Die aarde treur, dit verwelk; die wêreld versmag, dit verwelk; en die hoogstes van die mense van die aarde versmag.5 Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek.6 Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur 'n gloed verteer en bly daar min mense oor.7 Die mos treur, die wingerdstok verwelk, almal wat bly van hart is, sug.8 Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van die uitgelate mense hou op, weg is die vreugde van die siter!9 Hulle drink geen wyn onder gesang nie; die sterk drank smaak bitter vir die wat dit drink.10 Verbreek is die verlate vesting; al die huise staan toegesluit, sodat niemand daar kan inkom nie.11 Daar is 'n gejammer oor wyn op die strate; al die vrolikheid het ondergegaan, die vreugde van die aarde is verban.12 Wat in die stad oorgebly het, is verwoesting; en die poort is tot 'n puinhoop stukkend geslaan.13 Want so sal dit wees op die aarde, onder die volke, soos by die afslaan van die olywe, soos by die na-oes as die druiwe-oes verby is.14 Hulle daar hef hul stem op, hulle jubel; vanweë die majesteit van die HERE juig hulle van die see af:15 Daarom, eer die HERE in die lande van die son, op die kuslande van die see die Naam van die HERE, die God van Israel!16 Van die einde van die aarde af hoor ons lofgesange: Glorie aan die regverdige! Maar ek sê: Ek teer weg, ek teer weg, wee my! Die ontroues handel troueloos, en in troueloosheid handel die ontroues troueloos.17 Die skrik en die kuil en die strik oor jou, o bewoner van die aarde!18 En hy wat vlug vir die skrikgeroep, val in die kuil; en hy wat uit die kuil uitklim, word in die strik gevang. Want die sluise uit die hoogte het oopgegaan, en die fondamente van die aarde bewe.19 Die aarde word geheel en al verbreek, die aarde is geheel en al aan wankel, die aarde word geheel en al geskud.20 Die aarde waggel geheel en al soos 'n dronkaard en swaai heen en weer soos 'n naghut; en sy oortreding is swaar op hom; en hy sal val en nie weer opstaan nie.21 En in die dag sal die HERE besoeking doen oor die leërskare van die hoogte in die hoogte en oor die konings van die aarde op die aarde;22 en hulle sal opgesluit word soos gevangenes opgesluit word in 'n kuil en bewaar word in 'n kerker; maar n baie dae sal daar op hulle ag gegee word.23 En die maan sal rooi word van skaamte, en die son sal skaam wees; want die HERE van die leërskare sal regeer op die berg Sion en in Jerusalem, en voor sy oudstes sal daar heerlikheid wees.