1 I am sought out of them that inquired not {for me}, I am found of them that sought me not; I have said, Behold me, behold me, unto a nation that was not called by my name.2 I have stretched out my hands all the day unto a rebellious people, who walk in a way not good, after their own thoughts;3 the people that provoke me to anger continually to my face, sacrificing in gardens and burning incense upon the bricks;4 who sit down among the graves, and lodge in the secret places; who eat swine's flesh, and broth of abominable things {is in} their vessels;5 who say, Stand by thyself, come not near to me; for I am holier than thou. These are a smoke in my nose, a fire that burneth all the day.6 Behold, it is written before me: I will not keep silence, but will recompense, even recompense into their bosom,7 your iniquities, and the iniquities of your fathers together, saith Jehovah, who have burned incense upon the mountains, and outraged me upon the hills; and I will measure their former work into their bosom.8 Thus saith Jehovah: As the new wine is found in the cluster, and it is said, Destroy it not, for a blessing is in it; so will I do for my servants' sakes, that I may not destroy {them} all.9 And I will bring forth a seed out of Jacob, and out of Judah a possessor of my mountains; and mine elect shall possess it, and my servants shall dwell there.10 And the Sharon shall be a fold for flocks, and the valley of Achor a couching-place of the herds, for my people that have sought me.11 But ye who forsake Jehovah, who forget my holy mountain, who prepare a table for Gad, and fill up mixed wine unto Meni:12 I will even assign you to the sword, and ye shall all bow down in the slaughter; because I called, and ye did not answer, I spoke, and ye did not hear; but ye did what was evil in mine eyes, and chose that wherein I delight not.13 Therefore thus saith the Lord Jehovah: Behold, my servants shall eat, and *ye* shall be hungry; behold, my servants shall drink, and *ye* shall be thirsty; behold, my servants shall rejoice, and *ye* shall be ashamed;14 behold, my servants shall sing aloud for gladness of heart, and *ye* shall cry out for sorrow of heart, and shall howl for vexation of spirit.15 And ye shall leave your name for a curse unto mine elect; for the Lord Jehovah will slay thee, and will call his servants by another name:16 so that he who blesseth himself in the land shall bless himself by the God of truth; and he that sweareth in the land shall swear by the God of truth: because the former troubles shall be forgotten, and because they shall be hidden from mine eyes.17 For behold, I create new heavens and a new earth; and the former shall not be remembered, nor come into mind.18 But be glad and rejoice for ever in that which I create. For behold, I create Jerusalem a rejoicing, and her people a joy.19 And I will rejoice over Jerusalem, and will joy in my people; and the voice of weeping shall be no more heard in her, nor the voice of crying.20 There shall be no more thenceforth an infant of days, nor an old man that hath not completed his days; for the youth shall die a hundred years old, and the sinner being a hundred years old shall be accursed.21 And they shall build houses, and inhabit them; and they shall plant vineyards, and eat the fruit thereof:22 they shall not build, and another inhabit; they shall not plant, and another eat: for as the days of a tree shall be the days of my people, and mine elect shall long enjoy the work of their hands.23 They shall not labour in vain, nor bring forth for terror; for they are the seed of the blessed of Jehovah, and their offspring with them.24 And it shall come to pass, that before they call, I will answer; while they are yet speaking, I will hear.25 The wolf and the lamb shall feed together, and the lion shall eat straw like the ox; and dust shall be the serpent's meat. They shall not hurt nor destroy in all my holy mountain, saith Jehovah.
1 Ek het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; aan 'n nasie wat na my Naam nie genoem is nie, het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!2 Ek het my hande die hele dag uitgebrei na 'n opstandige volk wat wandel op 'n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan;3 'n volk wat My gedurigdeur in die aangesig terg, wat offer in tuine en rook laat opgaan op bakstene;4 wat in die grafte sit en vernag in verborge plekke; wat varkvleis eet, en daar is brokke onrein vleis in hulle skottels;5 wat sê: Bly daar! Kom nie naby my nie, want ek is heilig vir jou! Hierdie mense is 'n rook in my neus, 'n vuur wat die hele dag brand.6 Kyk, dit staan voor my aangesig geskrywe; Ek sal nie swyg nie, tensy dat Ek dit vergeld het; ja, Ek sal dit vergelde in hulle boesem --7 julle ongeregtighede en die ongeregtighede van julle vaders tesame, sê die HERE; dat hulle offerrook laat opgaan het op die berge en My smaadheid aangedoen het op die heuwels -- ja, Ek sal voor alles hulle loon in hulle boesem toemeet.8 So spreek die HERE: Soos wanneer iemand mos vind in 'n tros druiwe en sê: Verniel dit nie, want daar is 'n seën in -- sal Ek doen ter wille van my knegte, om nie alles te verniel nie.9 En Ek sal 'n nakroos uit Jakob laat voortkom en uit Juda die erfbesitter van my berge; en my uitverkorenes sal dit erflik in besit neem en my knegte daar woon.10 En Saron sal 'n weiveld vir kleinvee word, en die dal Agor 'n lêplek vir beeste, vir my volk wat My gesoek het.11 Maar julle wat die HERE verlaat, wat my heilige berg vergeet, wat 'n tafel dek vir die geluksgod en die mengsel inskink vir die godin van die noodlot --12 Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag te word, omdat Ek geroep maar julle nie geantwoord het nie, Ek gespreek maar julle nie geluister het nie, maar gedoen het wat verkeerd is in my oë en verkies het wat My nie behaag nie.13 Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, my knegte sal eet, maar julle sal honger bly; kyk, my knegte sal drink, maar julle sal dors wees; kyk, my knegte sal bly wees, maar julle sal beskaamd staan.14 Kyk, my knegte sal jubel, omdat hulle hart vrolik is, maar julle sal skreeu van pyn in die hart en huil deur die verbreking van gees.15 En julle sal jul naam vir my uitverkorenes as 'n woord van verwensing laat agterbly, en die Here HERE sal jou ombring. Maar sy knegte sal Hy noem met 'n ander naam,16 sodat hy wat homself seën in die land, hom sal seën by die God van waarheid; en hy wat sweer in die land, sal sweer by die God van waarheid, omdat die vorige benoudhede vergeet is en verborge vir my oë.17 Want kyk, Ek skep nuwe hemele en 'n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie.18 Maar wees julle bly en juig vir ewig oor wat Ek skep; want kyk, Ek skep Jerusalem om te juig, en sy mense om bly te wees.19 En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie.20 Daarvandaan sal nie meer kom 'n suigling van 'n paar dae of 'n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want 'n seun sal sterwe honderd jaar oud, en wie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word.21 En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet:22 hulle sal nie bou dat 'n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat 'n ander dit eet nie; want die dae van my volk sal wees soos die dae van die bome, en my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet.23 Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of baar vir skielike ondergang nie; want hulle is 'n geslag van die wat deur die HERE geseënis, en hulle nakomelinge is by hulle.24 En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek.25 Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos 'n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE.