1 The righteous perisheth, and no man layeth it to heart; and merciful men are taken away, none considering that the righteous is taken away from before the evil.2 He entereth into peace: they rest in their beds, {each one} that hath walked in his uprightness.3 But draw near hither, ye sons of the sorceress, the seed of the adulterer and the harlot.4 Against whom do ye sport yourselves? Against whom do ye make a wide mouth, {and} draw out the tongue? Are ye not children of transgression, a seed of falsehood,5 inflaming yourselves with idols under every green tree, slaying the children in the valleys under the clefts of the rocks?6 Among the smooth {stones} of the torrent is thy portion; they, they are thy lot: even to them hast thou poured out a drink-offering, thou hast offered an oblation. Shall I be comforted myself as to these things?7 Upon a lofty and high mountain hast thou set thy bed: even thither didst thou go up to offer sacrifice.8 Behind the doors also and the posts hast thou set up thy remembrance: for apart from me, thou hast uncovered thyself, and art gone up; thou hast enlarged thy bed, and hast made agreement with them; thou lovedst their bed, thou sawest their nakedness.9 And thou wentest to the king with ointment, and didst multiply thy perfumes, and didst send thy messengers afar off, and didst debase thyself unto Sheol.10 Thou wast wearied by the multitude of thy ways; {but} thou saidst not, It is of no avail. Thou didst find a quickening of thy strength; therefore thou wast not sick {of it}.11 And of whom hast thou been afraid or feared, that thou hast lied, and hast not remembered me, nor taken it to heart? Have not I even of long time held my peace, and thou fearest me not?12 I will declare thy righteousness, and thy works; and they shall not profit thee.13 When thou criest, let them that are gathered by thee deliver thee! But a wind shall carry them all away, a breath shall take them; but he that putteth his trust in me shall inherit the land, and possess my holy mountain.14 And it shall be said, Cast up, cast up, prepare the way, take up the stumbling-blocks out of the way of my people.15 For thus saith the high and lofty One that inhabiteth eternity, and whose name is Holy: I dwell in the high and holy {place}, and with him that is of a contrite and humble spirit, to revive the spirit of the humble, and to revive the heart of the contrite ones.16 For I will not contend for ever, neither will I be always wroth; for the spirit would fail before me, and the souls {which} I have made.17 For the iniquity of his covetousness was I wroth, and smote him; I hid me, and was wroth, and he went on backslidingly in the way of his heart.18 I have seen his ways, and will heal him; and I will lead him, and will restore comforts unto him and to those of his that mourn.19 I create the fruit of the lips: peace, peace to him {that is} afar off, and to him {that is} nigh, saith Jehovah; and I will heal him.20 But the wicked are like the troubled sea, which cannot rest, and whose waters cast up mire and dirt.21 There is no peace, saith my God, to the wicked.
1 Die regverdige kom om, en daar is niemand wat dit ter harte neem nie; en die vromes word weggeruk sonder dat iemand daarop let; want die regverdige word weggeruk vanweë die boosheid.2 Hy gaan in die vrede in: hulle sal rus op hulle bedde -- hy wat sy reguit pad loop.3 Maar julle, kom hierheen, kinders van 'n towerheks, geslag van 'n owerspeler en van haar wat hoereer!4 Oor wie maak julle jul vrolik? Oor wie spalk julle die mond oop, steek julle die tong uit? Is julle nie kinders van oortreding, 'n leuenagtige geslag nie,5 wat verhit is by die terpentynbome, onder elke groen boom; wat die kinders slag in die dale, onderkant die rotsklowe?6 By die gladde klippe van die dal is jou deel; dit, dit is jou lot; ook het jy vir hulle drankoffers uitgegiet, spysoffers gebring! Sou Ek daarmee vrede hê?7 Jy het jou bed op 'n hoë en verhewe berg gemaak; ook het jy daar opgeklim om offers te bring.8 En agter die deur en die deurpos het jy jou gedenkteken gesit; want, ontrou aan My, het jy jou bed ontbloot en beklim en wyd gemaak, en jy het vir jou bepaal die loon wat van hulle moes kom; jy het hulle byslaap liefgehad, jy het die vlees gesien.9 En jy het na die koning getrek met olie en jou salf baie gemaak; en jy het jou boodskappers gestuur na ver plekke, ja, diep na die doderyk toe.10 Jy het moeg geword deur jou groot reis; tog het jy nie gesê: Dit is tevergeefs nie! Vernuwing van jou krag het jy gevind; daarom het jy nie uitgeput geraak nie.11 Maar vir wie was jy bedug en bevrees? -- want jy het 'n leuenaar geword en aan My nie gedink nie; jy het dit nie ter harte geneem nie. Is dit nie omdat Ek swyg nie, en dit baie lank al, dat jy My nie vrees nie?12 Âk sal jou geregtigheid bekend maak en jou werke, dat hulle jou geen voordeel bring nie.13 As jy skreeu, laat jou hoop gode jou red; maar die wind lig hulle almal op, 'n luggie neem hulle weg. Maar wie op My vertrou, sal die land beërwe en my heilige bergland in besit neem.14 En hulle sal sê: Vul op, vul op, berei die weg, verwyder die struikelblok uit die weg van my volk.15 Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.16 Want Ek sal nie vir ewig twis en nie vir altyd toornig wees nie, want die gees sou voor my aangesig versmag en die siele wat Ek self gemaak het.17 Ek was toornig vanweë die ongeregtigheid van hulle hebsug en het hulle geslaan terwyl Ek My toornig verberg het; ewenwel het hulle afkerig voortgegaan op hulle eie weg.18 Ek het hulle weë gesien, en Ek sal hulle genees; en Ek sal hulle lei en aan hulle weer vertroosting skenk, naamlik aan hulle treuriges.19 Ek skep die vrug van die lippe; vrede, vrede vir die wat ver en die wat naby is, sê die HERE; en Ek sal hulle genees.20 Maar die goddelose is soos 'n onstuimige see; want dit kan nie tot rus kom nie, en sy waters gooi slyk en modder op.21 Geen vrede, sê my God, vir die goddelose nie!