1 Then after a lapse of fourteen years I went up again to Jerusalem with Barnabas, taking Titus also with {me};2 and I went up according to revelation, and I laid before them the glad tidings which I preach among the nations, but privately to those conspicuous {among them}, lest in any way I run or had run in vain;3 (but neither was Titus, who was with me, being a Greek, compelled to be circumcised;)4 and {it was} on account of the false brethren brought in surreptitiously, who came in surreptitiously to spy out our liberty which we have in Christ Jesus, that they might bring us into bondage;5 to whom we yielded in subjection not even for an hour, that the truth of the glad tidings might remain with you.6 But from those who were conspicuous as being somewhat-whatsoever they were, it makes no difference to me: God does not accept man's person; for to me those who were conspicuous communicated nothing;7 but, on the contrary, seeing that the glad tidings of the uncircumcision were confided to me, even as to Peter that of the circumcision,8 (for he that wrought in Peter for {the} apostleship of the circumcision wrought also in me towards the Gentiles,)9 and recognising the grace given to me, James and Cephas and John, who were conspicuous as being pillars, gave to me and Barnabas {the} right hands of fellowship, that *we* {should go} to the nations, and *they* to the circumcision;10 only that we should remember the poor, which same thing also I was diligent to do.11 But when Peter came to Antioch, I withstood him to {the} face, because he was to be condemned:12 for before that certain came from James, he ate with {those of} the nations; but when they came, he drew back and separated himself, fearing those of {the} circumcision;13 and the rest of the Jews also played the same dissembling part with him; so that even Barnabas was carried away too by their dissimulation.14 But when I saw that they do not walk straightforwardly, according to the truth of the glad tidings, I said to Peter before all, If *thou*, being a Jew, livest as the nations and not as the Jews, how dost thou compel the nations to Judaize?15 We, Jews by nature, and not sinners of {the} nations,16 but knowing that a man is not justified on the principle of works of law {nor} but by the faith of Jesus Christ, *we* also have believed on Christ Jesus, that we might be justified on the principle of {the} faith of Christ; and not of works of law; because on the principle of works of law no flesh shall be justified.17 Now if in seeking to be justified in Christ we also have been found sinners, then {is} Christ minister of sin? Far be the thought.18 For if the things I have thrown down, these I build again, I constitute myself a transgressor.19 For *I*, through law, have died to law, that I may live to God.20 I am crucified with Christ, and no longer live, *I*, but Christ lives in me; but {in} that I now live in flesh, I live by faith, the {faith} of the Son of God, who has loved me and given himself for me.21 I do not set aside the grace of God; for if righteousness {is} by law, then Christ has died for nothing.
1 Daarna, veertien jaar later, het ek weer na Jerusalem opgegaan met Barnabas, en Titus ook saamgeneem.2 Maar ek het opgegaan op grond van 'n openbaring en hulle die evangelie voorgelê wat ek onder die heidene verkondig; en afsonderlik aan die wat in aansien was, dat ek nie miskien tevergeefs sou loop of geloop het nie.3 Maar selfs is Titus, wat by my was, nie gedwing om besny te word nie, alhoewel hy 'n Griek is;4 en dit vanweë die ingesmokkelde valse broeders wat ingesluip het om ons vryheid te bespied wat ons in Christus Jesus het, sodat hulle ons in diensbaarheid kon bring;5 aan wie ons selfs nie 'n oomblik in onderworpenheid toegegee het nie, sodat die waarheid van die evangelie by julle bestendig sou bly.6 Maar van die wat in aansien was -- wat hulle vroeër was, maak by my geen verskil nie; God neem die persoon van die mens nie aan nie -- hulle dan wat in aansien was, het my niks meer opgelê nie.7 Maar, inteendeel, toe hulle sien dat aan my die evangelie vir die onbesnedenes toevertrou is, net soos aan Petrus die vir die besnedenes --8 want Hy wat Petrus bekragtig het met die oog op die apostelskap vir die besnedenes, het my ook bekragtig met die oog op die heidene --9 en toe hulle merk die genade wat aan my gegee is, het Jakobus en C,fas en Johannes, wat as pilare geag is, aan my en Barnabas die regterhand van gemeenskap gegee, sodat ons na die heidene en hulle na die besnedenes kon gaan;10 alleen moes ons aan die armes dink, wat ek my juis ook beywer het om te doen.11 Maar toe Petrus in Antioch¡ë gekom het, het ek hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het.12 Want voordat sommige van Jakobus af gekom het, was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar n hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat uit die besnydenis is.13 En saam met hom het ook die ander Jode geveins, sodat selfs Barnabas hom laat meevoer het deur hulle geveins.14 Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat 'n Jood is, soos 'n heiden lewe en nie soos 'n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe?15 Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie,16 terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.17 Maar as ons wat streef om in Christus geregverdig te word, self ook sondaars bevind is, is Christus dan 'n dienaar van die sonde? Nee, stellig nie!18 Want as ek weer opbou wat ek afgebreek het, dan betoon ek myself 'n oortreder;19 want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe.20 Ek is met Christus gekruisig, en ,k leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.21 Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.